Dag se  fotoskolers vandag gaan ek so n bietjie kritiseer.Miskien gaan julle my pak gee maar laat dit dan so wees. Iets wat my by fotoskool pla is die gemak waarmee fotos met ooglopende foute as skitterend, fantasties perfek ens. Ens. bekroon word. En ek se nie vir n oomblik dat daar nie sulke foto is nie. As ek egter op ander webblaaie kyk na fotos wat werklik in die klas van skitterend val en steeds gekritiseer word  dan wonder ek of dit algehele  onkunde by fotoskolers is en of dit nou n vriendekring geword het waar vriende mekaar nie wil seermaak nie.  In fotografie is daar mos n ou gesegde wat se vriende,familie en ondergeskiktes is nie goeie beoordeelaars van jou fotos nie.  As n mens daarop let hoe goed n foto moet wees om n toekennig te ontvang waar perfek en skitterend van toepassing is dan wonder ek……….

Miskien moet mense geleer word dat kritiek op n foto, fotgrafies gefundeer moet wees en dat persoonlike opinies nie n opsie is nie.Maar ook dat kritiek nie n persoonlik aanval is nie maar iets waaruit n mens kan leer So ook moet kritiek op n mooi en beskaafde manier oorgedra work. Waarvoor is ons by fotoskool om te leer of om met tevredenheid agteroor te sit waneer n foto deur almal met of sonder kundigheid opgehemel word? Ek wonder maar net……..

n  Foto is grotendeels altyd mooi maar nie noodwendig n pryswenner nie daarom is ek maar versigtig met die groot toekennings veral waar foto met n tegniek geneem is waarvan ek nie baie kennis  dra nie. Ek is  al baie lank in n mindere of meerdere mate betrokke by fotografie en ek kan nie n enkele foto onthou wat ek geneem het wat perfek was nie, as ek het, sou daar dan nog iets gewees het om na te streef? Ek sou dalk al lankal opgehou het met fotografie. Ek wonder maar net………

As ek  op iemand se tone trap vra ek voortydig nederig om verskoning. My doelwit is die opbouing van die skool en nie om dit afte kraak nie, En glo meeste van die ernstige fotograwe deel my motief .    

Gabriel

Views: 732

Reply to This

Replies to This Discussion



..

Baie dankie vir jou bydrae elna. Ek stem saam met jou siening. Die reels wat jy neerle is die basiese reels en kan ooral op die internet gekry word. Mense moet net so n bietjie lees om hul kennis te verbreed. 

Omdat ek nie soos baie van die ander my fotografie in fotoskool geleer het nie is ek soms huiwerig om uit my perspektief te kritiseer.  Daar is verskille maar nogtans bly die beginsels seker grotendeels die selfde.

Ek is ook onder andere aktief betrokke by n web met die naam Viewbug. Daar is ook maar die gewone fotos wat deurkom maar dan  is daar die fotos wat n mens werklik inspireer en daarmee bedoel ek fotos wat top,top gehalte is. Ek sou graag sulke foto op fotoskool wou sien en ek glo dit is binne almal op fotoskool se bereik. Jy kan gerus my blad as n begin punt op viewbug gebruik om n bietjie na die fotos te kyk,   viewbug:   gabriel_ parsons_3363      Groete G

Altyd 'n taai toffie - krit is 'n probleem op die meeste websites, selfs op Viewbug en 500px - daar is pragtige fotos, maar die kommentaar is ook maar "generies". Die teenkant van die munt is natuurlik wanneer onervare lede "gevorderde" kommentaar lewer wat nie altyd akkuraat is nie ("where angels fear to tread...")

Klubkommentaar is baie meer realisities (ja, daar is sekerlik uitsonderings - gaan kyk maar eers na die klub se website-gallery) - ek staan altyd verstom oor die hoe gehalte van sommige klublede se fotos. Interessant genoeg is daar selfs in die "warmer kombuis" van klubs 'n behoefte aan nog strenger kommentaar - ek weet van 'n paar klubs wat "binnekringe" het (baie soos die voorgestelde "haaitenk"), waar 'n klein groepie mekaar se fotos regtig sinvol krit - dit is egter baie tydsintensief, en die hoeveelheid mense en fotos betrokke moet baie beperk word. Salonreels het 'n besliste plek, maar daar is ook 'n plek vir goeie fotos wat nie heeltemal aan die reels voldoen nie (die fotograaf Don McCullen se "In England"-versameling is 'n baie goeie voorbeeld). Ek stem 100% saam met lees, lees, lees en stel jouself bloot aan so veel as moontlik goeie voorbeelde in jou genres van keuse. 

Die kwessie moet eintlik rustig rondom 'n bottel goeie wyn deurpraat word - op die internet is daar altyd die gevaar van "lost in translation" - soos die baie misverstande al aangedui het!

