My huidige fotos net met gewone mik druk sonder zoom. Die skolers wys uitstekende  kuns en kwaliteit met hul fotos. Hoe ver kan mens gaan met toerusting? Ek het al in die wildtuin gesien dat mense lense van naby n half meter lank by die venster uitsteek. Ek glo dit maak dit dan maklik maar n mooi foto is vir my n oomblik van liefde wat vasgevang word. Dit praat met die kyker , vertel n storie en gee nboodskap. Dit is iets wonderliks wat tot ons beskikking is en wat al tegnies so gevorder het dat bykans enigiets moontlik is met n kamera

Ferdi

Views: 165

Reply to This

Replies to This Discussion

Dagsê Ferdinand - Op die vraag hoe ver kan mens gaan met toerusting sou ek reken dit hangaf wat jy kan beskostig. Hier word baie foto's met mik en druk geneem en opgelaai. Dit is wat jy met jou kamera doen en hoe jy dit doen wat seker 'n rol speel. Dit is so elke foto word met 'n doel opgelaai - die fotograaf het iets moois daarin gesien en wou dit weergee - hier word raad gegee hoe om die beeld te verbeter sodat die boodskap -foto- 'n soortgelyke beeld gee as wat die fotograaf gesien het. Ek weet ek druk myself nou nie behoorlik uit nie maar dit is my weergawe. Dit is nie te sê dat as jy noodwendig 'n groot kamera met groot kanon lense het jy beter foto's gaan neem nie - dit is die man agter die kamera wat moet weet wat hy doen anders gaan groot of klein nie rol speel nie.

Groetnis

Pieter

Ferdinand, ek meen Pieter se mening is in die kol en ek stem dus saam met hom.

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html