Goeie môre al my FS vriende. Ek het op ñ punt gekom waar ek nie verder kan aangaan by FS nie. Ek is nou ñ week terug van my wegbreek en ek kon nog geen foto's gelaai kry nie. Ek het nou al my E-pos adres en Password ook verander sonder sukses. Ek het ñ vermoede dat iemand met my profiel gepeuter het. So ek groet vanoggend en ek wil net graag baie dankie sê vir die pragtige vriende wat ek by FS ontmoet het, al is daar van julle wat ek nie persoonlik ontmoet het nie, voel dit tog vir my of ek julle al baie jare ken. Dit was goed om deel van FS te wees en wie weet, dalk sal ek weer eendag terugkeer. Mag jul paaie met vrede en voorspoed besaai wees. Groete en mooi loop!!! Willie.

Views: 114

Reply to This

Replies to This Discussion

Nee Willie, ons gaan jou mis. Ek hoop regtig jy gaan regkom en terug kom 'skool' toe. Probeer weer. Ek maak ook my foto's op Windows Life Photo gallery kleiner.  Sterkte ek weet ons gaan jou weer terug verwelkom.  Sterkte.  Gerrie.

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html