Ek het onlangs ge"upgrade" na my eerste DSLR - 'n Nikon D3100 en wil nou vir my 'n flits koop vir die kamera, wat is julle aanbevelings? Onthou asb die ekonomiese omstandigde.

Views: 235

Reply to This

Replies to This Discussion

Baie dankie Jan gaan dit beslis ingedagte hou
Hi Gerhard

Ek het onlangs vir my die SB-900 gekoop, maar het het my 'n arm en 'n been gekos. Maar ek is baie tevrede met hom. Ek het 'n Nikon D90. Ek het die SB-600 oorweeg, maar ek dink nie jy kan hom in die slave posisie gebruik nie. Ek het my SB-900 van oorsee ingevoer vir sio R4300

Ek sal die Nikon SB-600 aanbeveel. Jy kry hom vir so R2800 by meeste winkels. Ek het self een en hy werk rerig fantasties!

 

Vir so R200 na R400 meer (afhangende waar jy koop) kan jy die SB-700 kry. 'n Baie beter koop as die SB-600 want jy kry soveel meer uit die flits. Hy kan as 'n "command" ook werk om ander flitse te beheer (aka CLS) en hy het ook 'n optical slave. Nog 'n bonus is die kleur filters wat jy saam die SB-700 kry. 'n Orange een om warm sonlig ne te namaak en 'n groen een om florescent tube ligte te balanseer as daai tipe lig in die omgewing is.

 

Ek sal rerig die SB-700 aanbeveel, jy kry soveel meer saam die flits as enige ander 3rd party flits maak en jy het die moedsgerus weetende jy het 'n Nikon produk wat jy nie sommer in die steek sal laat nie.

In soverre ek kan uitvind is die beste kopie (vir Nikon) as jou begroting goed is die SB900, en dan, as jou begroting dit nie toelaat nie die SB700. Wat ek wel kan byvoeg is dat 'n eksterne flits seker een van die wonderlikste stukkies toerusting is wat mens kan aanskaf!
Wat van Canon? Enige iemand raad daar? ek het n Canon 400D.
Hi Karen Ek het 'n Canon 1000D ook en het vir my daai tyd 'n Canon Speedlite 430 EX ll gekoop wat ek baie tevrede meer is. Ek speel nou egter met my nuwe Nikon D90 en sy SB900 flash. Die Canon se gelyke vir die SB900 is Canon Speedlite 580 EX ll Jy kan op BidorBuy.co.za kyk die 430 gaan vir so +- R2500 en die 580 vir so R3995

Karen

 

Vir die Canon flash modelle as volg :

Soos Jan hierbo genoem het, is dit 'n sterk oorweging om 'n flash te koop wat 'n slave funksie het. Om die flash los van jou kamera te kan trigger is 'n groot bonus.

 

Daar is verskillende maniere en ek kan dalk 'n blog daaroor skryf later

 

Canon het huidiglik verskillende flash modelle. Onderaan die lys is die 270EX model vir ongeveer R1200-R1300. Hy kan nie slave nie, maar sy flash kop kan slegs effens boontoe verstel vir "bounce". Canon het egter sopas die 270EX Mk2 vrygestel wat wel kan slave.

 

Dievolgende model is die 430 EX Mk2 soos genoem deur Jannie. Maar ook die model is sopas vervang deur die Mk3. Hy kan ook net slave en daren ten volle sy kop verstel. Die prys hier is ongeveer R2500.

 

Om die flashes te kan slave moet jy 'n master "trigger" hê. Die enigste Canon kameras wat dit vanaf die kamera kan doen is die 7D en die 60D. Vir die ander kameras moet jy Canon se STE2 transmitter koop teen ongeveer R2500 of die duurder flash model 580 EX2. Dit is egter baie duur op die manier want jy "mors" 'n flash net om seine uit te stuur.

 

Ook kan jy met enige van die Canon flashes 'n kabel gebruik wat vanaf die kamera na die flash gaan, maar selfs hy kos sowat R600 !

 

My aanbeveling sal ook wees begin eerder met die 430EX2 of EX3 en werk van daar af op. Ten minste het jy dan 'n kragtige flash wat jou lank gaan hou en later geslave kan word indien nodig.

beste charles

 

en pentax? 

 

(klink na: et tu, brute?)

 

ek neem met pentax, en dit lyk my die flash-oes is maar skraal...

GJG

 

Ek is nie eintlik op hoogte met Pentax nie, maar ek dink ook die oes is bietjie skraal ....

 

Google bietjie vir Pentax flash - daar moet inligting wees.

