hallo... nuut by fotoskool..... raad asb... as ek foto's neem is hulle 100% in fokus agter op die kamera- lcd todat ek dit op die rekenaar (getoets op verskeie ander rekenaars ook)  aflaai.. dan is die fokus dof en as ek "crop"  vererger die probleem.. ek het canon7d en 100-400 ml lens.. sal konstruktiewe antwoorde waardeer... groete.. hennie 

Views: 205

Reply to This

Replies to This Discussion

baie dankie... ek het soortgelyke antwoorde opgetel wanneer ek die reëls van fotogafiese kompetisies deurgelees het... 

en voel baie meer gerus tov...

as jy dalk in namibië 'n draai maak en windhoek en okahandja is dalk op jou pad, sal ek jou graag 'n koffetjie wil koop en bietjie gesêls... ek gaan nou 'n foto van 'n jakkals oplaai wat ek gecrop, gesharp en gekontras ens het.. 

ek het jou foto's al gekyk en is baie beïndruk daarmee...

ek sukkel net baie om voëls in vlug duidelik skerp te kry... mooiste en beste toegewens..



Charles Whitehead said:

Hennie - ek het glad nie jou antwoord ontvang nie.

Die vraag wat jy vra het al baie ontstredenheid veroorsaak en daar was al verskeie debatte op Fotoskool daaroor.

In die dae van film was fotos ook maar verder "ontwikkel" in die donkerkamer. Die meeste fotograwe was maar net nie bewus daarvan nie en dan is daar 'n paar wat dit self gedoen het. In die donkerkamer was ook maar gespeel met crop, kontras, kleur en so paar ander truuks. In die digitale era doen ons dit nou net self.

In kort is die antwoord dat daar nie 'n perk is nie, afhangende wat jy wil weergee. Indien jy 'n kunstige effek wil weergee is daar geen perk nie. Jy stel nie 'n spesifieke toneel voor as die waarheid nie en jou verbeelding is die perk hier.

By kameraklubs het ons piktoriaal en natuur afdelings. In die piktoriaal kan jy enigiets plaas of doen, kuns of andersinds - dit is eintlik 'n "ope" afdeling. aan die ander kant is die natuur afdeling streng en jou verstellings is beperk tot noise removal, crop, kleur en kontras asook sharpening.

Die genoemde tegnieke moet maar met digitale fotos gedoen word weens die aard van die medium. Die fotograaf skiet hom/haarself in die voet indien dit nie gedoen word nie. Dit word as normale ontwikkeling gesien.

Wanneer jy 'n wildsfoto voorstel, stel jy die foto voor soos jy dit gesien het, en jou verstellings is dus beperk soos genoem. Indien jy hier verder gaan verander jy jou foto in iets wat nie was toe jy die foto geneem het nie. Om 'n eenvoudige voorbeeld te gebruik soos wanneer jy iets inclone soos ekstra voëls of iets uithaal wat nie daar was nie soos takkies of dergeliks, verander jy jou foto. Niks keer jou om so iets te gebruik nie, jy moet dit net nie voorstel as die werklikheid nie, veral nie in salonne of kameraklubs nie.

Kameras het die manier om soms dele van 'n foto donkerder te maak waar jou oog dit anders gesien het, vir my is dit nie verkeerd om hier tegnieke soos HDR te gebruik om dit nader aan die werklikheid te maak nie.

Soos jy kan sien is dit maar 'n grys area en net die fotograaf kan oordeel. In die verlede was daar al kritiek teen my fotos dat dit te veel ge-photoshop is. Die waarheid is egter dat daar die minimum photoshop gedoen was, ek het net gevorderde beligting gebruik om sekere effekte weer te gee. Gaan gerus deur van my fotos en jy sal sien wat ek bedoel. Dit is die teenkant van die photoshop argument. Die fotograaf kan deur kennis van tegnieke iets afneem dat dit lyk asof dit nie moontlik is nie.

Sterkte met jou keuses en ontwikkeling

hallo Charles... jou indrukke ?   groete h

Charles en Annelise! Ek wil ongelooflik baie dankie se vir julle bydraes. Sjoe, mens waardeer die moeite wat julle doen oneindig baie!!

Nogmaals BAIE DANKIE namens al die fotoskolers.

Groete

Igno

Igno - Dankie vir die mooi woorde :-)

Hennie - ek sal jou opneem op daai koffie indien ek dalk daar erens rondwaal :-)

Jou jakkalsie lyk skerp. Jy het uit die aard van die saak of 'n baie lang lens (100-400 ?) of redelik naby aan hom gekom weens die vlak diepte van veld. Sy oë is skerp wat eintlik saak maak en ook met mooi lig. Mens wil maar die oë kan sien. Goeie gebruik van die derde reel is effektief

Die crop is net bietjie te knap bo sy ore en ek sal die foto so effens onderbelig - so halwe stop, maar dis eintlik akademies. Mooi lig, kontras en kleur. Net daai wit klip links pla bietjie. Indien jy die kamera na regs kon skuif kon dit dalk weggeraak het.

Dit bly 'n mooi dier en jy het hom pragtig vasgevang in sy omgewing.

Groete

Loer gerus by: improvephotography.com  

7 Tips for sharper photos...

DANKIE FRED... MAAK SO   .. GROETNIS 

Hallo Fred..  jy en Charles het my baie gehelp... ek het altyd gedink "skerpmaak is kroek"... 'n goeie fotograaf se foto's is vlymskerp... dit impliseer nie jy kan swak en dowwe foto's neem nie... swak bly swak... maar dat die foto's tog wel 'n bietjie "aan die kant" gemaak moet word.. groetnis h

Reply to Discussion

RSS

© 2013   Created by Igno van Niekerk.

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html