Ek soek hom, soek hom, ek kry hom, hy is weg.

Fotoskool se sanity wat hy bied word erg benodig................ het gou kom inloer.

Hopelik sal dinge meer kalm begin raak as die afgelope (meer as 'n halwe) jaar.

Uncle en ek kap dit nog flou. Hy word oud (in liggaam) maar is steeds grappig.......... elke aand wat ek na my kaia toe kom, raap hy sy bene saam met "them bones them bones.............." en as dit nie vir die verdunde vel en gebarste hande was wat sy beendere nog saam omgord nie sou hy beslis 'n artefakte kon wees in een of onder riller.

Laasgenoemde nie om hom te beledig nie. Inteendeel, om hom te eer oor sy wil om steeds te wil/ aangaan.

Kyk uit vir my volgende blog oor hom. Weliswaar een wat oor my woede rondom hom gaan. Oor mense wat misbruik (ge)maak (het) van sy ouderdom. Hy wat nie regtig meer mooi kan konsentreer nie.

Nee, ek jok. Soms is sy geheue sterker as myne.................. of dit is soos die wrede seisoene wat nie volgens ons wil gebeur nie.

Ek mis al die Fotoskolers. Dankie aan almal wat met my WhatsApp motiveer.

Diegene wat in Pretoria bly, ons gaan tuis in die ou Magalieskloofoord, op die Pretoria Noordpad wat aansluit tussen Brits en Harties (Van der Hoffweg via Zilikaatsnek). Hier is 'n staproete bergop en dit is my wens om dit te stap. Kon self nog nie maar glo ek sal kan uitvind en planne kan maak vir Uncle om tevrede met Auntie agter te bly. (Google Magalieskloofoord en die GPS-koordinate sal verskyn............)

Gefokusde groete. Gebalanseerde gebede. ..................

Ek.

Views: 51

Reply to This

Replies to This Discussion

Ai, dis lekker om van jou te hoor - ek hoop jy kan weer gereeld plaas. Ek hoop die stap gebeur binnekort - dit is vir my 'n "sanity preserver" en die kamera kry bietjie sonlig!

Bly om van jou te hoor Engela. Ons mis jou jong........

Reply to Discussion

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html