Vriende in fotografie die belangrikheid van doelgerigtheid.

Jy kry n persoon wat n motor van een end tot die ander kan uitmekaar haal en aanmekaar sit maar die persoon kan nie ordentlik bestuur nie! Is dit nie ook die geval met baie fotograwe nie? Die persoon het al die teoretiese kundighed maar om een of ander rede haal sy of haar fotos net nooit die  die paal nie?

Dit gaan alles oor intent (doel) Gee n tema  van n stil lewe in  low key aan die kundige persoon en Nege uit tien kere sal dit n uitstekende  foto wees omdat die persoon uitgegaan het met n doel en sy opstelling was beplan.

Die onlangse tema van negatiewe ruimte was interessant maar vir my n openbaring. Die grootste hoeveelheid van  die fotos was toevallige fotos wat in n poging om n  temafoto te skep gefaal het.

Die tydskrif Time-Life het n fotografiese bundel geskep om aan die die grootste fotograwe erkenning te gee. Hulle het 250 fotos van 68 fotograwe uit duisende gekies.

Hul eerste en belangrikste eienskap vir n wenfotograaf, uit die drie faktore wat hulle as maatstaf gebruik het, was INTENT. Wat was die fotograaf se doel met sy foto en was hy suksesvol om dit oor te dra?  Die ander twee faktore was Tegniese vaardigheid en konsekwentheid.Tegniese waardigheid spreek vanself. In konsekwensie is gekyk na die fotograaf se diverse vaardigheid oor n lang tydperk. Om te streef na erkenning is dit nodig op om self krities te wees.Stel n lys op van wat jy in n foto verwag en vergelyk jou eie fotos daarmee.  Ek is dikwels verbaas oor die ooglopende foute wat in fotos voorkom en wat nie  deur die outeur raakgesien was nie.

Toevallige fotos, fotos  sonder intent, sal baie moeilik  as goeie fotografie kwallifiseer .

Beplan jou fotografie! Gaan uit met n spesifieke doel! Wees self krities! Stof tot nadenke         Gabriel

Views: 47

Reply to This

Replies to This Discussion

sjoe Gabriel nou het jy my aandag !

ek het sopas iemand gehad wat gese het sy is nie slim nie ( verstaan) nie my foto's nie!

so ! tyd vir self ondersoek!

Jy is só reg in dit wat jy hier sê Gabriel, die grootste kritikus van jou foto's moet beslis jyself wees, toevallig werk ongelukkig nie, ñ mooi woord vir my is om gedetermineerd te wees om jou beste te gee, veral waar so baie mense na jou werk kyk. Mense besef nie altyd hoeveel tyd daar in jou werk ingaan vandat jy die foto beplan, neem, aflaai en redigeer of verwerk nie, so dit in ag genome moet dit jou beste wees. Die huidige tema is jy só reg, want dit het gemaak dat ek partymaal maar net my kop geskud het, dit is nie net belangrik om jou vaardigheid te verbeter nie, maar ook ñ studie te maak van wat is die beste om jou werk ten toon te stel ooreenkomstig dit wat van jou verwag word. Dankie Gabriel ek het nog altyd gedink ek en jy is redelik op dieselfde golflengte. Lekker man!! en laat daardie sluiters werk ou Grote!! 

Beslis iets om oor na te dink, dankie Gabriel

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html