 

Baie van die derde party vervaardigers soos Metz het compatable modelle vir alle kameras. Kyk gerus ook na Metz. Metz is ook geredelik beskikbaar in Siud Afrika en 'n betroubare maak. Ek weet nie of TTL flash vir jou belangrik is nie, maar indien wel moet jy seker maak die flash is TTL versoenbaar

Metz vervaardig baie goeie flitse! Omtrent al hulle modelle het TTL en slave funksies.

 

Ek het vergeet om by te las, die SB-700 kan ook as 'n slave flits werk.

 

Phottix het 'n nuwe flits beskikbaar gestel wat binnekort in S.A gaan beskikbaar wees deur www.camerastuff.co.za. Die reeks van flitse lyk baie belowend!

 

Net vir ingeval enige iemand 'n bietjie plak sak is en nie rerig omgee oor TTL nie kyk gerus na die Yong-nuo YN-460II vir R980.  http://www.camerastuff.co.za/shop/camera-stuff/flash-stuff/hotshoe-...

Die YN-560 is veel meer sterker, het 'n slave funksie en kan TTL leesing doen vir net R1499. http://www.camerastuff.co.za/shop/camera-stuff/flash-stuff/hotshoe-...

 

Die flitse is nou nie van die hoogste gehaalte nie maar hulle word deur duisende mense gebruik, veral jou "strobist". Ek wil self vir my een of twee van die YN-560's kry vir my studio om die agter grond te belig.

Charles Ek dink dit sal baie gaaf wees van jou as jy vir ons 'n blog kan skryf. Dan kan ons almal leer. Dankie vir jou bereidwilligheid om jou kennis so met ons te deel . Waardeer dit baie

Jannie

Charles Whitehead said:

Karen

 

Vir die Canon flash modelle as volg :

Soos Jan hierbo genoem het, is dit 'n sterk oorweging om 'n flash te koop wat 'n slave funksie het. Om die flash los van jou kamera te kan trigger is 'n groot bonus.

 

Daar is verskillende maniere en ek kan dalk 'n blog daaroor skryf later

 

Canon het huidiglik verskillende flash modelle. Onderaan die lys is die 270EX model vir ongeveer R1200-R1300. Hy kan nie slave nie, maar sy flash kop kan slegs effens boontoe verstel vir "bounce". Canon het egter sopas die 270EX Mk2 vrygestel wat wel kan slave.

 

Dievolgende model is die 430 EX Mk2 soos genoem deur Jannie. Maar ook die model is sopas vervang deur die Mk3. Hy kan ook net slave en daren ten volle sy kop verstel. Die prys hier is ongeveer R2500.

 

Om die flashes te kan slave moet jy 'n master "trigger" hê. Die enigste Canon kameras wat dit vanaf die kamera kan doen is die 7D en die 60D. Vir die ander kameras moet jy Canon se STE2 transmitter koop teen ongeveer R2500 of die duurder flash model 580 EX2. Dit is egter baie duur op die manier want jy "mors" 'n flash net om seine uit te stuur.

 

Ook kan jy met enige van die Canon flashes 'n kabel gebruik wat vanaf die kamera na die flash gaan, maar selfs hy kos sowat R600 !

 

My aanbeveling sal ook wees begin eerder met die 430EX2 of EX3 en werk van daar af op. Ten minste het jy dan 'n kragtige flash wat jou lank gaan hou en later geslave kan word indien nodig.

Gerhard

Persoonlik gesproke is ek iemand wat nie baie erg het aan "derde party" toerusting nie. Ek is ongelukkig(vir my sak) baie lojaal oor die handelsmerk waar mee ek afgeskop het - my advies is dus om by die Nikon flitse te bly. Die SB 800 en die nuwer SB900 is uitstekende flitse en wat ek uit die literatuur lees tel hulle onder beste beskikbaar. Ek het weet ook dat Metz n goeie reputasie het maar my keuse is "soort by soort". Alhoewel die SB 900 dalk as n "professionele" flits gesien word, glo ek dit gaan nie lank wees voordat jy jou kamera gaan opgradeer nie. Om dus nou n swak keuse tov die stukkie toerusting te maak, is gewoon net iets wat jy in die nabye toekoms gaan berou.

Ek weet nie waar jy woon nie, maar gaan kyk op die webruimtes van Outdoorphoto en ook Kameraz wat winkels in oa Pretoria en Johannesburg het. Beide van hulle het tweedehandse afdelings en soms is n ou gelukkig om daar n goeie winskopie raak te loop. Beide van hierdie winkels bied goeie en betroubare naverkoop diens aan.

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html