Hi julle 

Ek wil bietjie hoor, die jong mense van vandag, ek sien dit so baie.

Ek is 'n fotograaf en ek sien dit gebeur so baie, ek gee vir hulle die fotos en fotos wat op ps opgekikker is en dan sal hulle met hulle fone gaan en ander effekte ens opsit en ander skrif en nonsens, hoe keer mens dat dit gebeur??

Ek is nie baie gelukkig oor dit nie, want ek voel hulle "mors" met jou foto?

Laat weet maat wat jul dink..

Dankie 

Ezette 

Views: 237

Reply to This

Replies to This Discussion

Hi Ezette - ek simpatiseer met jou siening. Ongelukkig is dit nou maar 'n ding met die jonger geslag en veral omrede dit so maklik is om te verander. Jy kan dit nie keer nie en eintlik kan hulle met die fotos maak wat hulle wil indien hulle daarvoor betaal het. Sorg dalk maar net dat jou naam nie op die foto verskyn nie, dan kan dit aftrek doen aan jou naam

Stem 100% saam met Charles. As jou naam verskyn saam met die fotos, of jy dit daar aanbring of hulle, gaan nie aan die saak verander nie, jy kan hulle aanvat as dit die moeite werd is

Hi Ezette.  My dogter het 'n ooreenkoms opgestel, waarin die kliënt onderneem om nie aan die foto's te verander nie en sy laat hulle teken.  Dit werk nogal.

jy kan 'n kontrak opstel dat jy slegs sekere regte van gebruik verkoop van die fotos bv: die reg om te kopieer en te gebruik, maar nie om veranderings te maak nie. Jy sal ook bewus moet wees van die feit dat dit jou pryse mag beinvloed, veral met professionele kliente.

Uit 'n morele vlak(en veral in die geval van mense met fotos van hulself), wel, hulle het betaal, jyt 'n produk gelewer, laat hul daarmee maak wat hul wil, dit is tog 'n image van hulself. Ander saak as dit 'n kommersiele klient is. Jy kan ook altyd net fisiese kopiee verkoop, wat moeiliker is om na te maak/ edit.

Baie dankie vir julle raad!

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html