Hallo Almal,

Baie mense vra oor die diens of herstel van kameras in Bloemfontein. Ek het die volgende e-pos ontvang. Ek ken nie die besigheid nie, maar ek voel tog om hulle aan julle bekend te stel deur hulle inligting hier te gee.

Indien julle van hulle dienste gebruik maak, gee gerus terugvoer...

Hier is hulle info:

 

I

CAMERA RANGE - Service and parts on Canon, Nikon, Sony, Pentax, Panasonic, Samsung, Olympus, Casio, Fujifilm MOST MAKES for "Compact" AND (d)SLR camera types.

LENS RANGE -    On the Lens range Olympus, Tamron, Pentax, Canon, Nikon, ect (POA on Carl Zeiss, Leica) optics.

PROJECTORS - We also service Projectors and offer parts (lamps, colour wheels, boards ect) of most types and brands.

 

 

If you wish to book a service or repair please ensure the following:

 

Compact & dSLR Cameras must include USB Cable, Battery, Charger or Charger Cable, Memory, Lens & (Body) Caps.  

Lenses must have caps and mount caps. (refer to term no.7 below)

Projectors must include the remote.

 

Our services include tests to accessories so please advice if you use other equipment which need testing.

 

***Ensure memory is backup - Please advice if not so we can make the copy***

 

 

 

Estimated Charges for Camera, Projector  & Lens Repairs:

 

R115.00 - Minimum fee "Compact" / Projectors (non-professional camera equipment),

R300.00 - Minimum fee (d)SLR Camera bodies and one(1) attached lens,

 

R80.00 - Additional lens / Cleaning (Lens inspection and cleaning of outside optics, camera bodies, ect),

R120.00 - Sensor (CCD / CMOS) blowouts (If blowout fail to correct image, full service will be advice. Cleaning of sensors are not 100% guaranteed due to filters / layers in front on the sensor).

 

R 150.00 - Insurance reports, fault/error inspection, rejection fee (All makes / Models).

 

Quotes are in itemized format.

 

 

Terms or Repairs

1. Typed quotes will the send via email of fax,

2. All deposits are irrecoverable. Deposit of 50% OR Minimum R250.00 on accepted quotation/s,

3. Buy-Back on un-repairable items,

4. All Deliveries outside Bloemfontein are excluded,

5. Governmental taxes are excluded,

6. All repairs are NON-Warrantee and all cost to the customer.

7. Equipment are subjected to the repairers terms. We regret any liability for theft, fire, mishandling, lost of data, any damage occur outside of our expertise from time of collection until delivery. We advice customers to insure the equipment with a insurance institution.

8. Feedback must be send within 3 days from date of quote. (Accept / Reject).

9. Quotes valid for 7 days.

10. Three(3) month warrantee on workmanship. Replacement of electronic components are excluded.

11. Repairs may take up to 14 days from collection. Standard repair time + - one 1) day.

 

 

 

You are welcome to post online or email any concerns, advice and booking to tech@alectron.co.za (Cell: 083 860 4900)

 

 

Have a nice day.

 

Kind Regards,

 

Koeta Fourie - Alectron -Electronic Repair Services

Coordinator

 

Tel Direct: 086 1114 927 (SA ONLY) +27 (0)51 5222 943(Local) Fax:           0866596 147 (SA ONLY) Mobile:     +27(0) 83 7488 927

 

Postal:    PO Box 12432, Brandwag, 9324

Views: 596

Reply to This

Replies to This Discussion

Ek is 29 Mei 2012 in Bloemf. en sal met hulle kontak en laat weet hoe hulle dienste is.  Baie dankie!

PS:  is dié goeie pryse? (Kompeterend) 

Hi almal - soos belowe gee ek terugvoering oor my besoek aan Bloemfontein en die gebruik van Koeta Fourie se dienste.

My kamera moes uitgeblaas word en hier wil ek noem dat my man met groot moeite vir my die kamera net 'n maand gelede by Sony in JHB besorg het vir 'n uitblaas.  Ek was nie gelukkig met die afgeskeepte resultaat nie.  Ek het na aanleiding van bogenoemde skrywe met Koeta gekontak om te verneem of hy vir my sal kan help en dan wil ek noem dat ek dit aan die man benadruk het dat ek die kamera onder geen omstandighede in Bloemfontein agter sal laat nie.  M.a.w ek wou die kamera met 'n een-dag-diens weer saam terug bring.  Ek het ook aan Koeta verduidelik dat ek nie heeltemal met Bloemfontein vertroud is nie en dat ek 'n baie dol oggend met 'n klomp afsprake gaan hê.  En om dinge nog meer gekompliseerd te maak wil ek ook nie in die donker terug ry Bethlehem toe nie.

Koeta het die volgende gedoen:-

- per e-pos vir my 'n PDF-file met 'n straatkaart van waar hy bly gestuur.  Toe ek vir hom laat weet dat dit vir 'n vrou wat so bietjie rigtingloos is, nie veel beteken toe is die man nog meer akkommoderend. 

- Hy het my ingewag in Bloemfontein by my eerste afspraak van die oggend.  Met 'n groot spoed was ek laat (paaie is mos nie meer wat hulle was nie) en moes vinnig vir hom weereens mooi verduidelik dat ek die kamera saam terug wil neem.  Hy is daar weg met my kamera met die belofte dat hy die kamer vir my sal reg hê na ek my laaste afspraak na gekom het.

