Ek sou graag my fotografie in n besigheid wil omskep. Ek het al n troue, doop en kinderpartytjies afgeneem. Ek het nou twee keotasies gedoen waar mense se ek is te duur. Ek het goed naborsong gedoen voor eku pryse gemaak het. Daar is egter mense wat bereid is om enige prys te verlaag om fotos te neem. Hier in ons dotp is iemand wat trours doen vir R500. Niemand weet wat die kwaliteit is nie. Is fit die moeite werd om troues te doen? Hoe kan ek n inkomste daaruot verseker

Views: 267

Reply to This

Replies to This Discussion

Ek neem sommer net vir die lekkerte, doen backup vir troues, maar sal nie 'n troue doen - as hoof fotograaf - vir R500 nie. Die editing neem dae. Mense het geen idee hoeveel beplanning daarin so fotosessie gaan nie.

nee my vriend nie vir R500 nie daar is baie werk aan die verwerking van die fotos. R3000 dalk anders kan hulle maar regtig n ander persoon soek. Ek dink n mens moet n side soek waar jy jou fotos kan verkoop dan kry mens iets vir die duisende rande wat n mens aan brandstof betaal.

 

Colin

Ek tree lank na jy die berig gepos het, tot die bespreking toe en gooi graag my spreekwoordelike stuiwer in die beurs. Ek dink n mens moet mooi besin hoekom jy so n besigheid op jou dorp/plek wil begin. Mens kan dit doen om inkomste te kry, of om inkomste aan te vul of om jou tyd sinvol met iets waaroor jy passievol is, te verwyl? Verder dink ek n goeie portefulje kan n groot verskil maak en dit vat tyd om saam te stel. Die fotos in jou portefulje moet asembenemd wees en uit die aard vd saak ook dus  foutloos, Ek dink ook dat mense besluit op n fotograaf op grond van hoe tuis hulle in die persoon se teenwoordigheid voel. Ek het n paar ander idees wat ek met jou via epos kan deel as jy belangstel. Skryf gerus aan my by fheerden@kockw.com Vasbyt! 

Reply to Discussion

RSS

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html