Goeie more

Indien julle wonder hoekom onse mater Pierre so stil is, is dit omdat daar weer by sy woning ingebreek was.

Hy is sonder kameras, lense hardeskywe laptop en verskeie ander items nog.

Hy het 'n in Des vir hom 'n 7 D aangeskaf en die kamera net beginne geniet.

Die verlies is groot - finansieel sowel as sentimentele waarde.

Pierre ek voel saam met jou - sterkte daar en hoop dat die booswigte aangekeer sal word.

Dink aan julle

Pieter

Views: 180

Reply to This

Replies to This Discussion

Pieter... ja dit is baie erg.... My fondasie is geskud... 

Ek het baie te se oor die diewe maar sal dit vir myself hou.... Ek kan net nie gewoond raak aan die feit dat ek kameraloos is nie... Die trane rol mater.... hulle rol....

Jammer om dit te hoor!, Sjoe dis erg, sterkte Pierre

Ag nee, ek sal teen die planke wees sonder my kamera-goedjies. Daar is Vrydag by 'n ou vriendin van my ook ingebreek, maar ek vermoed jou verlies was baie groter. Baie sterkte!

Ai Pierre, sterkte, weet so bietjie hoe jy voel, my kamera is ook laasweek gesteel uit my kar uit... dit is regtig sad!

Ai Pierre, gevoelige verlies my maat, al die toerusting!! Sterkte en ek vertrou dat ons jou en jou foto's gou weer sal sien. Groetnis!!  

Ai sterkte Pierre Mens werk so hard vir jou goed en dan gebeur sulke goed. Sterkte!

Ai, Pierre, jammer om te hoor van die groot verlies. Dit is 'n ramp en maak mens so hartseer dat misdaad net oorneem.

Agge nee Pierre................het julle nie dieselfde probleem 'n jaar of twee terug ook gehad nie?

Sterkte jong en hoop om jou spoedig weer te sien

Aggenee.....so iets skud mens so erg...daai onregverdigheid vir ons wat hard werk vir ons ou geldjies dan doen hul dit.....ai Pierre ek sal ook liewers nie begin met woorde se nie ...mens se stokperdjie is juis jou vreugde en stressontlading..

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html