Ek het die naweek in Bloem se winkels deurgebring! Waarom sou julle vra! My dogter het klaar studeer en sy en moeder het my op harde manier oortuig (nie dat ek dit nie geweet het nie) dat studenteklere en werksklere verskil....sjoe ouens dit rof.

Ek kry toe kort geleentheid om weg te loop.

Ek het in 'n bekende winkelgroep 'n 300mm lens gesien teen 'n baie billike prys van R1499.00 vir my Nikon. In 'n ander winkelgroep was die die lens R6499.00 maar volgens die baie hulpvaardige verkoopsman is die duurder lens dan soveel beter want die funksies ens ens.

Het ek as baie ongereelde fotograaf daardie duur lens regtig nodig of gaan ek myself skop as ek later beter fotos neem en nie die lens het nie. Die afskrikking is dat die lens kos dan ongeveer wat die kamerapakket gekos het. Watter kwaliteit is die ingeslote twee lense dan?

Ek veneem graag van julle of moet ek soos die inbel programme op radio sê "ek luister verder op die radio"

Dankie.

Views: 159

Reply to This

Replies to This Discussion

David, ek dink jy gaan nog antwoorde kry van mense met meer tegniese kennis as ek - maar ek sal solank my stuiwer in die armbeurs gooi. As jy nog glad nie 'n telefotolens het nie, is 300 mm 'n lekker fokale lengte om voëls af te neem en nader te kan inzoem op insekte, diere, ens. As 'n mens regtig vir "wildlife"-fotografie wil ingaan, het jy egter nog 'n langer telefoto as 300 mm nodig - 500 of 600 mm.

Wat die twee 300mm-lense betref - is hulle presies identies, of is die duurder een dalk 'n verbeterde weergawe van die oorspronklike lens? Is dit Nikon-lense of derdepartylense (bv. Sigma, Tamron, ens.)? Is dit zoemlense? As jy vir ons die presiese name van die twee lense kan gee, sal ons 'n vergelyking kan tref. Daar is baie "reviews" wat 'n mens op die Internet kan lees om lig op die saak te werp.

David, ek het 'n idee van watter 2 winkels jy praat, maar ek het nie nou van hulle advertensies byderhand nie. Ek het bietjie rondgekyk op die Internet, en kry nie 300mm Nikon-lense in die prysklasse wat jy noem nie. Ek kry wel 'n Nikon 70-300mm AF en 'n Nikon 70-300mm AF-S VR teen R1631 en R5808 onderskeidelik op Bid or Buy:

http://www.bidorbuy.co.za/item/52035942/Nikon_AF_Zoom_70_300mm_f_4_...

http://www.bidorbuy.co.za/item/43853578/Nikon_70_300mm_AFS_VR_f4_5_...

Die groot prysverskil wat jy noem, laat my dink dat dit dalk 'n ouer en nuwe weergawe van dieselfde lens is.

Die duurder Nikon-lens hierbo is bv. soveel duurder omdat hy tegnologies meer gevorderd is. AF-S staan vir Autofocus Silent - dit beteken die lens se ingeboude fokusmotor is baie vinniger as die gewone zoemlens s'n, en geluidloos. VR staan vir Vibration Reduction - ingeboude lenstegnologie wat kompenseer vir beweging van die kamera om skerper foto's te verseker. Die gewone Nikon-zoemlens het nie hierdie twee funksies nie - daarom is die tweede een soveel duurder.

Ek hoop dit help!

Watter lense het jy reeds vir jou kamera, en watter tipe foto's wil jy graag neem - landskappe, mense, makro, diere, sport, ens?

Baie dankie. Ek het die twee Nikkor lense wat saam met die pakket gekom het nl, 18-55 en 55-200mm.

Daar is nie 'n spesifieke belangstelling nie behalwe na Mei 2012 DV babafotos van kleinkind.

Ek sal beslis nie troues ens doen nie. Saterdag gesien die slordigste geklede persoon op die plegtigheid id toe die stilfotograaf en die videofotograaf. Ek hoop nie dis die norm nie.

Dit gee my 'n beter idee. Ek het nie self 'n Nikon-kamera nie - sal eers wag en kyk wat sê die Nikon-fotograwe wat dalk self ook babas en kinders afneem.

David van Zyl said:

Baie dankie. Ek het die twee Nikkor lense wat saam met die pakket gekom het nl, 18-55 en 55-200mm.

Daar is nie 'n spesifieke belangstelling nie behalwe na Mei 2012 DV babafotos van kleinkind.

