Goeie dag,

Ek het die Canon EOS 1200D, ek is totaal nuut en sal graag bietjie inligting wil he oor bv: is dit n goeie kamera vir fotografie, en watse lense moet ek alles by koop?

Baie dankie

Views: 152

Reply to This

Replies to This Discussion

DAgsê

WAt die lense aan betref glo ek jou moet besluit waarop jy gaan konsentreer. So vinnig na review gekyk lyk na goeie kamera. Dit is wat die een site sê:" Canon 1200D has a score of 67 for Portrait Photography which makes it a GOOD candidate for this type of photography" en nog "Canon 1200D has a score of 79 for Sports Photography which makes it a GOOD candidate for this type of photography"

Dit is omtrent al wat ek kan sê. Die ander sal meer kan byvoeg.

Hi, BAIE dankie!


Môre Lizel, Al Canon se kameras is goed en soos Pieter sê, hang dit af wat jy graag wil afneem. Kyk na die volgende: As jy voël of wildlewe wil neem, ñ zoom lens van tussen 200-500mm, wat natuurlik bietjie aan die beursie vat. Portrette en dinge wat nie te ver is nie kan ek beslis die 18-200mm Canon lens aanbeveel en dan as jy Landskappe wil doen ñ wyehoeklens van ongeveer10-18mm selfs tot 24mm. Ek dink as mens die 3 lense in jou sak het kan jy enige iets fotografeer. Dan is daar natuurlikook Makro lense vir die ouens wat klein goggas groot maak. Vertrou jy gaan regkom en lekker dag verder.

Lizel, watter lense jy het reeds. Ek het 'n lysie gemaak wat dalk alle beginner fotograwe sal help. Dis alle Canon lense onder R10 000:

Canon EF 50mm F1.8 II lens
Canon EF-S 24mm f/2.8 STM Pancake Lens
Canon EF 50mm f/1.8 STM Lens
Canon EF 40mm f/2.8 STM Lens
Canon EF-S 10-18mm f/4.5-5.6 IS STM Lens
Canon EF-S 18-55mm f/3.5-5.6 IS STM Lens
Canon EF-S 55-250mm f/4-5.6 IS Lens
Canon EF 85mm f/1.8 USM Lens
Canon EF 20mm f/2.8 USM Lens
Canon EF 50mm 1.4 USM lens
Canon EF-S 18-135mm f/3.5-5.6 IS STM Lens
Canon EF-S 55-250mm f/4-5.6 IS STM Lens
Canon Extender EF 2x III Canon Extender EF 1.4x III
Canon EF-S 60mm f2.8 Macro USM Lens
Canon EF 28mm f/1.8 USM Lens
Canon EF 100mm f/2.0 USM Lens
Canon EF 24-105mm f/3.5-5.6 IS STM Lens
Canon EF-S 18-135mm f/3.5-5.6 IS
Canon EF 35mm f/2 IS USM Lens
Canon EF 100mm f/2.8 Macro USM Lens
Canon EF 24mm f/2.8 IS USM Lens
Canon EF 70-300mm f/4-5.6 IS USM Lens
Canon EF-S 18-200mm f/3.5-5.6 IS Lens
Canon EF-S 10-22mm f/3.5-4.5 USM Lens
Canon EF 17-40mm f/4L USM Lens

Die keuse van lense sal daarvan afhang of jy wil zoom met jou voete of nie, want dan het jy nie zoom lense nodig nie.

Hi Lizel

Willie se antwoord is in die kol. Jou 1200D is 'n baie goeie kamera, soos Pieter vir jou uit wys. Voordat jy geld begin uit gee moet jy gaan sit en dink oor wat se tipe fotografie jy wil doen. Maw, wat is jou passie? Die spektrum is wyd.......landskap, portret studie, makro, wild en voëls ens. Jou antwoord aan jouself gaan jou 'n baie goeie idee gee watter tipe lense jy moet aanskaf. Dit help nie jy gaan skaf 'n lens ten duurste aan net om 'n paar maande later agter te kom dat jy die nie eintlik geniet nie

In my eie kamera sak het ek net 3 lense. 'n Sigma 10-22mm wyehoek,(hiermee doen ek landskappe en kerke) 'n sigma 105mm makro lens en op my kamera het ek 'n 16-300mm lens. Met hierdie lens doen ek alles. Die 16mm laat my toe om baie naby aan my voorwerp te kom en die 300mm is vir my 'n gemaklike opsie Hierdie lense het my in totaal nie R30 000.00 gekos nie. Sigma en Tamron pas op die 1200D en is van baie goeie gehalte

As ek in jou skoene was, het ek heel eerste na die 16-300mm gekyk. Daarmee kan jy baie verrig. Jy kan vir jou 'n verlengingsbuis aanskaf vir minder as R3000.00 en daarmee kan jy die 16-300mm as 'n makro lens met groot sukses gebruik word

'n Mens is soms baie oorhaastig as jy net met fotografie begin en jy sien al die "wow" fotos en jy wil net ander toerusting aanskaf. Moenie dit  doen nie, dit kan 'n duur trippie raak. Leer jou kamera ken en neem ten minste 10 000 suksesvolle fotos voordat jy na iets groters kyk. Die belangrikste is.......wat is jou passie????

Ek het in 2004 met 'n 1000D en 'n 70-300mm lens begin en net soos jy nou wonder oor jou kamera en watter tipe lens gekry moet word, het ek ook gewonder. Ek het net niemand gehad om my raad te gee en te waarsku teen slaggate nie en het kort duskant bankrot om gedraai

Geniet jou kamera en laai fotos gereeld sodat jy kan raad kry by die slimmes in FS

Groete

Vreeslik Dankie Elna, ek het die standaard een waarmee hy uitkom, en dan die 70-300 gekoop, maar dit is isof hy steeds nie naby genoeg gaan nie..


Waar het jy heen weggeraak??????

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html