Verwys spesifiek na kompetisies deur die media wat `n "wen" foto kies deur middel van die aantal SMSe of "like" op facebook.

Op die stelsel het `n onderwyser/es bv. `n geweldige voorsprong teen die outjie op die platteland wat bykans niemand ken om vir hom te stem nie. 

Dink maar aan die "bruid van die jaar"!

My persoonlike gevoel is dat die be-oordeling deur `n paneel van foto kundiges gedoen moet word bv. PSSA  lede wat na die veskillende kritera waaraan `n foto moet voldoen kyk en nie na die gewildheid van die  persoon nie.

Views: 271

Reply to This

Replies to This Discussion

Ek stem!!

Ek stem volkome saam - daarom neem ek gereeld aan salonne deel, dit gee 'n goeie terugvoer op jou foto alhoewel 'n mens nie kritiek op jou fotos kry nie. Daar is ons maandelikse kamera klub baie meer van waarde. Ek vermy sulke elektroniese kompetisies waarvan jy praat, maar ek hou daarvan om fotos op forums te plaas waar 'n mens lekker kritiese kommentaar kry - nie net "O, dit is pragtig" nie. Dit is al hoe 'n mens leer. 

willem noem vir ons van daai Forums. Ek stem. of die man stem die vrou se foto in en hy wen self ook n vakansie. dit is wat hier by ons gebeur het.



Anet kyk gerus by "Camerazzi Community", heelwat kundiges daar.

Stem heeltemal met jou saam Fred. Dit gaan gewoonlik nie oor n goeie foto nie

maar oor hoeveel maaikies jy op Facebook het.

Voel presies nes julle.  Ek kry tot versoeke van mense wat ek van geen kant of ken nie om 'n foto te gaan "like".  Dit is belaglik en ek kan nie sien hoe mens so kan wen nie.  

Ek stem saam Fred; die beoordelaars moet die finale keuse doen.  Die sms-stelsel werk nie vir my nie.

Reply to Discussion

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html