Fotoskolers ek sien die afgelope tyd dat daar baie mense is wat erg is oor Namibië, Liz wat ñ boorling is, Tersia wat dit daar geniet ens ens. In my vrye tyd skryf ek liedjies en hierdie een gaan oor Namibië se pragtige Namib Woestyn. Die lied gaan oor ñ persoon op ñ swerwerstog is en wat die interaksie wat plaasvind tussen die son en die woestyn se sand waarneem en ervaar. Igno ek vertrou dat dit geen skade aan Fotoskool sal teweegbring nie en daarom neem ek die vrymoedigheied om dit te deel.

WOESTYN VAN SON EN SAND:

WANNER DIE NUWE DAG SY STRALE LAAT VERRYS

VERVAAG DIE NAG SE SOMBER SWART

DAN ONTSTAAN ñ HART SE GEHEIME WENS 

EN VRA OM SAGGIES IN JOU BOESEM TE KOM Lê

SODAT ELKE KORREL SAND VAN HIERDIE DUINELAND

IN JUL LIEFDESDANS KAN ONTVOU.........WOESTYN VAN SON EN SAND.

KOOR:

JY SWAAI JOU LYF, JY MAAK BAKHAND....GROOT SKADU'S AAN DIE AGTERKANT

EN SOOS DIE SON EN WIND JOU DRAAI....WORD JOU LYF ñ KABBELENDE BAAI.

VAN DAMARA- TOT NAMALAND SKILDER JOU ROOI-GEEL SAND

OOR VLAKTES EN DUINE FLUISTER GRASSE IN DIE WIND....

EK DWAAL EN SOEK, MAAR SAL EK OOIT KAN VIND

JOU KALMTE EN OOK JOU BARRE RUS, HIER WAAR JY Lê LANGS DIE SKEDELKUS....

EN AANDSTONS SAL JOU STRALE WEER SAGGIES KWYN

EN HIERDIE MOOIE DAG IN DIE NIET VERDWYN

NOG STEED ñ WARM LYF, MAAR LATER WORD DIT KOUD

NET ñ SEE VOL SAND, MAAR SONDER SOUT.

WOESTYN VAN SON EN SAND.

EK BEHOU KOPIEREG OP DIE LIED ©. Willie Schoombee

Views: 67

Reply to This

Replies to This Discussion

Dit is sooo pragtig Willie.. het iemand dit al getoonset? Sal graag die lied wil hoor!  Hier is plek vir video's op hoofblad :-)

Wow!! Ek sing dit sommer met enige toonsette. Ek het ‘n plekkkie daar gekoop in ‘n Wild Estate. So ek kan nou meer gereeld soontoe reis. Willie jy is ‘n talent volley man!!

oops talentvolle! Dêm sel kan net Engels praat!!

Anita en Liz baie dankie vir jul positiewe reaksie, waardeer. Anita ek het dit self getoonset, maar ek kan nie bladmusiek skryf nie, kan dit wel lees en daarom is dit net kitaardrukke waarop ek speel, daar kom mos sommer ñ wysie in ñ mens se kop wat by die lirieke pas. Mooi dag julle twee!

Ja-nee......man van vele talente beslis. Jy moet die lied vir ons sing ook Willie!!!!!!!!!!!!!

Self daar groot geword en die water van daai plek bly in jou are - mooi een

Pragtige woorde willie ek het net n paar keer daar gekuier maar dit is n wonder wereld daar tussen die duine. In Saudi het ek binne stap afstand van die eerste duine af gewoon dit bly by jou!

Pieter Steyn said:

Self daar groot geword en die water van daai plek bly in jou are - mooi een

Jy is n man van vele talente Willie!  Dis pragtig en daai plek kruip onder n mens se vel in

love it!! 

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html