Ek sal beslis nie troues ens doen nie. Saterdag gesien die slordigste geklede persoon op die plegtigheid id toe die stilfotograaf en die videofotograaf. Ek hoop nie dis die norm nie.

David, 'n lens is die belangrikse item van jou fotografiese apparaat. Daarom moet jy mooi dink en uitvind voor jy koop en wanneer jy koop, moet jy nie te suinig wees nie. Met lens kry jy wat jy bereid is om te betaal. Onthou, 'n goeie lens hou jare en jare as jy hom mooi oppas.

Daar is twee kategorieë van lense: gebruikslense (sommer vir alledaagse gebruik) en spesialis lense (vir 'n spesifieke doel). 'n 18-200mm Nikon lens is 'n lekker gebruikslens (ongeveer 28-300mm met die kamera se 50% vergroting) wat redelik goeie resultate gee. Ek self gebruik bv 'n Nikon 28-300mm lens vir my D700 wat 'n "full frame" kamera is en dus nie 50% vergroot nie. Daardie lense is heeltemal skerp genoeg vir algemene gebruik. Spesialislense sluit hoofsaaklik die volgende in: 'n sterk wyehoeklens (bv 'n visoog of iets soos Sigma se 10-20mm lens), 'n makro-lens (bv Nikon 105mm) en telefoto lense. Daaronder val die 70-200 f2.8 lens, die 300 f2.8 en die 500 f4 lense. Hulle is duur, maar baie goed. Die 500 maak 'n hele nuwe wêreld vir jou oop, maar hy is baie duur. Die ander twee is afskalings daarvan en elkeen moet besluit hoe ver om te gaan. Ek gebruik 3 lense: die 28-300, 105 makro en 'n 500.



Hennie Cronjé said:

David, 'n lens is die belangrikse item van jou fotografiese apparaat. Daarom moet jy mooi dink en uitvind voor jy koop en wanneer jy koop, moet jy nie te suinig wees nie. Met lens kry jy wat jy bereid is om te betaal. Onthou, 'n goeie lens hou jare en jare as jy hom mooi oppas.

Daar is twee kategorieë van lense: gebruikslense (sommer vir alledaagse gebruik) en spesialis lense (vir 'n spesifieke doel). 'n 18-200mm Nikon lens is 'n lekker gebruikslens (ongeveer 28-300mm met die kamera se 50% vergroting) wat redelik goeie resultate gee. Ek self gebruik bv 'n Nikon 28-300mm lens vir my D700 wat 'n "full frame" kamera is en dus nie 50% vergroot nie. Daardie lense is heeltemal skerp genoeg vir algemene gebruik. Spesialislense sluit hoofsaaklik die volgende in: 'n sterk wyehoeklens (bv 'n visoog of iets soos Sigma se 10-20mm lens), 'n makro-lens (bv Nikon 105mm) en telefoto lense. Daaronder val die 70-200 f2.8 lens, die 300 f2.8 en die 500 f4 lense. Hulle is duur, maar baie goed. Die 500 maak 'n hele nuwe wêreld vir jou oop, maar hy is baie duur. Die ander twee is afskalings daarvan en elkeen moet besluit hoe ver om te gaan. Ek gebruik 3 lense: die 28-300, 105 makro en 'n 500.

Hierdie Nikon-lense word meestal vir portraits gebruik:

Nikon 85mm f/1.8D AF Nikkor

Nikon 50mm f/1.8 AF Nikkor

18-200mm f/3.5-5.6G ED-IF AF-S VR DX Zoom-Nikkor


Ek weet ook dat baie fotograwe wat in babafotografie spesialiseer, 'n 50mm-lens hiervoor gebruik. Dit is 'n vinnige lens (groot maksimum lensopening van 1.8) wat dit moontlik maak om die baba van naby by natuurlike lig af te neem, sonder flash of driepoot. 50mm-lense het gewoonlik ook baie mooi skerp fokus en kleure.

Hulle is nie naastenby so duur as zoemlense nie. Hier is die Nikon 50mm 1.8 bv. op Bid or Buy:

http://www.bidorbuy.co.za/item/50743837/Nikon_50mm_f1_8D_AF_Standar...

'n 50mm-lens sal dalk die mees ekonomiese opsie wees as jy 'n lens wat goed sal werk vir babafoto's, by jou versameling wil voeg. Ek het onlangs vir my Sony DSLR 'n 50mm Minolta-lens gekoop, en is baie beïndruk met die lens.

