Het die vraag op "chat" gevra met bitter min terugvoering, hier gaan dit dalk beter: Op wie se fotos lewer jy kommentaar/terugvoering want dit is tydsgewyse net onmoontlik om 30+ fotos deur te blaai en op elkeen terugvoering te gee. Is dit op fotos wat jou oog vang, jou tipe foto, bv. makro, portret of landskappe of aan mense wat die moeite doen om vir jou terugvoering te gee op jou eie indienings.

Views: 413

Reply to This

Replies to This Discussion

Ai Fred, dis nou 'n tameletjie wat jy hier beet het. Ek is geneig om op diegene wat kommentaar op my foto's lewer te reageer, maar onderwerpe soos mense, diere, motors en kunsfoto's kan ek nie lewer nie bloot omdat ek niks van die onderwerpe weet nie. Partymaal kan ek sien iets is fout, of baie mooi sal ek reageer maar hou maar by die "gewone" goetertjies. Ek kan sien as mense professioneel is, daarop reageer ek glad nie want wat se jy nou "mooi, goed, uitstekend ens" wat hulle in elk geval weet. Ek help met graagte die beginners as ek sien daar is groot fout, en val ook maar partymaal uit die bus.. hahaha Hoop dit beantwoord jou vraag.Nog iets wat ek vergeet het, ek het gisteraand op 'n blog "Camerazzi Community" afgekom wat baie soos fotoskool is, en die ou het baie inligting gegee hoe mens op foto's moet kommentaar lewer, dis was nou regtig insiggewend. Ek het als neergeskryf. Ek sal oplet hoe ek in die vervolg kommentaar lewer.

Self lid van Camerazzi, alhoewel baie lanklaas iets ingedien.Baie meer krities as fotoskool. Kan persoonlik nie verdra dat iemand my vertel ek moes een tree links, regs, vorentoe, ofagtertoe  gegee het vir beter foto nie, wil dan sommer skreeu, AS EK DIT KON DOEN SOU EK DIT GEDOEN HET. 
Anita du Toit said:

Ai Fred, dis nou 'n tameletjie wat jy hier beet het. Ek is geneig om op diegene wat kommentaar op my foto's lewer te reageer, maar onderwerpe soos mense, diere, motors en kunsfoto's kan ek nie lewer nie bloot omdat ek niks van die onderwerpe weet nie. Partymaal kan ek sien iets is fout, of baie mooi sal ek reageer maar hou maar by die "gewone" goetertjies. Ek kan sien as mense professioneel is, daarop reageer ek glad nie want wat se jy nou "mooi, goed, uitstekend ens" wat hulle in elk geval weet. Ek help met graagte die beginners as ek sien daar is groot fout, en val ook maar partymaal uit die bus.. hahaha Hoop dit beantwoord jou vraag.Nog iets wat ek vergeet het, ek het gisteraand op 'n blog "Camerazzi Community" afgekom wat baie soos fotoskool is, en die ou het baie inligting gegee hoe mens op foto's moet kommentaar lewer, dis was nou regtig insiggewend. Ek het als neergeskryf. Ek sal oplet hoe ek in die vervolg kommentaar lewer.

Fred.... foto's wat my oog vang sal ek kommentaar lewer, maar omdat ek 'n leek is kan ek net sê wat regtig goed is.  Indien ek 'n fout kan uitwys sal ek dit doen, maar bitter min

Dagsê Fred, n goeie onderwerp wat jy het !! Ek self is maar n beginner en is maar versigtig om kommentaar te lewer want netnou maak ek my naam krater of soos die kinders sê , dalk slaan ek my naam met n plank....hahaha. Ek sal my beskeie mening lig as die foto in my belangstellings veld is of as die foto op die oog aandag trek. n Persoon kan onmiddelik sien as die foto deur n professionele fotograaf geneem is, en om vir my kommentaar te lewer sal in sy oë dalk onbelangrik wees. Ons het hier plaaslik nie n fotografie klub of instansie nie dus leer ek maar dmv. die rekenaar waar moondlik, en naturlik deur die kommentaar van die mede fotograwe.

