Goeie more fotoskolers 

So stoffie tot nadenke en miskien n bietjie motivering.

Waarop oordeel ons fotos? Kyk ons net na die foto en maak n besluit?  of kyk ons na die fotografiese meriete van n foto?Dikwels kom fotos voor soos van Tafelberg die Eifel toring, die See ens., wat al in die verlede  tot vervelens  gefotografeer was. Die herhaling is so en sal altyd so  wees. Die nadeel van so foto is dat hy miskien nie uniek is nie, nie meer interesant is nie , en dat die outeur se poging  nie suksesvol was om iets spesiaal  van die foto te maak nie, en dus word  die beoordeling  maklik oppervlakking. Is dit dan geregverdig om die foto af te skryf bloot omdat dit al so dikwels gefotografeer was ?  Moet ons nie  eerder  na die outeur se poging  kyk en fotografiese meriete raaksien nie? Fokus ons nie te dikwels op die foto eerder as op die fotografie nie? Ongeag die voorwerp  of onderwerp, as  fotografie sal n foto  steeds aan sekere kriteria moet voldoen, soos skerpheid,kleur, lig,diepte,tegniek, komposisie ens  Daar is soveel ander dinge wat belangrik is eerder as om net bolangs na n foto te kyk en net die onderwerp raak te sien.

Ek he onlangs die voorreg gehad om aan n kompetisie deel te neem wat “The Ocean” moes weergee. (is daar iets wat al meer gefotografeer was?) Aan die einde moes ons ,ons stemme uitbring Ek het  met aandag na soveel as moontlik van die fotos gekyk alvorens ek gestem het. Daar was gewone fotos en selfs minder goeie fotos maar die meerderheid  fotos,was fotografie wat  ek nie anders as asemrowend  kan bestempel nie. Fotos wat ek nie gedink het moontlik is nie! Dit oortuig my dat ongeag hoe oud die onderwerp is daar steeds fotos geneem kan word wat n mens se asem wegslaan.

 Ek dink wat elke fotograaf dryf is die soeke na daardie een uit n duisend en dan die erkening daarvoor deur n kundige fotografiese gemeenskap .

So laat ons aanhou om te soek na daardie een “asemrowende” foto  Die een uit n duisend wat uit n tegniese oogpunt vir almal by fotoskool moontlik is. Dit sal ons noop om skeppend te wees  en buite die gewone te dink!

Laat elke foto n uitdaging wees, dit is die enigste manier om te verbeter! Daar is fotos en daar is fotografie, sien en erken die verskil!

Hou  net aan en moet nie dink aan ophou nie!     Groete    gabriel

Views: 113

Reply to This

Replies to This Discussion

Beter kon ek dit nie gestel het nie! Dankie Gabriel!

Gabriel ek kan nie meer as om met jou saam te stem nie. Wanneer ñ mens ñ foto plaas moet jy darem trots daarop wees en kan sê ek is tevrede met my resultaat, ongeag of die voorwerp al hoeveel keer by herhaling gefotografeer is. Baie belangrik gaan dit ñ aanvaarbare resultaat wees vir die algemene publiek wat moeite doen om daarna te kyk. Dankie dat jy dit weer aangespreek het Gabriel. 

Die sg asemrowende fotogeleenthede is skaars, maar hoe meer jy jou fotografievaardighede slyp, hoe groter is die kans dat jy bogenoemde geleentheid gaan 1) antisipeer of herken, 2) tegnies korrek benader. As jy amper nooit jou kamera benut nie, is die kans goed dat jy 'n tegniese fout gaan maak, te stadig gaan wees, of op 'n ander manier die bal gaan laat val. En nie alle fotos hoef Pulitzers of LPOTY's te wen nie, maar moet ten minste bruikbaar wees - geskik vir deel, of vir 'n "memory-jogger" vir jouself. Dit is in elk geval 'n bonus - enige verskoning om buite te wees!

Ek het nou die dag nogal so by myself gedink: Met fotografie is die speelveld gelyk, niks staan in 'n mens se pad om 'n goeie foto te neem nie, jy word slegs beperk deur jou eie kreatiwiteit. Wat 'n voorreg om ons wonderlike stokperdjiie te kan beoefen en elke keer op soek te wees na daardie een asemrowende foto.

BAie goed gestel GAbriel - ek en die voëls is goeie voorbeeld van herhaling maar ek het nog nie die perfekte meeu, reier of wat ookal afgeneem nie. Ons sit min of meer 6 ure langs die water en wag vir "daai perfekte" een. Intussen moet mens maar in oefening bly en neem wat vir jou gegee word.

Dankie vir deelname Willie,Dine,Johan en Pieter. Pieter dit is die geduld waarvan ek lank gelede met jou gesels het, Net aan hou my maat mens merk dit nie altyd nie maar daar is met elke foto verbetering. 

Gabriel,

My mening: Nog 'n wolk, nog 'n boom, nog 'n bok, nog 'n son wat sak, nog 'n volmaan, nog 'n berg... en so kan ek aangaan.  Waarna soek die fotograaf wat sommer net nog 'n foto plaas?  Ek weet nie?

Met toegang tot letterlik duisende foto-idees op die web, kan mens elke liewe dag nuwe idees kry as joune vashaak by nog 'n boom, bok, blaar of wat ook al.

Dit sluit dalk ook aan by die kommentare wat ek lewer.  Ek het al sewe sulke bome gesien die week.  Ek lewer nie kommentaar nie. 

Nog 'n foto van die hairy field spider! Is daar niks anders om af te neem nie, en hier praat ek van my eie foto's...

Soek die fotograaf regtig na die een uit 'n duisend boom, of skiet hy/sy maar net nog 'n boom?

Of mis ek heeltemal die doel van FotoSKOOL?  Is dit nie juis om die deelnemers aan te moedig om te gaan soek na die beste boom, bok, of berg nie...

Dis in elkgeval so frustrasie om te moet wag dat die kommentaar deurgaan, dat ek selde meer probeer om kommentaar te lewer.  (Ek het 'n 8 meg fibre lyn, met 120 gig data tot my beskikking, so ek dink nie die probleem lê by my toerusting nie, so terloops.)

Nie seker waar ons gaan eindig nie, maar ja, die sluiterspoed raak al hoe stadiger...

Groetnis

JJ

Dankie JJ jy slaan die spyker op die kop die soeke moet altyd na die beste van alles wees. Ek het eintlik net  na die werklike ikone verwys wat so dikwels afgeneem word en net so dikwels afgemaak word, en die onvermoe om fotos van fotografie te ondersky, ek dink nie ek hoef jou  n verduideliking te gee nie, maar dit is die foto waarin  n mens kan sien die fotograaf het n ekstra poging aangewend om iets van die foto te maak, wat dan die foto uitlig as iets meer as net n mik en druk skoot. Die redelike ervare fotograaf sal die verskil onmiddelik optel.Ek het nogal jou opbouende kommentare gemis!!

JJ nadat jy save gedruk het kan jy refresh druk wat die krit onmiddelik laat deurgaan.   Groetnis

'n Lekker oop gesprek. En ja, ek dink self gereeld oor al hierdie dinge. Het al met Hennie gesels daaroor dat ons Fotoskool dalk heeltemal oorplaas na Facebook - tog is daar iets in die "gees" van fotoskool wat ek nie op die facebook groepe ervaar nie. Weet nie wat julle dink nie?

Dankie vir jou inset igno. Ek is nie n voorstander van sosiale webwerwe nie. Dan hou ek liewer by FS. Groete  

Reply to Discussion

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html