Hallo Fotoskolers,

Ek oorweeg dit om 'n Nikon 24-120mm f4G ED VR-lens te koop om die Nikon 18-105mm "kit"-lens te vervang wat ek saam met my Nikon D90 gekry het. Ek het "reviews" op die internet gelees van mense wat meen die lens is meer geskik vir FX (full frame)-kameras as vir DX-formaat. Voordat ek duisende rande betaal vir 'n lens wat nie 100% op my kamera werk nie, wil ek hoor of enige Fotoskolers die lens gebruik en kan aanbeveel (of nie). Baie dankie en geniet jul fotografie.

Views: 232

Reply to This

Replies to This Discussion

Chris Het jy sedert hierdie navraag van jou al n besluit geneem om die lens te koop?
Frans, nee ek het geen reaksie gekry nie, maar intussen besluit om liewer nie die lens te koop nie. In al die "reviews" wat ek gelees het, word die lens aanbeveel vir FX-kameras, maar geen rede word gegee waarom dit nie vir DX geskik is nie. Ek het toe maar vir myself uitgemaak die 24mm is nie wyd genoeg op 'n 1,5 "crop"-kamera nie. Ek weet steeds nie waarmee om die 18-105 te vervang nie, want ek is nie meer gelukkig daarmee nie. Een van die ringe op die "body" het ook losgekom. Die lens werk nog, maar dit is dikwels baie lastig. Nou soek ek maar nog n antwoord.
Chris, my reaksie kom bietjie laat, maar ek hoop jy kry dit. Mens kan 'n FX lens op 'n DX kamera gebruik sonder verlies aan kwaliteit. Andersom gee dit 'n verlies aan kwaliteit. As jy 'n FX lens koop en oor 'n paar jaar koop jy dalk 'n FX kamera, kan jy die lens steeds gebruik. Ek het bv onlang vir my 'n FX kamera gekoop (D700) en is hoogs beindruk daarmee. Ek sê dit maar net om te wys hoe kan mens se wêreld heeltemal verander met so 'n besluit. Wees dus versigtig wanneer jy DX lense koop. Oor 'n paar jaar mag hulle in onbruik verval. Die 14-24 lens is uitstekende kwaliteit - daarom het hy 'n prys aan hom!
Hallo oom. as ek mag vra wat is die rede dat oom nie meer gelukkig is met die 18-105mm nie?

Chris Jooste said:
Frans, nee ek het geen reaksie gekry nie, maar intussen besluit om liewer nie die lens te koop nie. In al die "reviews" wat ek gelees het, word die lens aanbeveel vir FX-kameras, maar geen rede word gegee waarom dit nie vir DX geskik is nie. Ek het toe maar vir myself uitgemaak die 24mm is nie wyd genoeg op 'n 1,5 "crop"-kamera nie. Ek weet steeds nie waarmee om die 18-105 te vervang nie, want ek is nie meer gelukkig daarmee nie. Een van die ringe op die "body" het ook losgekom. Die lens werk nog, maar dit is dikwels baie lastig. Nou soek ek maar nog n antwoord.

Hallo Albert. Die belangrikste rede was dat ek gedink het die 18-105-lens is gebreek, maar twee klein kolletjies gom het die ding gedoen. Ek is nie regtig 'n kenner nie, maar daar is tog ander redes hoekom 'n mens eerder die 24-120 sal kies. Die 18-105 is 'n "kit"-lens, wat goed is vir alledaagse gebruik, maar doodeenvoudig nie dieselfde gehalte foto's kan lewer wanneer 'n mens werklik 'n skerp foto wil he nie. Ek weet nie wat Nikon sy top-lense noem nie, maar dit vergelyk met Canon se L-lense en na my mening hoe beter jou "glas", hoe beter is die gehalte van jou foto's. Buiten die gehalte van jou foto's kan jy die verskil in gehalte aan die gewig en die gat in jou sak voel. Die hoofrede hoekom ek dit nie gekoop het nie, is juis die prys en die feit dat 18mm tog n bietjie wyer is as 24mm. Op my kamera is dit die verskil tussen 27 en 36mm.

