Igno - ek het dit nou al so paar keer afgeneem en die volgende werk nogal goed. Onthou net daar is geen harde en vaste reël nie, maar eksperimenteer gerus. Lees ook die skakel wat Igno gepos het om die agtergrond te verkry
Driepoot - vanselfsprekend
Kamera op Bulb mode met 'n kabel release
Omrede die kamera op manual is, die Aperture op f11
Kamera in RAW mode vir verstellings agterna (soos oorbeligting ens),maar JPG sal ook werk indien jy nie gemaklik is met RAW nie.
ISO - 400 (indien dit te veel noise kan veroorsaak in ouer kameras, probeer dan ISO 200 met f8)
Wyehoek lens op so 24-50mm en op manual fokus(NB). 'n Lang zoom-lens werk glad nie hier nie tensy jy ver van die vuurwerk af sit.
Stabilizer afgeskakel
Kamera in Portret of vertikale orientasie omrede die vuurwerke eintlik boontoe geskiet word
Fokus op 'n helder lig of voorwerp in die verte of stel die fokus op die eerste strepie van die Infinity merk op die lens. Probeer die fokus stel voor die vuurwerk begin en dit donker is
Wanneer die vuurwerke geskiet word hou die shutter (remote kabel release) oop vir so 2-3 sekondes. Eksperimenteer gerus met die tyd, maar ek het bevind dat 4-5 sekondes meestal te lank is.
Vir die wat waagmoedig is probeer gerus die zoom effek tydens die tyd wat die sluiter oop is. Wees net versigtig om nie die kamera te beweeg nie
Kyk elke keer op die kamera skerm of jy nie te laag of te hoog mik nie en verstel ooreenkomstig. Moet nie na elke foto verstel nie want dan gaan jy die heel tyd verstel - mens kry nogal 'n gevoel waarheen jy die lens moet mik.
Dit is nogal bevredigend en soms moeilik om 'n suksesvolle foto hier te verkry. Neem baie fotos en geniet dit