Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Ek soek hulp. Ek het verlede jaar vir my 'n splinternuwe Canon 550D en 'n nuwe Sigma 120-400mm F4.5 - 5.6 lens gekoop. Die lens het na ongeveer 4 maande begin om nie meer op AF te werk nie. Nadat ek dit nou al vir die derdekeer terug ontvang het en nou met vakansie in Engeland is, werk dit nou glad nie.
Ek het gaan Google en afgekom op die volgende:
"This heavyweight, 1750g lens is designed exclusively for full-frame Canon SLRs (most top range) and is compatible with APS-C size sensor Canon SLRs as well."
Beteken dit dat my kamera dalk te lig is in die broek? Help asseblief.
Tags:
Permalink Reply by Isoldé Laesecke on June 19, 2012 at 10:35am Albert - skuus dat ek vra, maar toe jou lens die probleem begin gee het, wat beteken dit? Moet jy nou 'n nuwe lens koop?
Permalink Reply by Jackie Blackford on June 19, 2012 at 11:45am Al Sigma se lense DG (vir Full Frame) lense kan op die APs-C (crop sensor) kameras werk.
Dit is slegs met DC lense waar jy 'n "crop" sal vind op Full Frame kameras.
As Auto Focus 'n probleem is, is die lens foutief. Jy behoort slegs met extention tubes of converters probleme met dit te ondervind. As die lens soos is gebruik word op daardie kamera behoort jy nie probleme te ondervind nie.
Jou kamera model en lens verenigbaarheid behoort glad nie 'n probleem te wees nie.
Is hierdie die enigste lens wat jou 'n fokus probleem op daardie kamera gee?
Watter maatskapy het die vorige repirasies hanteer?
Is jou lens nog binne waarborg?
Permalink Reply by Charles Whitehead on June 19, 2012 at 1:31pm Albert
Die stelling dat die lens vir Full frame beteken bloot dat hy eintlik vir Full Frame gemaak is, maar ook net so goed op die crop-sensor kan werk. Jou kamera is definitief NIE te lig vir die lens nie.
Die crop sensor kameras het bloot 'n kleiner beeld-sirkel om af te neem en gebruik dan slegs die middelste deel van 'n full frame lens soos die Sigma wat jy het. Die Full Frame gebruik dan net die hele beed-sirkel van die lens.
Jy sal die lens weer moet instuur of dalk kyk na die Canon lense wat eintlik 'n beter roep is.
Groete
Permalink Reply by Albert FW Behrens on June 19, 2012 at 4:02pm Gelukkig is die lens nog onder waarborg. Die probleme wat ek ondervind is dat dit nie outomaties fokus nie. die beeld bly steeds uit fokus en dan wil die kamera nie neem nie.
Isoldé Laesecke said:
Albert - skuus dat ek vra, maar toe jou lens die probleem begin gee het, wat beteken dit? Moet jy nou 'n nuwe lens koop?
Permalink Reply by Albert FW Behrens on June 19, 2012 at 4:11pm Gelukkig is die lens nog onder waarborg en my ander lens (55mm) werk perfek. Volgens die besigheid waar ek die lens gekoop het sal hulle Sigma versoek om die lens te vervang. Sou jy voorstel dat ek dan maar eerder inbetaal op 'n Canon EF 100-400mm f4.5-5.6 L IS USM of 'n Canon EF 400mm f5.6 L USM lens? OF vervang die lens met 'n nuwe Sigma en spandeer dan eerder die geld wat ek op die Canon lens moes inbetaal op 'n 7D wat 'n "top range" kamera is?
Jackie Blackford said:
Al Sigma se lense DG (vir Full Frame) lense kan op die APs-C (crop sensor) kameras werk.
Dit is slegs met DC lense waar jy 'n "crop" sal vind op Full Frame kameras.
As Auto Focus 'n probleem is, is die lens foutief. Jy behoort slegs met extention tubes of converters probleme met dit te ondervind. As die lens soos is gebruik word op daardie kamera behoort jy nie probleme te ondervind nie.
Jou kamera model en lens verenigbaarheid behoort glad nie 'n probleem te wees nie.
Is hierdie die enigste lens wat jou 'n fokus probleem op daardie kamera gee?
Watter maatskapy het die vorige repirasies hanteer?
Is jou lens nog binne waarborg?
Permalink Reply by Charles Whitehead on June 21, 2012 at 12:56pm Albert
Jou foto kwaliteit kom hoofsaaklik van die lens af. Ek sal eerder geld op 'n beter lens as 'n duurder body spandeer. Niks verkeerd met die 7D nie, dis 'n ongelooflike kamera en op die stadium Canon se beste APS-C sensor (crop) kamera.
Indien jy 'n veelsydige Canon kwaliteit zoom soek kyk gerus na die Canon 100-400. Dis nou al 'n ouerige lens, en hy het so paar vreemde goedjies aan hom, maar vir die prys gaan jy nie sommer beter kry nie. Hou net in gedagte dat dit is 'n "push-pull" zoom wat nie vir almal is nie. Jy moet hom maar nie te rof hanteer nie.
Indien jou beursie bietjie styf is kyk gerus na die nuwe Canon 70-300 L f4-5.6. Hy is heelwat skerper en sy kontras en kleur is ook beter as die 100-400. Ook het hy darem 'n nuwe generasie stabilizer ook in. Ek gebruik hom veel eerder as die 100-400
Vra gerus indien jy nog navrae het.
© 2013 Created by Igno van Niekerk.