PITKOS VIR DIE NAWEEK

Ek let op die nuwe tendens om fotos wat nie aan n seker standaard voldoen nie as dokumenter te klassifiseer. Hoe word dokumentere fotografie gedefineer? Ek persoonlik is nie gemaklik daarmee dat na fotos verwys word in n sekere styl en nie in die leer proses gedefineer word nie, As n mens daarna kyk is die term dokumenter nie so breed as wat dit op die oogaf lyk nie. Is n foto wat nie regtig aan n sekere standaard voldoen nie n dokumentere foto ? Ek het my bedenkinge. Dokumenter verwys eerder in fotografie na geskiedkundige of joernalistieke fotos. Drie dooie soldate in n straat in damaskus of n reeks fotos van n voel wat alles van hom oordra soos die nes,sy habitat sy kuikens ens kan as dokumenter  uitgedruk word. n  Reeks reis fotos wat met die nodige intent as sulks afgeneem is sal deurgaan as persoonlike dokumentasie van n persoon se reis. Sal n ankele foto van die Ryn rivier aan die kriteria voldoen?Naslaan werk gee nie regtig n duidelike definisie nie maar versterk die gedagte  dat gewone fotos nie in die katogorie val nie, Daar is egter uitsonderings Afred Stieglits se foto “steerage” is n skitterend voorbeeld hieran vanwee die uitsonderlike fotografie en ook die geskiedkundige waarde vir fotografie in die geheel.  Sy foto se vir my dat dokumentere fotos ook van n baie hoe standaard moet wees om die nodige erkening te kry.  Ek hoor graag van die slim fotoskolers  Lekker kiek    Gabriel.

Views: 65

Reply to This

Replies to This Discussion

Die dilemma is eintlik taalkundig - streng gesproke, is alle vorms van datavaslegging 'n dokumentere aksie...Met uitsondering van doelgerigte "altered reality" is meeste foto's dokumenter (en selfs "altered reality" kan as sosiale of tydsgees-kommentaar dokumentere waarde he). Ek sou na fotos soos Stieglitz s'n as "fotojoernalistiek" verwys (in spesifieke hierdie geval briljante fotojoernalistiek, met ook baie estetiese en tegniese meriete). Sg "gewone" of "persoonlike" dokumentasie kan seker ook "herinneringsfotos" genoem word. Uiteraard gaan die grense nie altyd "hard" wees nie. En in sekere kringe mag die banale dalk net tot kuns verhef word (for better or for worse...)

Baie dankie Dine soos altyd sinvol en skerp. Ek stem met alles saam wat jy se in die geval het  ek my argument probeer stel dat as n straat foto nie aanvaarbaar is as n goeie straatfoto nie dan kan hy nie net n naams verandering ondergaan en dan aanvaarbaar wees as n goeie dokumenterre foto nie.Erens sal daar meer aan die foto gedoen moet word.  (a rose by any name?) Ek vermoed jy was uitstedig toe die gevalle voorgekom het.  Sterkte.   

Jy maak 'n geldige punt. Wanneer is 'n tegnies of kreatief beperkte foto (die polities-inkorrekte term is seker gemiddelde-tot-swak foto) aanvaarbaar om op 'n publieke forum te wys?  Wat my betref (en dit is slegs my opinie) is as 1) die onderwerp het 'n sekere skaarsheidswaarde, en daar bestaan nie tegnies beter fotos nie (bv 'n mylodon wat skielik 'n herverskyning in die 21ste eeu maak) 2) Daar is 'n BAIE sterk storie (nie net vir die fotograaf nie) wat die foto dra,  3) die tegniese foute dra by tot die storie - bv die bekende Life magazine fotos van die uitfokus voeltjies geneem by die Berlynse Muur terwyl die fotograaf koeels probeer ontduik het. 4) Wanneer daar iets substansieel uit die foto geleer kan word (op sg "teaching forums" soos hier - ervare fotograwe gaan egter minder "verskoon" word!) Daar kan waarskynlik nog tot die lys bygevoeg het. Ekself het (duisende!) swak fotos wat vir my van groot herinneringswaarde is, maar ek gaan dit nie ooit hier of op 'n ander forum plaas nie - en geen naamgewing - of genre-benaming gaan dit verander nie. 

Alle fotos is dokumenter, maar 'n swak foto word nie sommer 'n "goeie" dokumentere foto nie...

Dine dit  is n besondere raak beskrywing ek waardeer jou inset. Soos jy het ek deur my jare van swerf ook seker duisende fotos van persoonlike waarde bymekaar gemaak, sonder veel fotografiese meriete, maar waaraan ek steeds  vasklou.  Dankie.

Baie dankie Gabriël en Dine vir hierdie sinvolle inligting;  voorreg om by julle te leer en ek is te alle tye oop vir julle kommentaar;  hetsy my tema of toneel.

Baie dankie Tina jou inset is baie welkom

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html