‘Low key’ vs ‘lae-lig (low light)’ fotografie

Die tema waaroor Fotoskolers tans foto’s plaas het interessante kommentaar opgelewer en ek het met belangstelling die kommentaar wat gelewer is gevolg en dit het duidelik geword dat daar onsekerheid by baie Fotoskolers was (ek sluit myself daarby in) oor wanneer ‘n foto as ‘low key’ geklassifiseer kan word en wanneer dit ‘n lae-ligfoto genoem kan word. Dit het my ‘n bietjie oor die twee terme laat nadink en ek wil graag die volgende bydrae hieroor lewer.

Lae-ligfoto’s

Wanneer fotografie gedoen word as die lig laag is, sal dit altyd as lae-ligfotografie geklassifiseer kan word ongeag die aard van die foto wat verkry word. Die foto wat hieruit voortvloei is dus ‘n lae-ligfoto. Die soort foto wat in sulke lae lig verkry word sal afhang van die kamera instellings en kan wissel van ‘low key’ tot ‘mid key’ en dalk selfs selfs ‘high key’. Die intensiteit van die lig en nie die eindresultaat nie, bepaal dus of die fotograaf lae-ligfotografie beoefen al dan nie. Dit mag dus wees dat as ‘n mens na ‘n foto kyk en jy weet nie wat die kamera-instellings was nie, dit moontlik nie as ‘n lae-ligfoto geïdentifiseer kan word nie. Ek gee so ‘n voorbeeld:

Die foto is om 21h30 in die aand by maanlig geneem. Die lig was dus baie laag.  ‘n Sluiterspoed van meer as 4 minute was nodig om die foto te kry. Dit is dus ongetwyfeld ‘n lae-ligfoto maar hoé swak die lig was kan nie uit die foto afgelei word nie. Die sonsondergangfoto hieronder kan daarenteen uit sy voorkoms maklik as ‘n lae-ligfoto geïdentifiseer word.

Foto’s wat in lae lig geneem word kan natuurlik ook low key foto’s wees.

Low key foto’s

Een van die definisies van ‘n ‘low key’ foto is dat dit hoofsaaklik uit donker kleurtone bestaan ten einde ‘n dramatiese effek te verkry. Om daardie rede word ‘n swart agtergrond meestal vir ateljee-tipe low key foto’s gebruik. Vir landskap-tipe low key foto’s geld die donker-kleurtoon benadering merendeel.

Om low key foto’s te neem is ‘n besluit wat die fotograaf neem. In gegewe ligtoestande kies hy dus instellings met die doel om ‘n low key foto as resultaat te verkry. Die fotograaf kan in ateljeetoestande dus bv. gebruik maak van helder lig en deur dit korrek aan te wend en die kamera-instellings dienooreenkomstig te kies kan ‘n low key foto geneem word.

Beide foto’s 1 en 2 hieronder is low key foto’s. Met die foto van die hond het die fotograaf die hond (of die lig) so geplaas dat die lig selektiefdie een kant van sy gesig verlig het.

Die foto van die ballerina is in die buitelug geneem met meer as een ateljeelig (Foto 3). Met hierdie foto het die fotograaf besluit hy/sy wil ‘n low key foto neem en deur die beligting korrek op te stel was dit moontlik om die spel van lig en skaduwee op die model reg te kry en ook die agtergrond swart. Die eindresultaat was ‘n low key foto.

Foto deur Greg Molyneux.

Die seeskapfoto hierbo is in lae lig geneem, bevat meestal donker kleurtone en is dus beide ‘n lae-ligfoto en ‘n low key foto.

Opsommend:

‘n Lae-lig foto word geneem in toestande waar die lig laag is maar die feit dat die lig laag was mag, of mag dalk nie, merkbaar wees nie en die foto mag, of mag dalk nie, ‘n low key foto wees nie.

‘n Low key foto word geneem as die fotograaf sou besluit om so ‘n tipe foto te neem. Die beligting mag so wees dat ‘n low key foto bykans outomaties die eindresultaat is (soos bo) of die fotograaf kan die beligting so opstel of kies dat ‘n low key foto verkry word.

