Ek wil aansluit by die onlangse vraag oor kommentaar.  Wanneer daar wel kommentaar gelewer word - leer jy daardeur?  Ek was die naweek in Swaziland en ek was verbaas oor hoe baie ek aan fotoskool gedink het terwyl ek fotos geneem het. 

Ek het gister 'n foto geplaas van bome - Hennie se kommentaar daarop oor die reghoeke is vir my soos 'n sterretjie in my skool boek - dit is presies wat ek gesien het toe ek die foto geneem het.  Voorheen sou ek die foto geneem het bloot net omdat dit mooi was - nou het ek die foto geneem want ek het vorms/lyne gesien. 

Dis hier op fotoskool waar ek geleer het om te kyk.  Hoe meer ek na ander se fotos en kommentaar kyk hoe meer leer ek.

Weereens baie dankie aan almal wat altyd bereid is om 'n minuut of twee af te knyp om kommentaar te lewer op ander se fotos - en om so julle kennis met almal te deel.

Views: 160

Reply to This

Replies to This Discussion

Hallo Sandra,

Baie dankie vir die terugvoer! Dis juis wat fotoskool se doel is!

Lekker verder speel (en leer)

Groete

Igno

Sandra ek stem saam met jou;  vir my beteken dit regtig baie om by ons vriende op FS te leer.

Ek kan nie meer net 'n foto neem nie :). En my FS-stapvriende het dieselfde "probleem". Nou wil ons net "goeie" foto's neem .. en dit te danke aan almal se opbouende kommentaar. Dis ongelooflik hoeveel ek al geleer het.

HI Rinske

Ek het n "friend" request vir jou gestuur. Wil jy nie aanvaar nie asb? Ek sal graag met jou wil gesels tov die FS kurses wat jy ook nou doen/of dalk al mee klaar si

Groete

Elna



Rinske van der Walt said:

Ek kan nie meer net 'n foto neem nie :). En my FS-stapvriende het dieselfde "probleem". Nou wil ons net "goeie" foto's neem .. en dit te danke aan almal se opbouende kommentaar. Dis ongelooflik hoeveel ek al geleer het.

Sandra ek bevestig dat ek baie leer by Fotoskool, maar ek wil tog vandag vra dat ons almal vir mekaar sê wat tref ons in mekaar se foto's, wat ons anders kon gedoen het, kommentaar lewer op die verstellings en wat myself betref, ek is OOP vir kritiek.  Ek wil nie net positiewe kommentaar hê nie, want deur my foute leer ek.

Nogmaals dankie aan almal wat dit reeds doen. 

Ek is so bly ek lees vandag hierdie  stukkie Sandra.  Ek loop afgelope dae met kommentaar in my kop rond.  FS is n plek waar ek geweldig baie  geleer het en deur kommentare, positief en negatief, maar ek se dankie aan die paar getroue fotoskolers wat elke dag die moeite doen om krit te gee.  Wat my egter pla is die hoeveelheid fotos  wat geplaas word en die hoeveelheid krits wat jy kry.   Van die lede 'laai en laat waai' net. Is dit nou regverdig om krits te verwag en nie self ook te gee nie?  Deur jou mening op 'n foto te gee, is steeds 'n vorm van opleiding!  Lientjie, dankie dat jy ook help met die fotos en weer 'n GROOT dankie aan Hennie, julle moeite en kommentare is kosbare lesse.  En aan julle ou getroue fs familie, dankie vir julle bydrae, lag, lekker gesels en vriendskap,   Mag ons nog lekker verder leer  

Tersia, ek is bly jy voel ook so!

Jy slaan die spyker op sy kop!!

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html