Vir die wat eergister na my foto van die zebras gekyk het baie dankie. Ek het die zebra foto n tydjie gelede vir n kompetisie ingeskryf . Ek skryf gereeld in vir die kompetisies met nogal redelike sukses.  Hier is die uitslag van die zebra foto, wat ek toevallig gister ontvang het.Relatief gesproke is ek baie tevrede met die uitslag.Ek gee die uitslag net om  vir die van julle wat nie op die internasionale blaaie aktief is nie te wys watter getalle daar  meeding. Die standaard van die wen fotos is net ongelooflik.Die beste wat ek nog gevaar het was om in die top twintig finaliste te eindig.

“Social Exposure Photo Contest Vol 20 gabriel_parsons_3363, fun, isn't it?
Your photo is in the top 10% most voted.
Your photo was placed ahead of 325,518 submissions. “

 As n mens die sommetjie doen dan is dit in die omgewing van  365000 inskrywings. Nou watse kans het n gewone aard bewoner soos ek om te wen? Dit is egter lekker om te probeer. Mooi bly en lekker kiek Gabriel

Views: 65

Reply to This

Replies to This Discussion

Gabriel baie geluk, ek is geensins verbaas nie, want ek weet dat jy al die kleiner belangrike dinge van fotografie ken en in jou foto's toepas. Dit is fantasties....doen so voort en ons waardeer jou as mede Fotoskoler, asook dat jy jou kennis met ons deel. Groete Willie.

Ek het sommer gesien daardie is 'n wenfoto Gabriel.. Geluk. Ek het darem ook so enetjie al op die kerfstok.. by dieselfde een wat jy op is.

Baie geluk Gabriel, dit is sekerlik 'n lekker gevoel om 'n top foto te hê tussen soveel inskrywings!

Ek is baie geinteresseerd in die inligting wat jy gegee het by die Afskeid foto wat ek geplaas het wat ek by die Vrouemonument geneem het. Waar kan mens meer lees oor die perd se pote wat in die lug geplaas word wanneer die ruiter gewond is of gesterf het. Ek wonder ook is dit 'n internasionale standaard wat beeldhouers nakom? Sal enige inligting oor die saak waardeer.

Fantasties en welverdiend!

Dankie Willie,Anita, Rika sn Dine. Rika as jy meer wil lees oor die tradisie van perde en hul  monumente kan jy  "Horse statue Facts "  Google  Daar is baie geskryf oor die geskiedenis van perde beelde en ek is seker jy sal dit baie interessant vind Mooi Bly.

Gabriel

Dankie vir die terugvoer. Sal gaan kyk wat daar alles is op Google oor die Perde-standbeelde. Groete



gabriel parsons said:

Dankie Willie,Anita, Rika sn Dine. Rika as jy meer wil lees oor die tradisie van perde en hul  monumente kan jy  "Horse statue Facts "  Google  Daar is baie geskryf oor die geskiedenis van perde beelde en ek is seker jy sal dit baie interessant vind Mooi Bly.

Ek sien nou eers hierdie een Gabriel. Veels geluk. Op watter platform het jy dit geplaas?

Josef ek het die foto op Die View Bug blad geplaas, Wat ek hier wil weergee is die syfers. Die aktiewe lede wat aan die kompetisies deelneem is fenomenaal. Besoek gerus my blad gabriel_parsons_3363 View bug as jy n geleentheid kry.

Josef Steyn said:

Ek sien nou eers hierdie een Gabriel. Veels geluk. Op watter platform het jy dit geplaas?

Goed gedoen Gabriel!

(Ek het so rukkie gelede by Gurushots gewen ook met die zebras)

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html