- Net so terloops vra ek hom ook oor UV-filter vir my een lens.

- Na my laaste afspraak van die dag het dié man WEEREENS na my toe gekom en nie net 'n SKOON kamera veilig aan my terug besorg nie, maar 'n UV-filter gekoppel aan my lens aan my terug besorg.

Mense die man het letterlik agteroor gebuig om my te akkommodeer!  Ek het foto's kom neem en my kamera is pragtig skoon en die filter werk soos 'n droom.  Koeta is lus vir besigheid en skroom hy nie om vir mens moeite te doen nie.  Ek kan hom met 'n oop gemoed aan almal van julle aanbeveel!

Baie dankie Koeta!

Groete, Isoldé Laesecke

Dit is wonderlike terugvoer, Isolde! Koeta, as jy dalk hier lees - baie dankie vir jou ongelooflike diens aan die fotografiese gemeenskap. Groete, Igno

So ons moet Koeta se nommer goed wegbere.

Soek raad asseblief ! Ek sien dat ek dust spots op my EOS 500D se sensor begin kry het. Ek het op die internet gelees dat mens dit kan verwyder deur saggies jou asem te blaas op die sensor,en dit dan skoon te maak met 'n oorpluisie in 'n zig-zag patroon. Weet iemand dalk of dit skadelik is,want ek sal dit self wil probeer.
Stephen bly asb weg van 'n oorpluisie op jou sensor ! Die vesels is hopeloos te grof. Gaan kry vir jou 'n sterk blower daar by Kloppers in George. Dis so rubberbol wat jy met die hand blaas. Singer in Jhb het sulke lekker groot blowers wat hulle vir jou kan bestel. Stuur ook groete vir Johan daar asb

Plaas jou kamera in manual clean sensor mode met die spieeltjie op en hou hom dan so met die lensopening na onder. Blaas goed uit. Kry ook vir jou 'n sensorclear pen by Kloppers. Hy het so sagte velt punt wat jy dan saggies oor jou sensor vee in een rigting op 'n keer. Blaas weer so af en toe uit met die blower. Normale stof sal so loskom. Indien daar bietjie taaiheid op jou sensor is het jy so bietjie meer van 'n probleem wat nou weer ander prosedures verg.

Net 'n tip vir almal wie se kameras selfskoonmaak sensors het. Hou die kamera parallel met die grond terwyl die sensor skoongemaak word. Onder die sensor is daar 'n taai-strip waaraan die stof vasplak. Die stof kan op ander plekke land indien dit nie so gedoen word nie

Vreeslik baie dankie vir jou raad Charles ;-) het die raad van die wasem en die oorstokkie op die internet gekry,en die ou het nogals self gese dat die vesels op 'n oorpluisie sag genoeg is,dat dit nie sal krap nie.




Baie mense bring kameras in vir skoonmaak en besef nie die tyd en fyn detail wat gevolg moet word tydens die' proses nie.

Die CMOS sensor (filters) is baie sensitief vir skade. Daar is filters voor die sensor wat direkte skade kan keur maar dit is ook duur om te vervang.

Die vraag is, is die fotos wat jy neem vuil, het dit kolle op OF is dit wat jy deur die viewfinder sien? Die stof wat jy deur die viewfinder sien is NIE die probleem nie. Daar is 'n ander skoonmaak proses vir dit.

Die beste wat ek aanbeveel is dat jou kamera battery vol is tydens "sensor cleaning mode". Gebruik geen skoonmaak oplossing nie. Vir selfdoen mense is 'n goeie blower en sensor pen 'n moet he in jou kamera sak. Daar is ook ander goedjies wat jy kan aanskaf soos Loupe, swaps, brush, sensor fluid ens.

 

Soos Charles genoem het, hou die kamera amper onderste bo tydens die skoonmaak ingeval iets inval of in is wat kan uitkom.

 

BAIE BELANGERIK - As jou battery oud is of jy perongeluk die aan/af skakelaar druk tydens die sensor skoonmaak sal permanente skade aan die "shutter" voorkom. (Dit is as jy besig is op die oppervlakte van die sensor)

Baie dankie Koeta en Charles. Ek het intussen vir my 'n blikkie "Dust Off" van FALCON by ons plaaslike Kodak winkel gekoop. Dit werk soos 'n droom,en het al my dust spots verwyder. Onthou net as jy dit gebruik,om die blikkie altyd horisontaal te hou as jy spuit,en nooit na onder nie,anders is daar 'n kans dat daar vloeistof by die nozzle kan uitkom.

Ek het vandag vir Koeta 'n e-pos gestuur, maar nog nie antwoord ontvang nie. Weet enigiemand dalk of hy nog sake doen?

Ek benodig 'n kundige om my Tamron 90mm-makrolens (vir Sony) skoon te maak voordat ek hom verkoop. Die lens is soos nuut en nie baie gebruik nie, maar dit lyk vir my asof daar bietjie stof binne-in gekom het (ek kan dit sien teen die agterste lenselement).

'n Vriendin van my benodig ook iemand wat haar kan help om 'n filter wat vassit op haar kamera se lens te verwyder. Het iemand dalk raad hiervoor, of is hier iemand anders in Bloemfontein wat hierdie tipe werk doen? Ek het al rondgevra, en dit lyk my ons arme Bloemfonteiners moet ons kameras en lense wegstuur JHB toe...

Reply to Discussion

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html