Die fotoskool boek : Deur Josef en Hennie geskryf en saam gestel

Liewe Maters,

Op die hoofblad is daar 'n skakel na die fotografie boek wat Josef en Hennie saam gestel het. Die boek is digitaal en in hardeband beskikbaar, in beide Engels en Afrikaans. Gaan kliek op die  “kliek hier” blou skakel om ‘n idee te kry van wat julle kan verwag uit die boek

As julle nog nie hierdie boek het nie, doen jouself die guns en koop dit. Dit is propvol raad, voorbeelde, die moet en moenies van fotografie en hope fotos om sekere aspekte uit te wys. Die boek hope idees van wat alles deur die kamera lens gesien kan word en ook die tipe fotografie wat ons kan toepas. Met die boek klim ‘n mens nogal uit jou gemak sone uit en word jy geprikkel om nuwe dinge aan te pak

As jou verjaardag nog voorlê, kry sommer nou al iemand om vir jou 'n vroeë geskenk te koop. Daar is nog ‘Moeders en Vadersdag” ook………..

Hierdie boek is regtig die moeite werd om te besit.

My boek is al voos gebruik, miskien moet ek ook by Huey begin skimp vir 'n nuwe een…….

Groetnis

 

Views: 93

Reply to This

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html