Het die vraag op "chat" gevra met bitter min terugvoering, hier gaan dit dalk beter: Op wie se fotos lewer jy kommentaar/terugvoering want dit is tydsgewyse net onmoontlik om 30+ fotos deur te blaai en op elkeen terugvoering te gee. Is dit op fotos wat jou oog vang, jou tipe foto, bv. makro, portret of landskappe of aan mense wat die moeite doen om vir jou terugvoering te gee op jou eie indienings.

Views: 413

Reply to This

Replies to This Discussion

Fred ek dink elkeen se antwoord gaan seker verskil. Ek persoonlik lewer kommentaar heel eerste op die fotos wat my oog vang en vir my besonders lyk sonder om te kyk van wie dit is...as ek dan nog tyd het dan probeer ek die mense wat nou ek al half "ken" deur hul fotos of hul kommentaar op my fotos te ondersteun deur kommentaar. Dis waar dat dit tyd vat..so die dae wat ek nie by werk is soos nou dan doen ek die moeite veral by die wat my al so baie geleer het en tips gegee het..

Fred, graag reageer ek. Daar is geen vasgestelde konvensie oor die kommentaar op foto's nie. Ek lewer kommentaar elke keer as ek 'n foto laai en dit doen ek meestal so elke tweede dag of as dit besig gaan by my selfs met groter tussenposes. Wat ek dan doen is om kommentaar te lewer op soveel foto's as wat my tyd my toelaat. Die aard van my kommentaar sal dan afhang van my oordeel of ek bevoeg is om oor 'n betrokke onderwerp of tipe fotografie sinvolle kommentaar te gee. As ek 'n aanbeveling kan gee sou dit wees om kommentaar te lewer as jy iets positiefs kan uitlig en as jy voel dat jy goeie ervaring met 'n betrokke soort fotografie het en volgens jou skort daar iets met die foto om op 'n diplomatiese wyse die fotograaf se aandag daarop te vestig. Omdat hierdie 'n informele opleidingsblad is probeer ons om te alle tye opbouende 'kritiek' of evaluerings te gee. Ek hoop my skrywe help jou. Laat weet gerus en vra as dit nog nodig is.

Hi Fred. Dit is n baie goeie vraag wat jy vra. Ek het nou almal se insette gelees......en wil ook net so ietsie se. Ek dink die vraag moet gevra word wat wil jy bereik met die foto wat jy plaas.....wil jy maar net vir die FS wys hoe oulik jou kat..hond of wat ook al is.....of wil jy iets LEER. Ek het vroeer elke dag n foto geplaas en op ander se fotos gekrit maar het totaal en al gestop om dit te doen om die volgende redes. Ek het agter gekom FS hou nie van negetiewe kretiek nie....ongelukkig is dit al hoe n ou leer en ek het ook so geleer. Waneer ek bv. vir iemand se jou fokus is sag.....dan kom iemand anders en se NEE OU FRED NIKS FOUT MET FOKUS NIE. So ek persoonlik dink ons is nie eerlik met mekaar waneer ons mekaar se fotos krit nie. Ek kan ongelukkig nie vir jou se jou foto is "PRAGTIG" dan kan my kind vir jou vertel maar die foto is nie eers in fokus nie so hoe kan jy dit se. So ek dink as jy wel iets wil bereik met fotografie moet jy bereid wees om die houe te vat op kommentaar. So ek sa lso nou en dan n foto met FS deel en ek waardeer kritiek. ..positief/negetief . Maar ek moet eerlik wees ek sal nie op enige foto van enige FS meer krit nie agv die feit dat ons nie eerlik met mekaar is nie. Miskien moet die persoon wat die foto plaas dalk aandui net n wys foto.....dan weet ons op die foto krit jy nie......

Fred jy vra ñ vraag waaroor ek al baie gedink het en ek het nog nie die perfekte antwoord daarop gekry nie. Soos jy sê dit is tydrowend en daarom het ek besluit om die jaar te konsentreer op foto's wat werklik trefkrag het met ñ storie daarby. Dit is vir my niksseggend om net ñ foto te plaas vir wat dit werd is nie. Ek dink ons moet die jaar bietjie konsentreer op lig, komposisie en fokus, want dit is op die einde van die dag tog waaroor fotografie gaan en dan moet ons ook nie skroom om waar daar verbeter kan word dit op ñ mooi manier  uit te lig nie. Dit is al hoe ons fotografie gaan verbeter. Ek dink dit is in elk geval ñ forum wat Igno geskep het en wat kwaliteit verdien. Dit is maar my beskeie mening!

Hi Fred goeie vraag 30 fotos is nie so baie nie ek is by View Bug waar ek soms tot by die 10 000 fotos n week kyk. Wat my wel opval by fotoskool is, ek dink dit gaan meer oor wie is jou vriende en wie gee kommentaar op jou fotos. Ek is oop vir enige fotos ekself wil in my broek jy weet wat as iemand jou foto wil verander of vertel hoe jy dit moet neem vir my is fotografie n kuns en niemand verander n kunswerk nie en die ergste is soms is die wat so graag jou fotos wil verander self nie goeie fotograwe nie. Jy hou van hom of nie. By View Bug is dit oop vir alle fotografie en jy weet ook nie wie se foto dit is voordat jy dit oopgemaak het nie daar gaan dit oor die foto en nie die persoon nie en dit hou ek baie van. Jy word daar vergoed met n Award en nie n klomp tjol kommetaar nie as jy kommentaar kry sal dit altyd positief en opbouend wees met die regte hulp wat werklik saak maak in fotografie. Fotos word gesien as n kunswerk uit die oog van die fotograaf wat dit neem. Trap nie op tone nie sê net wat my gevoel is. Geniet jou fotografie jy is puik daarin en blaai maar die wat dink hulle weet verby  

Reply to Discussion

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html