Hallo Igno. 

Ek wil uit my hart weereens baie dankie sê vir hierdie blad wat jy begin het.  Ek het al so baie daarby gebaat in my fotografie. Dankie Hennie en elke skoler vir foto's en kommentare.  Mag 2018 vir elkeen vol vreugde en baie foto's wees.  Julle is almal dierbaar en laat my altyd voel soos vroeër jare se penvriende groot maats oor die etergolwe.

Seënwense.

Groete

Gerrie

Views: 128

Reply to This

Replies to This Discussion

ek stem saam met Gerrie , ek het net so baie geleer vandat ek by Fotoskool is

voorspoedige 2018 vir jou Gerrie

Dankie vir jou inisiatief Gerrie, Igno moet bedank word vir hierdie wonderlike geleentheid wat hy ons bied om ons passie uit te leef saam met goeie vriende en kennisse. Dankie nogmaals!! 

jy is absoluut reg, gerrie -  ek is ook dankie-bly oor fotoskool en al ons vriende!!

Igno, ek waardeer jou  inisiatief as stigter hiervan - mag 2018 'n spesiale jaar vir jou en jou gesin wees, propvol verrassings en vrede ... 

Selfde goeie wense virjou Gerrie - stem saam hier leer mens baie

Ditto Gerrie

Ditto op alles wat jy se..ek is ook diep dankbaar vir elkeen wat my so leer

Ek kan ook net sê ditto en dankie

Hallo julle almal en my sus Gerrie, dankie vir jou inisiatief;  ek sê ditto op julle kommentaar.

Fotoskool is die beste!!

Ditto op alles wat reeds gesê is en baie dankie!

Ek voeg my waardering by vir Hennie, Igno, en elke persoon wat die moeite doen om na my foto's te kyk en kommentaar te lewer.

Dankie Gerrie - selfde wense word jou toegewens net vrede, vreugde en voorspoed vir die jaar

Eks nou mostert na die maal maar ditto op wat jy sê!!

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html