Hallo oom. ja ek stem 100% saam met oom. Ek is nou 16 is tuisskool en gaan fotografie my loopbaan maak as daar nou niks verkeert loop nie. Ek het ook 'n D90, maar met n 18-200mm ligma lens en ek is yntlik spyt oor daai lens wat ek gekoop het. Die mense het vir my gese dit is 'n wonderlike lens maar hy het ver nie die skerp foto's as van net 'n gewonde Nikon lens eers het nie. Ek beplan om vir my n Nikon 24-70mm 2.8 lens te koop is een van die top lense van Nikon met n baie skerp beeld. Nog n rede hoekom ek hom wil koop is vir die aand foto's waar dit lig baie swak is werk so 'n lens net baie beter! Groete  hoop ek praat darm sin. hehe

Albert, daardie lens waarvan jy praat, is een van die bestes, maar hy maak ook maar die gat in die sak. Ek het pas vir my 'n Nikon 105mm 2.8 makrolens gekoop - uitstekend - maar ook maar erg duur. Sterkte met die loopbaan. Ek is n joernalis en fotografie is deel van my werk, so die kombinasie werk vir my. Ek is doodseker Sigma en Tamron maak baie goeie lense, maar my persoonlike gevoel is ek spaar liewer 'n bietjie langer en koop die Nikon-produkte - al kos hulle dubbeld soveel.
Hallo oom. Dit baie waar wat oom sê 'n groot gat in mens se sak! Ek stel ook baie belang aan marco fotografie wil daai lens ook vir my koop maar eers op 'n baie later staduim, want dit is nie iets wat vir my sommer geld gaan inbring nie. Met al die fotografie toerusting wat ek vir my in die afgelope 7 maande gekoop het is ek so diep in die skuld by my pa. Nikon D90, 18-200mm Sigma- 150-500mm Sigma lens en BXRI 500w studio beligting hoop ek ek kan alles afbetaal dat ek volende jaar dietyd vir my die 24-70mm lens kan koop vir die WP jeugskou wat ek moet doen wat in Clanwilliam plaasvind. Ek het altyd eers met my ma se kamera "Nikon D60" foto's geneem en sy het bietjie kwaad vir my geraak, want sy kan omtent nooit foto's neem nie haha. Waar doen oom Joernalis werk? Ek het vir die Gazette koerantjie gewerk en het nogals vir my baie geld ingebring om my skuld te help afbetaal en gister toe latweet hulle vir my Media 24 gaan hulle toemaak.
Hallo Albert, ek het eers by Die Volksblad in Bloemfontein gewerk, toe by Landbouweekblad in Bloemfontein en nou is ek by OVK in Ladybrand. Die makro-lens is nie net vir makro-foto's nie. Ek het op die internet gelees van iemand wat dit gekoop het vir "portrait"-fotografie. Moet se my ervaring is dit werk uitstekend daarvoor ook. Kan jou dalk handig te pas kom saam met jou studio-toerusting. Dis 'n lekker vinnige 2.8 en besonder skerp.

Ok baie dankie oom. Sal dit in gedagte hou.

Nou ja, sedert ek laas oor hierdie lens gepraat het, het ek een gekoop. Dit was DUUR, maar 100% die geld werd. Dit werk natuurlik baie goed op my D90, hoewel ek 'n bietjie wydte ingeboet het en die voordeel is wanneer ek eendag 'n D800 kan bekostig, het ek 'n uitstaande lens vir die FX-kamera. Vir die meeste van my foto's gebruik ek in hierdie stadium net hierdie lens. 'n Mens kan die verskil sien in die foto's wat hiermee geneem is teenoor die met die 18-105. Jy kan ook aan die verskil in gewig agterkom dit is nie in dieselfde klas nie.

Chris

Ek wil aanbeveel dat jy ook na die 28-300 VR kyk, veral omdat hy n langer zoom en die lens is ook n bietjie goedkoper. Ek wonder wat jou oorweging is om n DX lens vir die D90 te wil koop? Hierdie (28-330) lens se ergonomika, optika en meganika is dieselfde as die 24-120 en hy is op die koop toe, n bietjie goedkoper. Hulle beweer dat Nikon dalk n fout gemaak en die twee lense by die vervaardigings proses, se pryse omgeruil het. Onthou ook dat beide die lense is op dieselfde dag deur Nikon op die mark geplaas! Maar wat wel ook waar is, is dat die lens veel beter as al die voorgangers is!

Dalk wil jy die ekstra geld wat die 24-120 teenoor die 28-300 kos, spaar en dit gebruik om vir jou n n gebruikte 85 mm F1.8 AF D aan te skaf.

Reply to Discussion

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html