Hello Gabriel...baie dankie vir die interessante debat wat jy begin het.  Johan se repliek maak vir my baie sin, ek onthou toe ek by fotoskool begin het, 'n baie dom groentjie met 'n groot passie vir fotografie ek het al sooo baie geleer by die "Slim mense" maar netso baie by mede fotoskolers.  Die groot ding is dat dit 'n groei kurwe is en iemand wat pas begin het gaan dalk moedeloos raak as daar nie positiewe kommentaar ook is nie, ek ervaar negatiewe kritiek baie positief want dit is iets om mee te werk en 'n aanmoediging om te verbeter. Soms het mens egter 'n spesiale foto wat jy regtig tegniese kritiek nodig het soos wat Johan  hierbo se.  Ek weet Hennie en die ander2 se tyd is beperk maar hulle moet aanmoedig en kritiseer, ek waardeer so as Hennie 'n foto weer edit dat die verbetering  prakties gesien kan word. Hier is puik fotograwe onder die fotoskolers en ek dink regtig hulle het al die kennis om te krit (met die doel om te verbeter) Smaak speel ook natuurlik 'n rol...my oog en die volgende ou se oog kyk na ander dinge in 'n foto.  Ek wil graag meer tegnies korrekte fotos neem ander net 'n mooi "memory" foto... 'n Voorstel wat aansluit by Johan sin, maar wat ongelukkig meer tyd van die beoordelaars gaan neem is dat kritiek op fotos bespreek kan word, as ek bv op jou foto kommentaar lewer van pragtige velddiepte kan Hennie reageer daarop, positief en negatief, en my so ook help om beter te "sien".  Ons is immers hier om te leer en nie liggeraak net positiewe kommentaar wil he nie.

Baie dankie vir julle baie posetiewe kommentaar Dine en Erika. Ek glo al die fotoskolers wat dit lees sal daaruit leer Groete

Dankie Gabriel, ek sal gaan loer. persoonlik is ek bang vir Viewbug daai ouens se fotografie is bo my vuurmaakplek



gabriel parsons said:

Baie dankie vir jou bydrae elna. Ek stem saam met jou siening. Die reels wat jy neerle is die basiese reels en kan ooral op die internet gekry word. Mense moet net so n bietjie lees om hul kennis te verbreed. 

Omdat ek nie soos baie van die ander my fotografie in fotoskool geleer het nie is ek soms huiwerig om uit my perspektief te kritiseer.  Daar is verskille maar nogtans bly die beginsels seker grotendeels die selfde.

Ek is ook onder andere aktief betrokke by n web met die naam Viewbug. Daar is ook maar die gewone fotos wat deurkom maar dan  is daar die fotos wat n mens werklik inspireer en daarmee bedoel ek fotos wat top,top gehalte is. Ek sou graag sulke foto op fotoskool wou sien en ek glo dit is binne almal op fotoskool se bereik. Jy kan gerus my blad as n begin punt op viewbug gebruik om n bietjie na die fotos te kyk,   viewbug:   gabriel_ parsons_3363      Groete G

Elna dit  is waarvan ek praat die hoe gehalte wat n mens inspireer. As ek daar kan oorleef kan jy ook!!!!  gabriel.

Elna Geringer said:

Dankie Gabriel, ek sal gaan loer. persoonlik is ek bang vir Viewbug daai ouens se fotografie is bo my vuurmaakplek



gabriel parsons said:

Baie dankie vir jou bydrae elna. Ek stem saam met jou siening. Die reels wat jy neerle is die basiese reels en kan ooral op die internet gekry word. Mense moet net so n bietjie lees om hul kennis te verbreed. 

Omdat ek nie soos baie van die ander my fotografie in fotoskool geleer het nie is ek soms huiwerig om uit my perspektief te kritiseer.  Daar is verskille maar nogtans bly die beginsels seker grotendeels die selfde.

Ek is ook onder andere aktief betrokke by n web met die naam Viewbug. Daar is ook maar die gewone fotos wat deurkom maar dan  is daar die fotos wat n mens werklik inspireer en daarmee bedoel ek fotos wat top,top gehalte is. Ek sou graag sulke foto op fotoskool wou sien en ek glo dit is binne almal op fotoskool se bereik. Jy kan gerus my blad as n begin punt op viewbug gebruik om n bietjie na die fotos te kyk,   viewbug:   gabriel_ parsons_3363      Groete G

Gabriel, ek het tyd gehad om na te dink oor die debat en besluit om in die vervolg slegs op drie voorafgaande foto's, voor plasing, kommentaar te lewer.  Wil ook nie FS oorlaai met nikseggende kommentaar nie.  Kan egter almal verseker, dat ek na elke foto kyk en al die kommentaar lees, want ek leer baie daaruit.  Ek is ook baie dankbaar vir die kommentaar wat ek ontvang.

Groete Doretha

Dankie Doretha.

Eina! Slaan die spyker op sy kop. onkunde is my probleem maar probeer n eerlike opinie soos ek die foto ondervind gee maar is nie altyd seker van aspekte waarna gekyk moet word nie. Ek waardeer die regwysing van mede skolers wens net die breinselle wil alles onthou en meer tyd,minder spoed agter die kamera deurbring.

Dankie aan almal vir kommentare

Reply to Discussion

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html