Hi daar, 

ek is nog maar baie nuut in die fotografie bedryf. ek het Oktober 2018 eers begin fotos neem met my kamera wat ek toe maar pas gekoop het. Ek het n Canon EOS 600D met n 18-55mm lens en n 75-300mm lens. Ek leer nog maar my kamera ken en ek waardeer al die kommentaar wat op my fotos gegee word, so leer ek geweldig baie. Ek is ook by ons fotografie klub in Vredenburg maar ons vergader net een keer per maand.  

Groete 

Henriette

Views: 68

Reply to This

Replies to This Discussion

Henriette,  ek het self van n mik en druk na n 600D gegaan paar jaar gelede.  As ek dinge kan oordoen, sou ek graag n kursus wou doen om kamera funksies te leer maar na ek dit n rukkie al gebruik het om darem te weet van die basiese funksies.  Ek  weet dat kursusse normaalweg net in die groter dorpe aangebied word.  Gelukkig kan internet ook help en natuurlik Josef en Hennie se e boek.  Verder sal ek sê oefen, oefen en nog oefen.  Plaas jou fotos hier en ons  skoolmaats is wonderlik met hulp en raad.  Geniet jou kamera.

Groete

Baie dankie ek waardeer dit opreg baie

soos Tersia se oefen , oefen en nog oefen en nog, moenie ophou nie , jy sal resultate sien!

ons beste vriende naas fotoskool is internet 

geniet dit!

Daar is twee plekke waar jy "aan lyn" sommer lekker kan leer.......die een is FS se eie kurses maar ek dink hulle klas is tans vol. Igno stuur gewoonlik 'n epos aan almal sodra daar plek oop gaan. Hou dit dop en skryf in.

Die ander een is "Shaw Academy" waar jy fotografie, LR en PS met 'n maand elk, 'n beginners kurses kan doen. As jy daarmee klaar is kan jy lewens lidmaatskap koop en dan kan jy die gevorderde kursesse doen. Hoop dit help Henriette

baie dankie ek waardeer almal se raad opreg baie. ek het nou vir n par dae nie fotos geplaas nie want ek het 6 dae aaneen 12 uur skofte gewerk maar hier is ek terug vanmore. mooi dag aan almal

Tersia Weitsz said:

Henriette,  ek het self van n mik en druk na n 600D gegaan paar jaar gelede.  As ek dinge kan oordoen, sou ek graag n kursus wou doen om kamera funksies te leer maar na ek dit n rukkie al gebruik het om darem te weet van die basiese funksies.  Ek  weet dat kursusse normaalweg net in die groter dorpe aangebied word.  Gelukkig kan internet ook help en natuurlik Josef en Hennie se e boek.  Verder sal ek sê oefen, oefen en nog oefen.  Plaas jou fotos hier en ons  skoolmaats is wonderlik met hulp en raad.  Geniet jou kamera.

Groete

Goeie raad van almal! Klubfotografie het vir my persoonlik baie beteken. Klubs verskil baie - ons is gelukkig om 'n paar baie ervare fotograwe in die klub te he - ek het baie by hulle geleer (en leer nog steeds). 

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html