Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
hallo... nuut by fotoskool..... raad asb... as ek foto's neem is hulle 100% in fokus agter op die kamera- lcd todat ek dit op die rekenaar (getoets op verskeie ander rekenaars ook) aflaai.. dan is die fokus dof en as ek "crop" vererger die probleem.. ek het canon7d en 100-400 ml lens.. sal konstruktiewe antwoorde waardeer... groete.. hennie
Tags:
Permalink Reply by Annelise on July 24, 2012 at 9:08am Hennie laai een foto op, want dit kan wees dat f-stop of spoed nie reg was nie. Die kamera se skerm kan soms verleidelik wees. Jy kan met die vergrootglas die gedeelte op jou kamera skerm in zoom om te kyk of dit daar ook uit fokus is.
Permalink Reply by hennie viljoen on July 24, 2012 at 9:36am hallo annelise... dankie vir jou terugvoer.. as jy mooi oplet op die rou foto lyk dit goed.. todat ek vergroot.. dan raak die fokus weg..
groete
hennie
Permalink Reply by Annelise on July 24, 2012 at 10:56am Hennie laai een foto op, dalk kan ons iets agter kom
Permalink Reply by hennie viljoen on July 25, 2012 at 3:29am
Permalink Reply by hennie viljoen on July 25, 2012 at 3:32am hallo annelise... so lyk dit reg... dit is 'n "rou" foto
maar die fokus raak dof as ek nou crop..
dan moet ek dit digitaal weer gaan skerpmaak
waardeer jou belangstelling
groete
Permalink Reply by Annelise on July 25, 2012 at 8:43am Hennie kan dit dalk wees dat jou ISO dalk te hoog is? Is jou foto image op Large gestel? Ek probeer help maar lyk my die professionele fotograwe sal moet inspring.
Permalink Reply by hennie viljoen on July 25, 2012 at 2:31pm jong nee... as die iso te hoog is... dan is daar baie "stof" (noise) op die foto... die foto's is nie so skerp op die rekenaarskerm as op die kameraskerm nie... ek het 'n profesionele fotograaf in swakopmund ook hieromtrent gevra.. hy sê ons beweeg van 'n optiese beeld na 'n digitale beeld.. en dan speel die pixels 'n rol... volgens hom is die foto in fokus... baie dankie vir jou inset.. groete h
Annelise said:
Hennie kan dit dalk wees dat jou ISO dalk te hoog is? Is jou foto image op Large gestel? Ek probeer help maar lyk my die professionele fotograwe sal moet inspring.
Permalink Reply by Charles Whitehead on August 14, 2012 at 1:29pm Hennie
Die foto wat jy geplaas het is reeds "geresize" deur die Fotoskool website en dus is van die inligting verlore. Dit is dus onmoontlik om te sien of die foto regtig skerp is. Is daar 'n manier hoe jy dalk die oorspronklike foto vir my kan email sonder verwerking sodat ek kan loer ? My email is charleswfotografie@gmail.com
Laat ook weet watter lens het jy gebruik en indien jy kan onthou die fokale lengte waarteen jy gewerk het. Ek sal in die foto kyk vir die exif data soos jou sluiterspoed en aperture asook die ISO verstellings.
Groete
Permalink Reply by Charles Whitehead on August 14, 2012 at 8:09pm Hennie - ek het die fotos ontvang, maar het die oorspronklike grootte foto nodig direk van die kamera. Daar is inligting verlore van die fotos wat jy gestuur het.
Groete
Permalink Reply by Charles Whitehead on August 15, 2012 at 7:45pm
Permalink Reply by hennie viljoen on August 20, 2012 at 12:14pm hallo Charles... ek weet niew of jy my antwoord ontvang het tov jpou inset nie... ek het epos-moeilikheid opgetel, maar het jou antwoord baie waardeer..
ter interressantheid.... wat is aanvaarbaar tov 'n foto mbt tot digitale "ontwikkeling" soos bv photoshop en ander programme...
ek het 'n probleem.... wanneer of tot waar "ontwikkel" ek my foto, voordat ek van fotograaf verander na grafiese ontwerper/kunstenaar...
waardeer jou inset...
groete
h
Permalink Reply by Charles Whitehead on August 20, 2012 at 1:47pm Hennie - ek het glad nie jou antwoord ontvang nie.
Die vraag wat jy vra het al baie ontstredenheid veroorsaak en daar was al verskeie debatte op Fotoskool daaroor.
In die dae van film was fotos ook maar verder "ontwikkel" in die donkerkamer. Die meeste fotograwe was maar net nie bewus daarvan nie en dan is daar 'n paar wat dit self gedoen het. In die donkerkamer was ook maar gespeel met crop, kontras, kleur en so paar ander truuks. In die digitale era doen ons dit nou net self.
In kort is die antwoord dat daar nie 'n perk is nie, afhangende wat jy wil weergee. Indien jy 'n kunstige effek wil weergee is daar geen perk nie. Jy stel nie 'n spesifieke toneel voor as die waarheid nie en jou verbeelding is die perk hier.
By kameraklubs het ons piktoriaal en natuur afdelings. In die piktoriaal kan jy enigiets plaas of doen, kuns of andersinds - dit is eintlik 'n "ope" afdeling. aan die ander kant is die natuur afdeling streng en jou verstellings is beperk tot noise removal, crop, kleur en kontras asook sharpening.
Die genoemde tegnieke moet maar met digitale fotos gedoen word weens die aard van die medium. Die fotograaf skiet hom/haarself in die voet indien dit nie gedoen word nie. Dit word as normale ontwikkeling gesien.
Wanneer jy 'n wildsfoto voorstel, stel jy die foto voor soos jy dit gesien het, en jou verstellings is dus beperk soos genoem. Indien jy hier verder gaan verander jy jou foto in iets wat nie was toe jy die foto geneem het nie. Om 'n eenvoudige voorbeeld te gebruik soos wanneer jy iets inclone soos ekstra voëls of iets uithaal wat nie daar was nie soos takkies of dergeliks, verander jy jou foto. Niks keer jou om so iets te gebruik nie, jy moet dit net nie voorstel as die werklikheid nie, veral nie in salonne of kameraklubs nie.
Kameras het die manier om soms dele van 'n foto donkerder te maak waar jou oog dit anders gesien het, vir my is dit nie verkeerd om hier tegnieke soos HDR te gebruik om dit nader aan die werklikheid te maak nie.
Soos jy kan sien is dit maar 'n grys area en net die fotograaf kan oordeel. In die verlede was daar al kritiek teen my fotos dat dit te veel ge-photoshop is. Die waarheid is egter dat daar die minimum photoshop gedoen was, ek het net gevorderde beligting gebruik om sekere effekte weer te gee. Gaan gerus deur van my fotos en jy sal sien wat ek bedoel. Dit is die teenkant van die photoshop argument. Die fotograaf kan deur kennis van tegnieke iets afneem dat dit lyk asof dit nie moontlik is nie.
Sterkte met jou keuses en ontwikkeling
© 2013 Created by Igno van Niekerk.