Ek sal op enige iemand se foto komentaar lewer, profesioneel of nie, ek sal nie sommer slegte kommentaar gee nie, liewer geen kommentaar nie. Ek het 'n gemiddelde "boeke kennis" van fotografie, maw ek weet wanneer iets fotografies nie reg is nie, soos uitgebrande wit, fokus nie reg nie ens., maar sal dit selde aan jou uitwys, tensy jy my spesifiek hiervoor vra. (Die macro gedeelte het ek natuurlik alles aan Liz te danke met haar kommentaar of dit nou aan my of iemand anders was)  Dit gesê kan ekself ongelukkig nie alles toepas wat ek al gelees en bymekaar gemaak het nie, so ek hou aan met oefen en oefen... Ek hou egter van kommentaar op my foto's, want dan weet ek waarvan mense hou en waarvan nie.

Daar was al foto's wat ek geplaas het, net om die reaksie te toets, wat volgens my glad nie op standaard is nie, (waaroor ek eintlik skaam kry) en dan kry ek eintlik goeie reaksie, en dit is die punt, vir elke mens is iets anders mooi en interessant.

 

So ek hou van kommentaar (goed of sleg), want ek het al geweldig uit kommentaar geleer, en 'n paar PS tegnieke opgetel uit die kommentaar. En dit is nog die enigste blad waar ek dit in Afrikaans kan doen wat vir my 'n reuse plus punt is. Ek probeer werklik om op almal se fotos te reageer, as ek daarvan hou, al is dit net om die like knoppie te druk.

 

Meer tegniese raad..... nee nie sommer nie, miskien is ek verkeerd. Laat weet julle maar vir my. Dink ek het ook al by Camerazzi uitgekom, sal nou eers weer moet gaan kyk wat daar aangaan.

 

En o ja ons het ook nie 'n fotoklub nie, so ek is ook maar afhanklik van julle soos Adriaan.

 

Groete

Ek lewer kommentaar as die foto my "oog vang". Ek is wel nog 'n Jan Groentjie, maar om bo te kom moet almal onder begin, so as iemand kommentaar lewer op my foto's is ek dankbaar. Hoe anders leer mens?

As ek iets het om te sê, wil ek dit graag doen. Al is dit vir daardie fotograaf net 'n aansporing! Maar kundige advies sal ek los vir die professionele mense by wie ek leer op hierdie blad. Ek het ongelukkig ook nie tyd om elke dag hier deur te gaan nie en het so pas eers afgekom op hierdie FORUM!

En die stories oor die foto's!! EK het die Lapland-storie die wêreld vol gestuur - dit was soooo interessant geskryf! (Ek is  'n amateur-skrywer en die taal en beskrywing van Frans het my in ekstase gehad! Wil net so graag datums daar sien...wanneer was Frans daar?)

Nou gaan ek 'n nuwe onderwerp los omdat ek nie weet hoe die temas werk en wanneer dit waar bekendgestel word nie.....en as daar iewers gepraat word van die tema vir Februarie is...en die sluitingsdag is in April...is dit 2015 ou goed of 2016 nog-om-deel-te-neem goed?

Ek sal 'n nuwe onderwerp skep hiervoor.

Fred, jy vra 'n moelike vraag!  

My uitgangsput is as volg: Ek hou van kommentaar op my foto's.  Ek gee ook graag kommetaar op foto's wat my oog vang.  Wat ek geleer het van fotografie, is te danke aan Fotoskool, boeke en artikels in tydskrifte, en natuurlik Dr Google.  

Die probleem is egter met die kommentaar wat almal gee, en ek gebruik myslef as voorbeeld. Om 'n kommentaar te gee soos bv. "mooi foto" het nie veel waarde tot die ontwikkeling van die persoon wat die foto geplaas het nie.  Dit gesê, het ek ook nie altyd tyd om in detail 'n opmerking te skryf nie.  As ek nie van 'n foto hou nie, of die komposisie is vlgs my verkeerd, of die kleur onder/oorversadig, of die beligting nie reg nie, of die kontras te laag, of wat ook al ek dink "verkeerd" is met die foto, sal ek liewer net die foto verbygaan en nie kommentaar lewer nie.  Dalk is dit 'n fout wat ons almal maar maak, omdat ons probeer om mekaar opbouend reg te help, eerder as om die ooglopende foute uit te wys.

