ek het ook te veel ou waardelose skryfbehoeftes, te veel ou kameras, te veel te doen, te veel musiek om te luister, heeltemal te veel goed om sinvol by uit te kom.

ek het ook te veel kamera boeke.

tom ang (lank ’n fotografie dosent by die universiteit van westminister) se the complete photographer staan hier langs my tafel. ’n leersame boek, veral oor die verskeidenheid van fotografiese style wat elk ’n eie stem (of dalk eerder: ’n eie oog) verteenwoordig http://www.tomang.com/?page_id=112&bookid=11 .

en klaar gelees aan scott kelby se drie boeke the digital photography book, volume 1, 2 en 3. uiters insiggewend en leersaam. miskien bietjie pragmaties, maar help my baie. http://www.scottkelby.com/

ook onlangs geniet aan chasing the light van ibarionex perello  http://www.digital-photography-school.com/chasing-the-light-improvi.... onder sommige van die fotoskolers se vuurmaakplek, maar darem...

hy leer so mooi dat die lig alles is (“wherever there is light, one can photograph” - alfred stieglitz)

maar dalk meer belangrik nog as dit, is die oog van die fotograaf, soos  uiters elegant beskryf in the art of photography van bruce barnbaum. lees dit:  http://oreilly.com/catalog/9781933952680

dit maak ‘n mens dalk nie noodwendig ’n beter fotograaf nie, laat jou darem elke dag meer en meer so voel...

 

gilbert

Views: 75

Reply to This

Replies to This Discussion

Hallo Gilbert,

Ek ken die gevoel!

Saam met jou versameling wil ek nog 'n paar lekker boeke voeg:

Joe Mcnally se The Moment it Clicks is absoluut inspirerend. Min tegniese dinge, maar puik waarhede agter sy fotografie. Hy het ook 'n puik boek oor Digitale fotografie geskryf: The LIFE guide to Digital Photography.

Dan is daar David Du Chemin se Visionmongers, sowel as sy "Within the Frame" wat net sulke lekker leesstof is.

Tom Ang se boek asook Scott Kelby se drie is sulke lekker boeke om so nou en dan in te dip en net plein te geniet.

Sulke lekker leesstof. Ek stoei nog om Barnbaum se boek te kry, volgens loot is dit nog op sg backorder.

Sal binnekort as die tyd dit toelaat so 'n paar boekoorsigte vir fotoskool skryf.

Sal graag wil hoor wat ander lede geniet!

 

Reply to Discussion

RSS

© 2014   Created by Igno van Niekerk.

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html