Vir die wat eergister na my foto van die zebras gekyk het baie dankie. Ek het die zebra foto n tydjie gelede vir n kompetisie ingeskryf . Ek skryf gereeld in vir die kompetisies met nogal redelike sukses.  Hier is die uitslag van die zebra foto, wat ek toevallig gister ontvang het.Relatief gesproke is ek baie tevrede met die uitslag.Ek gee die uitslag net om  vir die van julle wat nie op die internasionale blaaie aktief is nie te wys watter getalle daar  meeding. Die standaard van die wen fotos is net ongelooflik.Die beste wat ek nog gevaar het was om in die top twintig finaliste te eindig.

“Social Exposure Photo Contest Vol 20 gabriel_parsons_3363, fun, isn't it?
Your photo is in the top 10% most voted.
Your photo was placed ahead of 325,518 submissions. “

 As n mens die sommetjie doen dan is dit in die omgewing van  365000 inskrywings. Nou watse kans het n gewone aard bewoner soos ek om te wen? Dit is egter lekker om te probeer. Mooi bly en lekker kiek Gabriel

Views: 141

Reply to This

Replies to This Discussion

Dankie  vir die navraag werner.  Jong dit is n bietjie van n lang storie om te verduidelik Die beste is om aan tesluit wat jou niks kos nie en dan stap vir stap verder te gaan Maar die die beginsel is dat jy punte kry vir elke ding wat jy doen en daar is n groot verskeidenheid.  Dit ly jou na jou stand in die blad soos Gold, VIP  ens. Jy sal daarvan te wete kom sodra jy lid is. Wat jy seker soek is om aan die kompetisies deel te neem. Wel daar is twee dele een is die ggewone kompetisies en dan is daar die ‘’Çhallenges” Baie eenvoudig om deel te neem nie so eenvoudig om te wen nie. Wat lekker is, is dat jy erkenning kry vir goeie fotos, hetsy van jou “piers”of van die beoordelaars. Dit is lekker pret sien jou daar!         Gab

well done gabriël!!

Dankie Gabriel,

Het nou 3 fotos daar op het 6 "peer" toekennings gekry.

Waardeer

Gabriël, baie dankie vir die inligting; veels geluk en baie dankie vir jou aandeel in Fotoskool; groot voorreg om te leer by julle wat selfs internasionaal deelneem.

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html