Help asb.  hoe kry ek die beligting reg wanneer die landskap in son en skadu is?

Views: 114

Reply to This

Replies to This Discussion

Zenobia - jy het 'n tegniese moeilike situasie hier met so foto. Met 'n persoon of iets na aan die fotograaf kan jy flash gebruik om die skadukolle in te vul. Met 'n landskap kan dit uit die aard van die saak nie gebeur nie.

Ek sal tog die volgende probeer :

  • Neem die foto in RAW. Jy het dan meer speling met verwerking om die skadu/helder dele korrek te verwerk. Wanneer die foto vir jou oorbelig lyk, kan jy detail terugtrek van so 1 tot 1,5 stoppe. Dieselfde geld vir skadus
  • Neem die foto en hou jou histogram dop. Probeer die foto sover na die regterkant van die Histogram neem sonder oorbeligting. (so klein bietjie oorbelig is nog reg) Daar is 'n bekende fotograaf in Kanada wat graag dikteer "Bright Pixels are Sharp Pixels" en dit is so waar.
  • In Photoshop (ek aanvaar hier jy is vertroud met die program) gebruik die Shadow/Highlights Tool en doen die nodige verstellings

Wees net versigtig om die kontras in jou foto nie te laag te maak nie. Kontras en skadus in 'n foto dra tog by tot jou foto.

Sommige sal dalk die HDR opsie noem. HDR is maar 'n persoonlike ding en hy het sy plek in fotografie. Etienne het uitstekende blogs op Fotoskool geplaas oor HDR. Onthou maar net die volgende oor HDR :

  1. HDR moet nog steeds natuurlik lyk en daar moet maar kontras in jou foto wees. Die menslike brein kompenseer vir skadus en helder dele in jou foto en jy sien detail wat die kamera nie maklik kan wys nie. Dit is waar HDR vir my in fotografie inkom - net om die natuurlikheid van die toneel te herstel
  2. Moet dit nie oordoen nie - dit is tog so maklik om 'n mooi foto te verwoes

Dit was nie jou vraag nie, maar vir helder lig aan die bokant bly 'n Graduated Density Filter ook 'n opsie. Die filter is donkerder aan die bokant en jy kan hom op of af skuif om die filter by jou Landskap te laat aanpas. Die verskil of kontras tussen die helder en donkerder dele in jou foto is dan makliker om te hanteer vir die kamera

Hoop dit help !

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html