Hallo almal

 

Kortliks wil ek graag gou julle opinies kry.  Ek het gister aanlyn vir my die Canon 24-70mm f2.8 lens gekoop om net later 'n mail te kry om te se die lens is gediscontinue.  Ek weet daar is 'n ander een Canon 24-105mm ook.  Nou wil ek weet wat sou julle doen en wat is julle raad vir my.  Ek het 'n lens nodig waarmee ek troues+newborns ens kan afneem.  Ek het 'n Canon 60D en 'n 50mm f1.4 lens.  Ek het nie geld om te mors nie en soek 'n ordentlike lens maar ongelukkig kan ek nie 'n lens in die R20 000 bekostig nie.

 

Enige raad is welkom

 

Groete

Nadia

Views: 62

Reply to This

Replies to This Discussion

Hi, ek het ook 'n 24-105mm en ek is baie gelukkig met die lens.  Dit is 'n baie goeie "allrounder".  Baie skerp en vinnig (ek het ook al 'n paar baba foto's geneem met hom en was nie teleurgesteld in hom nie.  Weet nie van ander mense se ervaring maar ek dink jy kan hom maar kry.

Baie dankie Corne, ek waardeer jou opinie!

Nadia
Die 24-70mm L f2.8 is nie regtig gediscontinue nie, daar is maar net 'n nuwe weergawe uit met min verskil. Dis 'n puik lens en is baie skerp. Wat my van hom pla is die feit dat hy nie 'n stabilizer het nie. Die nuwer weergawe het ook nie 'n stabilizer nie. In lae lig sonder flash gaan hy jou begin frustreer.

Die 24-105mm L f4 is ook 'n baie hoë kwaliteit lens. Dit is my gunsteling lens vir alles, ook modelwerk. Hy het 'n 3 stop stabilizer in en is meer veelsydig as die 24-70. Ek het beide lense en my raad aan jou is maklik - jy kan nie verkeerd gaan met die 24-105 nie

Groete

Baie dankie Charles.

Reply to Discussion

RSS

© 2013   Created by Igno van Niekerk.

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html