Views: 72

Reply to This

Replies to This Discussion

Baie dankie Josef vir hierdie goeie notas;  saam met Willie se nota van onlangs en joune begin die stukkende legkaart vir my almeer in plek kom. 

Tina le Grange said:

Baie dankie Josef vir hierdie goeie notas;  saam met Willie se nota van onlangs en joune begin die stukkende legkaart vir my almeer in plek kom. 

Dankie vir die kyk Tina. Soos met baie van die verskillende soorte fotografie is daar nie rigiede afsnypunte nie. Goed loop maar inmekaar in.

Dankie Josef, dit verklaar 'n paar dinge waaroor ek gewonder het. Ek gaan beslis speel met hierdie konsep

Dankie Josef vir jou bydrae, ja ek het ook agtergekom dat daar maar redelik onsekerheid oor die tema was,maar dit is goed, want so leer ñ mens. Ek wil net byvoeg, kyk maar na die histogram, want sodra die lesing nie heel links lê nie, is daar ondertone van  " mid tones " & " high tones " en sodra dit daar is, is dit nie meer ñ Low Key foto nie, maar ñ lae lig foto. Die kamera MOET ook self gestel word om ñ behoorlike Low Key foto te kan neem. Sonder om dit te doen, beslis nie Low Key nie. Ek hoop net nie die volgende tema gaan High Key fotografie wees nie, want dit is eers ñ uitdaging. 

Willie Schoombee said:

Josef Steyn said:

Dankie vir jou respons Willie. Jy sal sien dat ek dit in my stukkie pertinent stel dat die fotograaf sy kamera se instellings reg moet kies as hy in gegewe toestande 'n 'low key' foto wil neem. Waar ek effens verskil is dat 'n low key foto oorwegend, maar nie uitsluitlik nie, uit donker tone moet bestaan. Baie 'low key' foto's bevat 'mid tones' en baie ook 'highlights' maar dit diskwalifiseer hulle nie om as 'low key' deur te gaan nie, mits die 'mid tones' en 'highlights' se beligting reg is, dit tot die foto se effek bydra en dit 'n ondergeskikte rol tov die donker tone speel. Kyk gerus Hennie se foto van gister oor Golden Gate en sy opmerking daaroor. Jou foto van die soutpotjies en die eier bevat oa ook 'mid tones' maar dit is min en dra by tot die foto deur mooi kontras te skep om uiteindelik 'n uitstekende 'low key' foto te lewer.

Willie Schoombee said:

Dankie Josef vir jou bydrae, ja ek het ook agtergekom dat daar maar redelik onsekerheid oor die tema was,maar dit is goed, want so leer ñ mens. Ek wil net byvoeg, kyk maar na die histogram, want sodra die lesing nie heel links lê nie, is daar ondertone van  " mid tones " & " high tones " en sodra dit daar is, is dit nie meer ñ Low Key foto nie, maar ñ lae lig foto. Die kamera MOET ook self gestel word om ñ behoorlike Low Key foto te kan neem. Sonder om dit te doen, beslis nie Low Key nie. Ek hoop net nie die volgende tema gaan High Key fotografie wees nie, want dit is eers ñ uitdaging. 

Thank you for your short explanation which is correct in all aspects accept in the matter of intent. I must admit I was rather bewildered by the controversy over the issue of low key and low light photography. I always thought of it as clear cut. The photographic examples from your article taken from the internet depicts the exact theory behind low key portraiture, as in the case of the Ballerina. The photo was taken with a clear intend of creating a low key photo and there lies the difference, in the intend and not necessary in a graph on PS.  A photograph taken in low light without the intent of a low key photo will always remain a low light photo immaterial of the histogram, although this may be technically correct, a low key photo is something the author decides upon and goes about it in a right manner to create the required picture.  Very much the same applies to high key as in low key photography, unintentional snapshots may fall in the right areas of the histogram but can never pass as pure intentional photography. If we are to generalize and not specialize in our approach to the wonderful art of photography I am afraid photography will lose out in the end. 

Gabriel

gabriel parsons said:

Dankie vir jou waardevolle inset. Dit som my standpunt baie mooi op. Jy het die feit dat 'n low key foto 'n doelbewuste besluit van die fotograaf moet wees baie goed gestel.

Baie dankie vir die insette - vind dit leersaam.

Reply to Discussion

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html