Hier is voorbeelde van babafoto's wat met die Nikon 50mm 1.8 geneem is:

http://www.flickr.com/photos/drywall/3864380477/

http://www.flickr.com/photos/drywall/3595786049/

http://www.flickr.com/photos/jessejames77/4057977227/

http://www.flickr.com/photos/ruthlessrufus/5618152545/

http://www.flickr.com/photos/aabbbiee/859083463/

http://www.flickr.com/photos/strvngartst01/3811995877/

http://www.flickr.com/photos/moyer3236/4015911448/

Hennie; Baie dankie. Ek moet die tipe vrae vra om die antwoorde te kry. my pa het my geleer dat jou aankope moet reg wees en mens koop nie 'n item as jy hom nodig het nie maar net as jy nie meer daarsonder kan klaarkom nie. Ek dink bogenoemde leerskool het my bas 'n slag of wat gered maar wil nie die spasie misbruik om debatte uit te lok nie. Ek het beslis tussen die lyne gelees en dis baie duidelik dat ek my huidige toerusting behoorlik onder die knië moet kry voordat ek begin koop.

David, ek het so n bietjie laat hierdie artikel gelees - ek wonder, gegee die raad en menings wat uitgespreek het, wat het jy besluit om te doen? Hoe en wat ookal jy besluit het, ek het n belangrike les in die lewe geleer - n mens kan nie verwag om leerskoene teen plastiese skoene se pryse te bekom nie! Produkte (dalk anders as dienste) het n bepaalde prys toleransie, wanneer n produk buite die grense vd tolerasie gaan, raak ek baie agterdogtig. Ek sal nimmer aanvaar dat n lens van R6499 presies dieselfde gehalte lewer as n lens van R1400 (mits al die ander aspekte soos fabrikaat, lens opening, elemente, ens presies dieselfde is)

Persoonlik, glo ek nie in derde party lense nie - maak nie saak wat vertel n verkoopsman my nie. n Nikon, of Canon lens is n stuk glas met uiters gesofistikeerde elektronieka. Om daardie elektronieka behoorlik te laat funksioneer verg "code" en daardie "code" is die eiendom vd fabrikant en  dit beteken ook dit is n element vd fabrikant se mededingende voordeel. In n besigheids omgewing waar alleen die "sterkste" of mees winsgewende oorleef, sal dit dwaas wees om nie die elemente wat n mededingende voordeel gee, te beskerm nie.  Ek glo dus dat n derde party (Sigma, Tamron ens) eenvoudig ander "code" MOET gebruik en die kommunikasie tussen lensen kamera kan nie dieselfde wees en kan nie dieselfde resultaat lewer nie. Vir my gaan dit nie oor "brand" snobisme nie - dit gaan oor veel meer. EK is so  gelukkig in my fotografie dat ek nog nie eers n derde party lens op my toerusting te gepas het nie, wat staan nog te gebruik.

Dalk oorvereenvoudig ek maar ek glo nogal aan die ou boere uitspraak:soort soek soort!

Baie dankie Frans vir die raad. Ek het nog nie gekoop nie juis omdat ek nie sekerheid het nie .

Dit maak die web so leersaam aangesien mense bereid is om hul ondervinding en moonlik duur lesse te deel.

Op min of meer dieselfde onderwerp onthou ek dat ek as jong seun saam met my pa na 'n demonstrasie gekyk het waar 'n sekere onderdeel in die motor se ontbrandingsisteem ingesit word en dan is die voertuig soveel ligter op brandstof. My pa het geglo en gekoop en dae later het 'n ou ervare werktuigkundige die toestel uitgehaal en gesê dat as die ding gewerk het sou die vervaardiger van die voertuig dit self ingesit het. Die les is maar om versigtig te koop. Nogmals dankie.

Ek wou gedurende Desember 'n ander kamera gekoop het om my seun te help om myne te koop maar uit die reaksie op my skrywe het ons besluit hy sal maar nuut koop wat ek het. Net eienaardig dat mens skielik gedurende Des vir 'n kamera tot R2500 meer moes betaal by dieselfde winkelgroepe. Dan kom versigtigheid weer in wakker wees.

Dankie vir almal. As ek nog gesigloos is , daar is redes daarvoor........ek weet nie hoe om die foto te publiseer nie. Met my geluk land my foto op bladsy 3 van 'n sekere koerant.

David van Zyl

Reply to Discussion

RSS

© 2014   Created by Igno van Niekerk.

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html