Middag fotoskolers

Dankie almal vir die kommentaar op my klein reeksie van geboue . Juis omdat gebouekuns,argitektuur en stedelike landskappe nie dikwels op FS voorkom nie is ek soms huiwerig om dit te plaas, omdat dit as vervelig afgemaak mag word en beslis as “besig” bekou sal word deur diegene wat nie belang daarin het nie . Ek was egter aangenaam verras deur die positiewe opmerkings  deur so baie fotoskolers. Ek persoonlik vind hierdie veld (een van my gunstelinge) interessant en in die besonder uitdagend en sal graag wil sien dat ander lede dit probeer

 Alhoewel alles op aarde argitektuur behels dink ons gewoonlik daaraan as geboue strukture ens . Dit kan in twee verdeel word buitemuurs en binnemuurs, Waarna om te kyk in argitektuur fografie:

Soos in alle fotografie is lig ,fokus en al die ander gewone faktore van kardinale belang

Foto Inhoud, is die belangrkste aspek vam argitektuur.

Geboue reg van vooraf (flat on)is vervelig tensy dit n uitsonderlike en interessante fasade het.

Gebruik die interessantste hoek wat jy kan vind.

Soek daardie iets anders in jou foto!

Die hoek wat jy gebruik verhoog altyd die impak en dra by tot die sukses van die foto.

Stedelike Landskappe en straatfotos is dikwels besig. It goes with the territory.

Diepte perspektief is baie belangrik.

In hoe geboue moet ons probeer om die hoogte te beklemtoon deur n kleiener identifiseerbare perspektief te gebruik as vergelyking.

Skaduwee kan as n inlydende lyn gebruik word kyk uit daarvoor. Wees altyd atent op die atmosfeer wat die lig skep en probeer dit vasvang

n Kleurvolle foto is altyd mooi maar nie noodwendig goeie fotografie nie.

As voorbeeld In n plek soos die bo kaap is goeie fotografie baie moeilik. Probeer meer moeite doen om nie net n foto te neem nie konsentreer op fotografie.

Probeer om al die elemente  in jou komposisie in harmonie te kry

Uit bogenoemde is dit duidelik hoe belangrik opbouende kritiekvir vir die fotograaf van argitektuur, en en gebouekuns fotografie is.

Enige verdere gedagtes in die verband sal bydrae tot die sukses van toekomstige fotos.

 Groete   Gabriel

Views: 62

Reply to This

Replies to This Discussion

baie dankie vir die skrywe Gabriel, ek vind ook argitektuur fotografie interessant maar weet nie altyd waar en hoe om af te neem nie

ek gaan defnitief jou aanbevelings neerskryf en eers net begin rondkyk en hopelik sal ek iets kan identifiseer om af te neem

Dankie Linda Jong Kaapstad is vol interessante geboue sukses met jou poging

Baie dankie Gabriël; ek kom so stadigaan weer in rat vir plasing op Fotoskool

Jy verras my met goeie insette oor die interessante onderwerp van argitektuur.

Ek waardeer jou moeite en sal dikwels terugkom na jou wenke.

Groete, Tina 

Tina dit is goed om jou terug te sien. Jy is meer as welkom indien ek jou met iets kan help

Gabriel dankie vir hierdie waardevolle inset oor argitektuur. Ek het nie veel kennis daarvan nie, maar het ook al ñ paar pogings aangewend, seker omdat ek heeldag op soek is na iets anders. Sal sodra ek met my Fyn Kuns reeks klaar is van my pogings plaas. Ek waardeer jou as mede fotograaf. Lank lewe fotografie in al die verskillende fasette daarvan!! Groetnis Willie. 


Dankie vir jou inset willie. Ek persoonlik raak somtyds verveeld om die die selfde goed oor en oor af te neem en gaan dan op n soeke na iets anders Argitektuur het by my begin in die kerke en katedrale in Europe ( nog met films)en is later verder geneem deur n fotografiese vriend wat n profesionele fotograaf in stedelike landskappe was.Alhoewel my fotografie dikwels proefnemings is probeer ek die beginsels van hierdie genre altyd toepas

Groete

Dankie Gabriel - sal my ooge oophou en ook poging aanwend 



Dankie vir jou inset Pieter. n Mens benodig baie minder geduld as vir voels! Dit is somtyds net baie meer moeite as n mens dit reg wil doen. Jammer julle pragtige ou stadsaal het afgebrand of is hy herbou?

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html