Dag se fotoskool vriende:  aan Gerrie

 Gerrie

 na aanleiding wat jy nou onlangs geskryf het oor automatiese verstelling van jou kamera sal jy miskien ander menings daaroor waardeer.

Reg of verkeerd ek gebruik net hand verstellings waneer my kamera op n driepoot is en ek baie tyd to my beskikking het ,om onder andere toets fotos te neem.

Ek het in die afgelope drie jaar letterlik  duisende fotos van voels  geneem. My sukses tempo vas heeltemal bevredigend en raai wat? almal met n automatiese  verstelling .Met voels wat van lig na skadu vlieg en wat dikwels net vir n oomblik stil sit is dit tydmors om met elke verandering jou kamera te probeer verstel.  Onthou n kamera  is n rekenaar en gaan vooraf deur strawwe toetse. Dikwels is die kamera se berekening veel skerper as wat jy kan waarneem om die handverstelling  te doen. Terloops ek het net oor die tweeduisend   van die voel fotos behou vaarvan ongeveer 250 verskillende spesies is.  Ek is nogal trots op my versameling!

My stellings wat ek maak is dus uit ondervinding geleer en is nie hoorse nie.

As ek mag raad gee, dit is uiters belangrik om  die tegniek van handverstellings so gou en so goed as moontlik onder die knie te  probeer kry. Daar kom n tyd waar jy nie daarsonder kan verby kom nie. Van my mees suksesvolle fotos soos watervalle,vuurwerke en see tonele is met handverstellings gedoen.

Die volgende is n stukkie wat ek raakgeloop het wat deur n profesionele fotograaf geskryf is.

 1. Always Using Manual Mode

One common misconception and photography mistake is the belief that professional photographers always use the manual mode, and therefore it is also useful for all photography, right?

First, professional photographers don’t use the manual mode every time. They use it when it benefits them, but they also choose an automatic mode when conditions are changing rapidly and would mean adjusting the camera settings too often. The automatic modes that come with the camera are already well developed and tested in the field. A lot of professional wedding photographers use them, as well as photojournalists.

Choosing the automatic modes allows you to focus more on taking the picture and waste less time to fiddling with your camera.

 FOTOSKOL SE SUKSES HANG VAN ONS DEELNAME AF. Ek hoor graag ander menings

Views: 121

Reply to This

Replies to This Discussion

Gabriel jy is in die kol met jou opmerkings. Alle modusse is noodsaaklik, anders sou Aperture Priority en Manual modusse op die kamera voldoende gewees het. Daar kom, soos jy tereg sê, tye wat die ander modusse handig te pas kom en die kamera self al die funksies doen. Vir my gaan dit egter oor waar jy spesifiek beheer oor die situasie het en jy die beste uit jou kamera wil haal, soos ek aangehaal het uit my Forum bydrae oor Fyn Kuns, waar jy nie hoef te jaag en jou beplanning op jou tyd kan doen en sodoende jou fotografie net daardie klein stappie verder kan neem. Fotografie bied baie uitdagings, om te eksperimenteer is vir my belangrik, want so leer ek ook my kamera en kan bepaal wat werk die beste, maar die belangrikste is om dit te geniet, dit is immers net ñ stokperdjie!! ( so glo ek vir die meeste Fotoskolers ).  Ek stem ook met jou laaste opmerking saam, naamlik dat Fotoskolers ook meer aktief moet deelneem aan forum gesprekke, want só ons kan net van mekaar leer. Dankie.   

Baie dankie Gabriel.  Ek het nou baie gemoedsrus gekry.  Ek stem saam met jou dat daar nie altyd tyd is om Manual verstellinngs te maak nie.  Ek moet erken dat ek nog glad nie veel met myne rond gespeel het nie.  Die tyd is kosbaar en so min.  Instede van net leer wil ek net speel LOL.

Baie dankie Gabriël;  wat 'n heerlike voorreg om by julle te kan leer.

As ek leeu se kind onverwags raakloop; dan staan outomaties voorop!!

Fotografie is vir my 'n heerlike stokperdjie;  die verskillende verstellings en vele ander fotografie-wenke help hopelik om my grysstof helder te hou.

Die P op my stelknop staan vir Professional... Alhoewel ek 99% van die tyd op A skiet.

Die modusse is soos goeie wyn.  Dis gemaak om gebruik te word! Moenie die bottel wegbêre nie, geniet dit!  Moet dus ook nie die modusse ignoreer nie, gebruik hulle!

 

Baie dankie Gabriël, Willie, Rita, Tina en JJ.

Ek lees met aandag wat julle hier meedeel.  Ek moet darem sê met my weerligstraal foto het ek my kamera vooraf op Vuurwerke gestel en nie eers geweet of ek moet nie, en daar kry ek die geluk. Omdat ek dikwels soggens vroeg of saans sonsak tyd by die see foto's neem toets ek tog van die verstellings. Van Iso en F stoppe weet ek niks, kamera doen dit sommer. ☺.  Ek is nou op die stadium van my lewe waar ek my fotografie geniet en my kamera stel my nie teleur nie. Dankie vir lekker maters op Fotokool.  Groete.

Gerrie ek dink jy slaan die spyker op die kop. Werk waarmee jy gemaklik is en geniet dit! Bly net lekker kiek     Gabriel

Gabriel, dankie dat jy dit aanroer.  Dink almal kan nou met geruste hart enige verstelling, wat vir hul werk, gebruik.

Gaan die bietjie kyk en be-oefen GAbriel - het nie daaraan gedink nie het maar op manual vasgehak - dankie

Vir landskapfotos onder ideale omstandighede (driepoot, rustig-met-tyd-op-hande, 'n whisky iewers in die nabye toekoms) - ononderhandelbaar en  loshande manual (ek is glad nie gelukkig met my kamera se Auto-hantering van landskappe nie - en dis 'n goeie kamera!). Dit sluit ook manual fokus in.

Op 'n hike of klim, haastig, moeilike terrein en geen tyd of draplek vir 'n driepoot nie - Aperture Priority, met Exposure compensation soos nodig. En outofokus. Lugskoue - Shutter Priority en outofokus (vir baie ooglopende redes...) Straatfotografie - Aperture of shutterpriority, afhangende van wat jy beoog met die foto en bewegende elemente aanwesig/afwesig.

Basies vra ek myself af - wat is die ideaal? wat is die veranderlikes wat maak dat ek van die ideaal moet afwyk, en hoe kan dit gedoen word met die beste moontlike resultate.

Ek stem saam - doen wat vir jou werk en lekker is, maar hou jou oor teen die grond en hou nooit op leer nie. 

Dankie Dine Alhoewel my benadering geringe verskille met joune toon kan ek gemaklik saamleef met wat jy se. Jy mag vra wat se verskille? wel ek kan nie meer baie ver Hike op my ouderdom nie.Helaas......... Dankie vir die bydrae  Gabriel.

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html