As daar iemand wat ek kan bel om my te help met die program. Wil dvd maak met musiek, foto's en titel. Ek sit alles op en gaan tot by preview in share afdeling, maar waar dit moet oorgaan na die skerm om die dvd writer te kies gaan dit staan. Is my verstelling verkeerd iewers of wat kan ek verkeerd gedoen het deur die proses. Sukkel al vanaf Vrydag aan en volgens die help inligting doen ek die stappe reg, maar ek kry nie 'n dvd gesny nie.
Ek sal die persoon bel as daar net iemand is wat bereid is om my te help, asb.

Views: 87

Reply to This

Replies to This Discussion

Marius, verskriklik baie dankie vir al jou moeite en kennis. Ek sal verseker van die ander program gebruik maak.

HI Annelise - ek is nou nie 'n pro soos julle nie maar het al 'n paar pragtige (my mening) dvds gemaak met fotos en musiek , titel bladsy en transitions en alles in. ek het windows live movie maker gratis afgelaai op die windows download center. hy is bietjie groot so amper 200 Meg maar is beslis vir my die moeite werd gewees. maklik om te gebruik en resultate is ook mooi ( skryf ook HD na dvd)

 

Gerhard

Gerhard ek het ook met die Windows Movie Maker 'n dvd gesny, maar op die televisie was sy beeld asof dit blur op die kante. Was die verstellings miskien iewers verkeerd, dus hoekom ek nie naweek so angstig na inligting gesoek het om ander dvd te sny.

myne dvd (HD stelling ) was regtig baie mooi en duidelik, het dit al op HD tv gespeel asook op dataprojektor en op albei was die beeld baie duidelik

 

Hi Annelise. Ek gebruik Corel Video Studio Pro X4 om Videos meer te maak. Soos Marius gesê het jou rekenaar moet lekker "fris" wees. Ek kan jou help as jy wil. Ek het ook eers Pinnacle 14 gebruik voordat ek oor gegaan het na Corel. Pinnacle is baie makliker as Corel, maar as jy Corel eers onder die knie het kom Pinnacle nie naby hom nie. Ek doen troues ens en werk met Corel Video Studio Pro x4. Hy kan jou slide show baie mooi maak.
Dankie Jannie, het op die oomblik vir my Power producer V6 gekry. Sodra ek Corel weer oplaai sal ek beslis van jou aanbod gebruik maak.

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html