Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Hallo Almal,
Baie mense vra oor die diens of herstel van kameras in Bloemfontein. Ek het die volgende e-pos ontvang. Ek ken nie die besigheid nie, maar ek voel tog om hulle aan julle bekend te stel deur hulle inligting hier te gee.
Indien julle van hulle dienste gebruik maak, gee gerus terugvoer...
Hier is hulle info:
I
CAMERA RANGE - Service and parts on Canon, Nikon, Sony, Pentax, Panasonic, Samsung, Olympus, Casio, Fujifilm MOST MAKES for "Compact" AND (d)SLR camera types.
LENS RANGE - On the Lens range Olympus, Tamron, Pentax, Canon, Nikon, ect (POA on Carl Zeiss, Leica) optics.
PROJECTORS - We also service Projectors and offer parts (lamps, colour wheels, boards ect) of most types and brands.
If you wish to book a service or repair please ensure the following:
Compact & dSLR Cameras must include USB Cable, Battery, Charger or Charger Cable, Memory, Lens & (Body) Caps.
Lenses must have caps and mount caps. (refer to term no.7 below)
Projectors must include the remote.
Our services include tests to accessories so please advice if you use other equipment which need testing.
***Ensure memory is backup - Please advice if not so we can make the copy***
Estimated Charges for Camera, Projector & Lens Repairs:
R115.00 - Minimum fee "Compact" / Projectors (non-professional camera equipment),
R300.00 - Minimum fee (d)SLR Camera bodies and one(1) attached lens,
R80.00 - Additional lens / Cleaning (Lens inspection and cleaning of outside optics, camera bodies, ect),
R120.00 - Sensor (CCD / CMOS) blowouts (If blowout fail to correct image, full service will be advice. Cleaning of sensors are not 100% guaranteed due to filters / layers in front on the sensor).
R 150.00 - Insurance reports, fault/error inspection, rejection fee (All makes / Models).
Quotes are in itemized format.
Terms or Repairs
1. Typed quotes will the send via email of fax,
2. All deposits are irrecoverable. Deposit of 50% OR Minimum R250.00 on accepted quotation/s,
3. Buy-Back on un-repairable items,
4. All Deliveries outside Bloemfontein are excluded,
5. Governmental taxes are excluded,
6. All repairs are NON-Warrantee and all cost to the customer.
7. Equipment are subjected to the repairers terms. We regret any liability for theft, fire, mishandling, lost of data, any damage occur outside of our expertise from time of collection until delivery. We advice customers to insure the equipment with a insurance institution.
8. Feedback must be send within 3 days from date of quote. (Accept / Reject).
9. Quotes valid for 7 days.
10. Three(3) month warrantee on workmanship. Replacement of electronic components are excluded.
11. Repairs may take up to 14 days from collection. Standard repair time + - one 1) day.
You are welcome to post online or email any concerns, advice and booking to tech@alectron.co.za (Cell: 083 860 4900)
Have a nice day.
Kind Regards,
Koeta Fourie - Alectron -Electronic Repair Services
Coordinator
Tel Direct: 086 1114 927 (SA ONLY) +27 (0)51 5222 943(Local) Fax: 0866596 147 (SA ONLY) Mobile: +27(0) 83 7488 927
Postal: PO Box 12432, Brandwag, 9324
Tags:
Permalink Reply by Isoldé Laesecke on May 1, 2012 at 3:37pm Ek is 29 Mei 2012 in Bloemf. en sal met hulle kontak en laat weet hoe hulle dienste is. Baie dankie!
Permalink Reply by Isoldé Laesecke on May 1, 2012 at 4:11pm PS: is dié goeie pryse? (Kompeterend)
Permalink Reply by Isoldé Laesecke on June 1, 2012 at 10:51am Hi almal - soos belowe gee ek terugvoering oor my besoek aan Bloemfontein en die gebruik van Koeta Fourie se dienste.
