Kan iemand my dalk help met 'n makliker manier op my logo op my fotos te sit in photoshop. Op die stadium, copy ek hom en paste op elke foto.  Of is dit die enigste manier? Ek is maar nog dom met photoshop.

 

Dankie julle

Views: 133

Reply to This

Replies to This Discussion

Hi Nadia, jy kan 'n brush maak en dit net elke keer op jou foto sit, baie maklik. 

Volg hierdie stappe om een te maak:  http://www.sacamera.co.za/blog/2010/08/making-your-own-brushes-phot...

Nadia as jy jou brush maak doen dit in actions dan kan jy elke keer wat jy dit op 'n paar foto's wil plaas net automate en hy doen dit dan op alle foto's wat kies.  Kyk na video oor actions van Igno op fotoskool

Wonder of Nadia hierdie hulp gekry het...?

Ek sukkel nog. Ek het klaar die logo gedoen en gesave maar ek moet elke keer die foto oopmaak en dit copy and paste op die fotos. Ek is so frustreerd!

Nadia, het jy al probeer om dit as 'n action te doen?  Daar kan jy selfs sê jy gaan F2 gebruik om die aksie te laat plaasvind en elke keer as jy dit benodig druk jy F2 en dit word vir jou gedoen.  As jy die video oor actions van Igno gekyk het behoort jy al te weet wat om te doen

Elain dankie vir die link, ek kry die brush gemaak, maar kort nog baie oefening in PS, mens kan amper nie eens my naam sien nie. Maar die link bring my darem bietjie nader. Sal nou moet uitvind waar om die kleur en groote te stel.

Baie dankie julle ek het reg gekom.

@ Elizma, gaan na Brush Presets waar jou brush is, dan by Size kan jy die grootte verander, en die kleur kan jy regterkant bo by Swatches kies in Photoshop.  Hoop jy kom reg :-)

Sal maar weer probeer. PS is vir my moeilik.

Ek het 'n baie goeie Youtube tutorial gebruik om my te help om 'n "action" te skryf. Ek kry nou nie die link nie, maar daar is honderde ander wat jou stap vir stap sal wys. Google is jou maatjie!!

Reply to Discussion

RSS

© 2013   Created by Igno van Niekerk.

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html