Goeie dag Fotoskolers. Ek weet nie of dit net ek is en of daar nog mense is wat sukkel om kommentare te lewer nie. Ek ondervind die probleem nou die afgelope maand. Die stelsel laat my hoogstens vier-vyf kommentare toe en dan vries alles. Ek het derhalwe ñ besluit geneem om selektief elke dag ñ paar kommentare te lewer wat ek sal afwissel. Ek is jammer, maar ek het ook nie die tyd om daagliks te sukkel nie. Vertrou jul sal verstaan, want dit kan nogal redelike frustrasie tot gevolg hê. Hennie ek haal my hoed vir jou af!! Mooi dag!

Views: 55

Reply to This

Replies to This Discussion

Willie, ek het die afgelope tyd ondervind, dat foto's nie oopmaak en kommentaar sukkel om te laai. Saterdag en Sondag kon ek nie in. Vanoggend is ek hier, maar alles verloop teen 'n slakkepas. Verstaan heeltemal, 'n mens kan nie so sukkel nie.

Ai Willie.. daardie ellendige "I'm not a robot" is ook weer 'n ander een :-O. Baie dankie vir jou volgehoue sinvolle kommentare op ons foto's ten spyte van die probleme. Baie fotoskolers het net opgegee. Ek waardeer jou moeite en bemoediging vir ons. 

Ek het onlangs opgegradeer na 'n (heelwat) meer gespierde rekenaar (my ou prosesseerder en grafika-kaart het gerook met Photoshop CC), en ons is ook na veseloptiese kabel oorgeskakel. Die kombinasie is dodelik vinnig, maar FS is nog steeds met tye stadig. Gegewe 'n gratis (en advertensievrye) blad, kla ek nie te hard nie. As dit werk, is dit goed, en as dit nie werk nie - hier is 'n paar fotografie- en non-fotografieboeke wat deurgewerk moet word, en die huis kort 'n goeie afstof!

Willie jou kommentaar is so kosbaar dat ek vertrou dat jy spoedig met groot gemak terug is in ons klas sodat ons jou mening kan kry.

Ek voel soos Willie..........ek kan soms net aan die gil gaan!!!!! As ek nie moet bewys ek is nie n robot nie, hang die krit net in die lug.

Reply to Discussion

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html