As julle hoor wat Elna reggekry het sal julle saam met my sê: Baie geluk Elna!" Hierdie getroue Fotoskoler het die afgelope tyd 'n gevorderde kursus in fotografie by die Shaw Academy gedoen en met 'n gradering van (my gradering) 'summa cum laude' geslaag. Dit is 'n prestasie wat net deur die heel bestes behaal kan word!! Geniet jou fotografie Elna!!

Views: 85

Reply to This

Replies to This Discussion

Baie geluk!!!

baie geluk Elna!

Baie, baie geluk, Elna!!!

WOW Elna, veels geluk. Báie bly saam met jou. Jou harde werk is beloon!!

Hehehehehehe........nou moet julle weet hoe bly is ek. Nou gaan ek ook weer aandag in hierdie huis kry.

Ai Josef, jy laat my nou sommer baie skaam kry maar baie dankie vir jou mooi woorde en baie dankie aan elkeen wat kom geluk wens het. Die kurses was 3 maande van klippe kou maar elke oomblik die moeite werd. Shaw is, wat my aanbetref, een van die beste aanlyn kursusse wat daar is. Ek het ongelooflik baie geleer en van dinge gehoor wat ek nie geweet het in fotografie bestaan nie. Ek kan hierdie mense se fotografie kursusse almal, baie sterk aan bevel.

Ek kan nie die oomblik laat verby gaan om te sê dat as dit nie vir FS was nie, sou ek nooit eers oorweeg het om aanlyn in te skryf nie. My motivering het hier, in die klas begin, nadat ek die FS se F+ gedoen het.

Nogmaals baie dankie

Baie geluk Elna dit is baie goed gedoen

Baie geluk Elna! Ek sien uit na sinvolle kommentaar en kritiek!  

Dankie Josef dat jy Elna se prestasie onder ons aandag gebring het.  Dit wys net dat hier mooi samewerking en ondersteuning onder ons skolers is. Ek dink die meeste van ons het ons grondslagvase hier gekry.

Elna veels geluk, ek is bly dat ons nou nog ’n top fotograaf met ons het.  Ek is bly saam met jou nou kan jy maar laat waai met jou kommentare op ons foto's.  Dankie Huey dat jy haar so vryheid gegee het want ons gaan ook daarby baat.  Mooi Elna!!!

Baie geluk Elna

Baie geluk Elna. Ons is baie trots op jou.

Dankie dat jy dit met ons deel Josef en Elna, baie geluk, mag jy nog groot hoogtes in fotografie bereik!

Reply to Discussion

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html