Ek het so ruk gelede 'n foto ingeskryf vir 'n kompetisie wat toe 'n wenfoto was vir die beoordelaars.  Ek het glad nie gedink die foto is wen-kwaliteit nie, en het dit so op nommer 99 ingestuur.  Dit wys my maar net dat ons almal se interpretasie en smaak verskil.  So ook met die kommentare op ons foto's.  As ek nie saamstem met 'n kommentaar op my foto nie, hoef ek nie my hele denkwyse te verander om ook soos die persoon te dink en te 'sien' nie.  Wat reg is, bly reg, en ooglopende foute rakende komposisie, beligtins ens ens moet mens streef om reg te kry, maar as die foto vir jou werk, wie is ek om te sê jy is verkeerd? 

Met die verandering van 3 foto's na een per dag so tyd gelede, het ek nogals saamgestem met die gedagte dat ons meer selektief sal wees met dit wat ons plaas.  Dit laat jou as fotograaf twee keer dink voordat jy sommernet 'n foto laai.  Ek vang myself egter dat ek soms 'n niksseggende foto laai.  Dan mors ek my eie tyd, en die tyd van die lede wat gereeld deelneem en kommentare gee.

Dus, sal ek kommentaar lewer op foto's wat my oog vang, wat 'n storie vertel, en wat na my mening tegnies goed uitgevoer is.

Groete

As ek reg onthou het jy 'n tyd gelede 'n riglyn geplaas van foto's wat nie goeie terugvoer kry by jou fotoklub nie?  Dalk moet jy dit weer plaas?  Dit was baie leersaam!

Groete eers

JJ

Hi Fred,hmmmmmmm goeie vraag en jy het nou alreeds 'n paar goeie antwoorde gekry.Ek is ook geneig om te krit by lede wat my ook krit.Die "laai en waai" ouens laat my aan selfsugtigheid dink.Lede wil hoor hoe goed hulle fotos is of hulle wil raad kry maar is nie bereid om self te krit nie.......dit werk nie heeltemal vit my nie.'n Mens hoef nie altyd professionele krits te gee nie.Dalk laat die foto jou aan iets dink of jy sien humor daarin of dit laat jou aan 'n insedent dink wat jy ervaar her,deel dit dan by die foto.Dit is egter belangrik dat ons nie afbrekend raak met dit wat ons krit nie.Almal van ons is hier omdat ons fotografie in gemeen het en ons moet aan die einde van die dag vrymoedigheid he om hulp en raad te vra waar ons nie seker is oor die reg of verkeerd van 'n foto nie

Dis goed dat dit hier bespreek kan word.  As iemand wat steeds leer deur ander se kommentaar, moet ek se ek probeer om ander se fotos ook te krit, want daaruit leer ek ook.  Ek weet ook daar is mense wat net laai en nie krit nie (laai en laat waai), of dit gebrek aan tyd is of wat ook al, dit maak dat ek na so persoon se foto kyk en geen kommentaar lewer nie.  Daarom se ek baie dankie aan die getroue klomp wat gereeld krit, ek leer daaruit en waardeer dit

Fred, dit is 'n goeie vraag en dit is nie altyd moontlik om op almal se foto's kommentaar te lewer nie. Goeie antwoorde is gegee. Het self al gedink, dat dit beter sal wees, om soos by Camerazzi, op drie voorafgaande foto's, voor plasing,  sinvolle kommentaar te lewer. So word daar nie gediskrimineer nie en mens leer tog om kommentaar te lewer. Kan slegs sê, ek waardeer kommentaar, waar dit gelewer word, maar neem niemand kwalik, wat nie komentaar lewer nie.

Reply to Discussion

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html