Wat word Benodig ?

  1. ‘n Foto wat ‘n goeie senter punt het. In die foto wat ek gebruik het, was die Koorsboom tussen die twee Doringbome, my senter punt.
  2. Photoshop en Topaz (Magda ek weet jy het beide die programme. Ella, ek is nie seker waarmee jy redigeer nie. Topaz kan jy gratis van die internet aflaai maar PS is ‘n program wat gekoop moet word)

Hoe maak jy?

  1. Verwerk die foto wat jy wil gebruik ten volle. MAW bring dit tot waar dit reg is om gelaai te word. Stoor in beide PSD en Jpeg formaat.
  2. Druk die PDF aanhangsel wat ek hier aan geheg het uit, en met die Jpeg foto, volg jy die stappe soos aangedui. (in PS)
  3. Sodra jy die spieëlbeeld klaar het, stoor dit weer as ‘n Jpeg
  4. Maak nou Topaz oop en laai daar die verwerkte foto.
  5. Aan die linkerkant is al die filters en elkeen het weer “sub” filters. Elke “sub” filter het nog filters.
  6. Maak “Glow” oop en in “Glow”, maak jy die “Graphic” filter oop. Sodra dit oop is, gaan dan met die lys af tot by “Graphic II”. Aan die regterkant is daar nou heelwat verstellings wat gedoen kan word. Jy speel nou daarmee totdat die foto die gewenste voorkoms het

Groot geheim is om baie subtiel te werk te gaan.

Lekker speel

CC-Mirror_An_Image_In_60_Seconds%20%281%29.pdf 

Views: 17

Reply to This

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html