Ai, voel ek nou soos die gedig, koud is die windjie en skraal, soos die van n meisie in haar liefde verlaat. ....
Sedert ek my bank se "sekuriteitsding van IBM geïnstalleer het wéier my komper om te kompete.
Vertel vir my dat my DNS verkeerd is. Met my ouers in die graf weet ek nie waar om ánder te kry nie. Het hoeka van doektyd af al geglo ek is aangeneem.
Dan het ek glo ook nié n proxy vir een of ander vergadering nie.
Is dit dalk omdat ek dreig om my aan n boom by die Unie-gebou te gaan ketting tót die Prez uit Nkandla, mét sy nuwe straler daar op die grasperk kom land en my die bewys van die EFT gee?
O, ja, blykbaar is my konneksie n probleem.
Mense, hoé kom mens ín by No 1?
Alle grappies op n stokkie en vergewe tog álle typo's, ek krabbel vanaf my foon.
Fotoskool het my verwerp (almal haat my en niémand het my lief nie :) ), ek kan bloot ingaan op FS en my fotos sien. Dis ál.
Het gister via n e-pos n foto probeer plaas maar sien ook dit word iewers ge sensor.
Ja, my rekenaar gee erge probleme. Uncle het hom intussen der disnis geval toe ek in Pretoria was met my hofdinge wat op die 5de in Pretoria plaasvind.
Ja, it never rains, but pours.....
Is daar dalk iemand wat kan help?
Daar word ook op my komper gevra dat ek my IME of so iets moet gee.
Dis heeltemal te veel op een slag!
I and me op n keer? Wie moet dan die werk tuis behartig?
Hjeeeeejjjeeelllppppp ASSAMBLIEF! SOMMER N BANJA GROOT ASB. 0724312808 of 0747453212. Ek is n damsel in distress. En wraggies vertel "predictive spelling" vir jul ek het n rok aan! Hy lieg. Ek is snoesig in my sweetpak!

Views: 129

Reply to This

Replies to This Discussion

Engela, slim met rekenaars is ek nie. Op fs het ek ook al gesukkel, as ek oopmaak weier hy want konneksie nie privaat nie.   Het dit nie iets met jou sekuriteits settings te doen nie?

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html