Hi, ek is nuut hier, en iemand het dalk heel moontlik dieselfde vrae al gevra. 

Ek neem gewoonlik foto's met 'n flash... Op wat moet my verstellings wees as ek nie met 'n flash wil neem nie. Veronderstel ek wil binne 'n vertrek mense afneem, sonder 'n flash is alles baie donker. En hoekom as mens wel soms dan met 'n flash afneem, is dit meer 'n geblur of dit wil nie lekker fokus nie. 

Ek het 'n Canon 750D, en is nog glad nie opdatum met al die verstellings nie.

Dankie eers julle

Views: 51

Reply to This

Replies to This Discussion

Alta, jy vra 'n bekvol! (Grappie). Om jou vraag goed te beantwoord sal 'n handboek vereis want dit omvat al die beginsels van fotografie. Om die korrekte keuse van instellings te kies is dit noodsaaklik dat jy die beginsels agter die verskillende instellings en hoe hulle mekaar affekteer ten volle verstaan. Kyk op die hoofblad vir die boek wat daar adverteer word. Dit behoort heelwat gapings in jou kennis te vul. As jy binnenshuis neem en die lig is laag sal jy altyd een of ander ligbron benodig. As die lig laag is fokus kameras soms baie moeilik. Die feit dat die foto geblur is, is heelwaarskynlik te wyte aan die feit dat die kamera nie kan fokus nie. Laaste opmerking: die instellings wat vir 'n betrokke foto benodig word sal deur die omstandighede waarin die foto geneem word bepaal word en deur die doel wat jy met die foto het. Niemand kan jou vertel watter instellings jy moet gebruik nie. 'n Mens kan alleen benaderde waardes verskaf.

Alta, Josef slaan die spyker op die kop. Koop die boek waarvan hy praat, dis van GROOT waarde en propvol inligting. Hou aan oefen en speel en moenie twyfel of bang wees om hier, by FS, vrae te vrae nie. Dit is mos 'n skool en in 'n skool word daar geleer. (ons skryf net nie eksamen nie........dankie tog!!). Probeer ook om Igno se FS kurses te doen. Dis ook baie insiggewend

om fotos te neem sonder flash in vertrek is xtra  beligting nodig en n goeie voorstel van Hennie is belig van beide kante. Josef se advies  is die beste en ook Elna. Nog iets, in n vertrek en op outo sal die kamera die verstellings kies en die sluiter tyd sal lank wees , heel moontlik te lank om die kamera stil te hou en gevolglik beweeg die kamera , n blur foto volg.....

Reply to Discussion

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html