Boekbekendstelling. Komposisie en Ontwerp

Views: 88

Reply to This

Replies to This Discussion

AANBEVELING

 

KOMPOSISIE EN ONTWERP

Josef Steyn en Hennie Cronjé

 

Josef en Hennie het geen bekendstelling by Fotoskolers nodig nie, en hierdie is die tweede boek wat die lig sien, waarvan hulle die outeurs is.

 

Die boek is beskikbaar as ‘n e-boek, maar ook in gedrukte formaat. Omdat ek die e-boek aangekoop het, neem ek die vrymoedigheid om so ‘n paar woorde daaroor te sê:

 

Vir my is die lekkerste daarvan dat dit in Afrikaans beskikbaar is, want alhoewel daar ‘n magdom inligting in Engels oor fotografie op die Internet beskikbaar is, is hierdie ‘n omvattende boek, so opgestel dat enige onderwerp  maklik nageslaan kan word.

 

Die beginsels van Komposisie en Ontwerp word aan die hand van ‘n groot hoeveelheid goeie foto’s verduidelik om dit visueel en prakties te ondersteun.

Die boek maak ook van ‘n groot hoeveelheid skematiese diagramme gebruik as verdere aanvulling. Daar is ook volop praktiese wenke oor hoe om in die algemeen jou fotografie te verbeter.

 

Die e-boek se inhoudsopgawe is van “kortpaaie” voorsien, sodat wanneer op ‘n hoofstuk of onderafdeling geklik word, die kortpadsleutel jou dadelik na die regte hoofstuk/afdeling neem.

 

Laastens dink ek dit sal vir Hennie en Josef baie beteken as Fotoskolers die boek aanskaf as blyk van ondersteuning vir die kennis wat hulle al vir soveel jare met almal op Fotoskool deel.

Josef, ek kry binnekort 'n nuwe Windows-pakket vir my rekenaar;  sodra alles nuut terug is by my vanaf die tegnikus, sal ek finaal besluit of ek die e-boek of die oorspronklike boek wil bestel.

Groete, Tina

My gedrukte boek het gister gekom en ek is super opgewonde daaroor. Ek kan dit nie beter stel as wat Rika dit reeds gedoen het nie. Baie geluk aan Josef en Hennie met hierdie meesterstuk. 'n Nuwe denkrigting het vir my oop gegaan tov komposisie en ontwerp

Aan die lede wat nog nie die 2 boeke aangeskaf het nie.......julle mis geweldig uit. Maak 'n geskenk "van my, aan my" en kry die boeke. Julle sal nie spyt wees nie

Hierdie boek volg op die vorige suksesvolle boek van Josef Steyn en Hennie Cronje, getitel Digitale Fotografie wat handel oor die basiese beginsels van fotografie.

Josef en Hennie se nuwe boek handel oor Komposisie en Ontwerp. Dit is 'n omvattende handleiding met baie mooi voorbeelde en is aanvullend tot die eerste boek.

Hierdie boek het 'n goed gedetaileerde indeks van 4 bladsye. Enige van die omvattende besprekings kan maklik nageslaan word deur eenvoudig op die bladsy nommer te klik.

Ek het beide digitale weergawes aangeskaf en beveel die nuwe boek sterk aan vir diegene wat fotografie as 'n stokperdjie beoefen en dit na 'n hoër vlak wil neem.  

ñ Groot week van afwagting is verby, want my boek het gearriveer en dit is met groot opgewondenheid dat ek dit oopmaak. Ek kan net sê baie geluk aan Josef en Hennie vir ñ puik stuk werk. Die boek bespreek alles wat fotografie aanbetref, van die mees basiese tot die mees gevorderde tegnieke en word deur pragtige foto's visueel ondersteun. Om so ñ boek aan te pak en suksesvol deur te voer verg groot kennis en ervaring, wat beslis nie by die twee meester fotograwe kortskiet nie. Ek kan maar net sê dat elke Fotoskoler baat kan vind deur die boek aan te skaf en te verseker dat jy jou fotografie daardeur kan bevorder. Nogmaals baie dankie en weer ñ GROOT GELUKWENSING van my af. Groetnis. Willie

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html