My kamera moes uitgeblaas word en hier wil ek noem dat my man met groot moeite vir my die kamera net 'n maand gelede by Sony in JHB besorg het vir 'n uitblaas. Ek was nie gelukkig met die afgeskeepte resultaat nie. Ek het na aanleiding van bogenoemde skrywe met Koeta gekontak om te verneem of hy vir my sal kan help en dan wil ek noem dat ek dit aan die man benadruk het dat ek die kamera onder geen omstandighede in Bloemfontein agter sal laat nie. M.a.w ek wou die kamera met 'n een-dag-diens weer saam terug bring. Ek het ook aan Koeta verduidelik dat ek nie heeltemal met Bloemfontein vertroud is nie en dat ek 'n baie dol oggend met 'n klomp afsprake gaan hê. En om dinge nog meer gekompliseerd te maak wil ek ook nie in die donker terug ry Bethlehem toe nie.
Koeta het die volgende gedoen:-
- per e-pos vir my 'n PDF-file met 'n straatkaart van waar hy bly gestuur. Toe ek vir hom laat weet dat dit vir 'n vrou wat so bietjie rigtingloos is, nie veel beteken toe is die man nog meer akkommoderend.
- Hy het my ingewag in Bloemfontein by my eerste afspraak van die oggend. Met 'n groot spoed was ek laat (paaie is mos nie meer wat hulle was nie) en moes vinnig vir hom weereens mooi verduidelik dat ek die kamera saam terug wil neem. Hy is daar weg met my kamera met die belofte dat hy die kamer vir my sal reg hê na ek my laaste afspraak na gekom het.
- Net so terloops vra ek hom ook oor UV-filter vir my een lens.
- Na my laaste afspraak van die dag het dié man WEEREENS na my toe gekom en nie net 'n SKOON kamera veilig aan my terug besorg nie, maar 'n UV-filter gekoppel aan my lens aan my terug besorg.
Mense die man het letterlik agteroor gebuig om my te akkommodeer! Ek het foto's kom neem en my kamera is pragtig skoon en die filter werk soos 'n droom. Koeta is lus vir besigheid en skroom hy nie om vir mens moeite te doen nie. Ek kan hom met 'n oop gemoed aan almal van julle aanbeveel!
Baie dankie Koeta!
Groete, Isoldé Laesecke
Permalink Reply by Igno van Niekerk on June 2, 2012 at 11:45am Dit is wonderlike terugvoer, Isolde! Koeta, as jy dalk hier lees - baie dankie vir jou ongelooflike diens aan die fotografiese gemeenskap. Groete, Igno
Permalink Reply by Elizma Fourie on June 2, 2012 at 7:21pm So ons moet Koeta se nommer goed wegbere.
Permalink Reply by Stephen Fouche on June 8, 2012 at 4:34pm
Permalink Reply by Charles Whitehead on June 9, 2012 at 10:32am
Permalink Reply by Stephen Fouche on June 9, 2012 at 10:37am Vreeslik baie dankie vir jou raad Charles ;-) het die raad van die wasem en die oorstokkie op die internet gekry,en die ou het nogals self gese dat die vesels op 'n oorpluisie sag genoeg is,dat dit nie sal krap nie.
Permalink Reply by Stephen Fouche on June 9, 2012 at 10:43am Baie mense bring kameras in vir skoonmaak en besef nie die tyd en fyn detail wat gevolg moet word tydens die' proses nie.
Die CMOS sensor (filters) is baie sensitief vir skade. Daar is filters voor die sensor wat direkte skade kan keur maar dit is ook duur om te vervang.
Die vraag is, is die fotos wat jy neem vuil, het dit kolle op OF is dit wat jy deur die viewfinder sien? Die stof wat jy deur die viewfinder sien is NIE die probleem nie. Daar is 'n ander skoonmaak proses vir dit.
Die beste wat ek aanbeveel is dat jou kamera battery vol is tydens "sensor cleaning mode". Gebruik geen skoonmaak oplossing nie. Vir selfdoen mense is 'n goeie blower en sensor pen 'n moet he in jou kamera sak. Daar is ook ander goedjies wat jy kan aanskaf soos Loupe, swaps, brush, sensor fluid ens.
Soos Charles genoem het, hou die kamera amper onderste bo tydens die skoonmaak ingeval iets inval of in is wat kan uitkom.
BAIE BELANGERIK - As jou battery oud is of jy perongeluk die aan/af skakelaar druk tydens die sensor skoonmaak sal permanente skade aan die "shutter" voorkom. (Dit is as jy besig is op die oppervlakte van die sensor)
Permalink Reply by Stephen Fouche on June 21, 2012 at 1:16am © 2013 Created by Igno van Niekerk.