Die Aalwyn fees vind elke jaar gedurende Julie plaas vanaf die ou stasie in Creighton. Die dorpie is omtrent so 35km noordwes van Ixopo af. Dit is vernoem na die gade van Sir Henry McCullum, ‘n nooi Creighton. Hy was ‘n Goewerneur in Natal tussen 1901 en 1907. Die stasie gebou word tans as munisipale kantore gebruik en is baie mooi gerestoureer ags dit ook ‘n erkende museum is. Die poskantoor is ook hier en dien tans as ‘n inligitings kantoor. Die populasie in 2011 was maar 899 en julle kan raai watter kleur.

 

Die trein vertrek 10h00 vanaf die stasie en rittel-rattal deur ongelooflike mooi landskappe. Hierdie is melkbees wêreld en hier is ook baie water met hope watervoëls. Nie lank na die stasie verlaat is nie, beweeg die trein al langs die Ngwangwane Rivier. Op die oewers hiervan is daar hordes aalwyne en ook Nguni beeste wat nogal mooi fotos kan besorg as ‘n mens dit te voet kan loop.

 

Die trein rit is ongeveer 2 na 2.5 uur lank met twee stop plekke. Die eerste stop is in die aalwyn valley en hier kan ‘n mens uitklim. Daar word beraam dat in die valley ongeveer 42 000 aalwyne elke jaar blom. Drie soorte kom hier voor : Aloe ferox, Aloe arborescens en Aloe maculate. Ten tye van die stop,as die besoekers uit geklim het,  beweeg die trein so tussen 1 en 2 kilometers terug, en kom dan met luide geblaas van stoom aan gestorm sodat die fotograwe hulle SD karate vol en batterye pap, kan fotografeer.  Ek het natuurlik die episode gemis……..die plaaslike kinders is vreeslik lastig en pla vir geld en lekkers aan mekaar. Ek het alleen uit geklim want Huey het ons sakke op gepas. Ek het ongemaklik geraak met die klomp loop neusies en het terug geklim in die trein. Toe die terug stoot begin het ek onthou en geweet ek het ‘n goue geleentheid gemis. (Goeie verskoning om DV weer in 2019 te gaan)

 

Die 2de stop is by die Riverside Stasie, of wat daarvan oor is, en hier hak die loko los van die trokke en gaan hak weer agter aan om die terug rit te doen. Die omdraai proses staan bekend as die “run-a-round” by die masjiniste. Ons het 8 van hulle reg langs ons gehad. Hulle stories was nogal interessant.

Die loko wat hier in gebruik is, is ‘n GMAM 4074 Garratt, en is gebou in 1953 deur die bouers  : Henschel. (Het julle geweet dat daar na die masjiense altyd as vroulik/she verwys word?) Ons vermoed die rede daarvoor is omdat daar nie ‘n disselboom is nie, of dit reg is, wee tons nie. Dalk is daar skolers wat die regte antwoord ken.

Gaan Google maar die Creighton dorpie en kyk watter trein rite daar nog deur die jaar aan gebied word. Die munisipaliteit het hierdie trein en 6 trokke ‘n paar jaar gelede gekoop en dis da nook ‘n groot bron van inkomste vir hulle. Die hoofnaweek van die Aalwyn-fees is die 2de naweek in Julie. Dan is daar ook lug balonne en berg fiets resies. Dit klink my dan gaan Creighton omtrent groot.

 

 

 

 

Views: 59

Reply to This

Replies to This Discussion

Baie interessant, dankie Elna.

Dis vrek interessant en moes n belewenis gewees het.  Dankie dat jy dit met ons deel

Baie interessant elna baie dankie

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html