Tina ek wil sommer net in die algemeen met jou gesels oor die temas die afgelope paar weke veral omdat ons jou  foto so gekritiseer het. Jy behoort baie goed te voel oor jou pogings, jy het voluit saam gewerk en in albei temas suksesvolle fotos geplaas.

Jy moet onthou albei temas is n bietjie meer gevorderd as die gewone en neem n bietjie meer oefening,  jy kan egter glimlag want die meeste fotoskolers en selfs ons  ervare manne het maar lelik kleigetrap met die twee onderwerpe.  Omdat die foto meer tegnies van aard is, is jou “margin of error” soveel kleiner in albei  moet n mens  streef na perfeksionisme of anders maak jou foto dit nie.  Ons kan jou as n voorbeeld hou omdat jy net nooit gaan le nie Mooi so. groetnis      gabriel

Views: 181

Reply to This

Replies to This Discussion

My wêreld Gabriël baie dankie vir jou briefie;  ek geniet fotografie as 'n stokperdjie en is baie bevoorreg om in my eie taal by julle almal te kan leer. Ek het onwetend al soort van low-key foto's geneem, maar soos ek grappenderwys verwys het, ook al baie high-keys in die drom laat beland vanweë onkundigheid.  

Soos seker vele van ons ander lede, kan ek nie genoeg tyd aan my fotografie spandeer nie, maar is baie dankbaar vir dit wat ek al by julle geleer het.  

Dankie vir jou aanmoediging;  ek waardeer dit baie.

Foto-groete, Tina 

Ek stem 100% saam met Gabriel. Moeiliker temas dwing mens uit jou gemaksone, en mens leer ontsettend baie in die proses. Ons klub het hierdie jaar 'n paar "killers" - van die mense is geneig om nie deel te neem nie, omdat dit te "moeilik" is en/of niks met hulle genres van keuse te doen het nie. Ek vind egter dat ek selfs met die mees onwaarskynlike tema-oefening dinge leer wat ek by my tipe fotografie kan toepas. Een van die land se top-makrofotograwe is in ons klub, en hy het al die opmerking gemaak dat goeie makrofotografie beginsels uit Aksiefotografie, Landskaps- en studiofotografie gebruik. Ek dink dit geld vir meeste genres! Weens tydsdruk kan ek nie altyd deelneem (FS en klub), maar wanneer ek doen, baat ek ALTYD daarby, ongeag van hoe die foto op daardie oomblik vaar. 

Ek moet se ek het die effens strenger kritiek op tema fotos waardeer...want dis hoe ek leer..en jul ervare manne doen dit op n positiewe manier

Karen ek stem saam met jou.

Groete, Tina

Ek stem ook saam met jou Karen, dat die strenger kritiek mens net kan help ... so leer ons almal bymekaar.

Reply to Discussion

RSS

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html