Hoe voel jul klasmaats oor 'n tema waar ons die oorspronklike foto onder die gekropte verwerkte foto plaas sodat die nuwelinge kan sien wat ons bedoel by krop en kontras ens.

Views: 230

Reply to This

Replies to This Discussion

Blink idee, Anita. Dit kan baie leersaam wees.

slim een Anita dit sal werk

Ek sien 26 mense het na die bespreking gekyk maar net Doretha en Piet het geantwoord, baie dankie daarvoor!

Anita ek dink ons kan so maak....geen problem nie.....ek dink ook die nuwelinge moet n bietjie kom kommentare lewer op fotos.....dit is ook n briljante wyse waarop n mens kan leer deur ander se kommentare te lees.

Dit is Pierre en nie Madeleine.....lol

Anita, ek het ook geantwoord maar ek sien nou my mening is nie meer hier nie?

Ek meen dit is 'n oulike idee wat baie vrugte kan afwerp.

Ek wonder net as almal nou twee foto's aflaai of dit nie weer die las op Hennie en die webblad gaan vergroot nie.  Wat sê Hennie en Igno hiervan?

As ons dit wel doen sal ons vir almal moet verduidelik hoe om die oorspronklike foto op klein formaat af te laai.  Almal ken nog nie die trick nie.  Wat dink jy?  

Stem saam Anita,dis wt ek ook gedoen het.......2 weke te vroeg hehehehehhe

Jy is vergewe Elna!! :-) Na betragting met Hennie het hy die jawoord gegee vir die tema. Hy beaam dat dit interessant en leersaam sal wees. Hou julle nou net in tot FEB he he!!

Hier is net 'n ander outjie wat nog moet vergifnis vra wie se naam met 'n P begin lol

Wonder wike is die ander P wat nie hier gelees het nie - Sal baie leersaam wees en insiggewend wees om te sien wat jy as fotograaf will wys - sien ander nie miskien 'n ander foto injou foto nie - kan nie wag nie.

Tina om jou vraag te antwoord - waar jy gewoontlik 'nn ander foto as kommentaar gee is daar blokkie wat wys 725 pixsels verander dit net na 500 pixsels toe dan sal die foto kleiner wees. Goeie idee is ook om net dei blokkie centre te merk bo sodat die foto in die middle is en nie links of regs nie.

Dankie Pieter... mooi saamgevat. Julle kan enigetyd ons peper met vrae, wag vir julle!

Dankie Pieter vir jou inligting;  ek doen reeds so, indien ek wel 'n tweede foto aflaai.

Aflaai van die oorspronklike foto:  Ek het bedoel daar is baie van die ander lede, en veral nuwe lede, wat nie weet van die opsie nie en ook nie weet dat die foto verkieslik kleiner gemaak moet word nie.  Groete.

Reply to Discussion

RSS

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html