Hallo julle, wie van julle is vertroud met die Nikon D3100 kamera; dit kom uit met 'n 18-55 mm VR lens asook 'n 55-200mm VR lens;  14.2 Mp.

Ek het daaroor op Nikon se webblad gelees maar sal graag wil hoor as een van julle eerstehandse kennis het.

Wat is julle mening oor die Sigma 18-250 lens?

Dankie baie.

Views: 126

Reply to This

Replies to This Discussion

Tina. Al wat my pla oor die Sigma lense is hulle het nie VR nie. Dus moet jy n driepoot gebruik ten alle tye. Maak eers seker.

Tina, die D3100 het oor die algemeen baie goeie resensies in verskeie tydskriifte gekry en was deurentyd beskou as die beste intree-kamera. Nou is hy natuurlik deur die D3200 verplaas, maar hy bly 'n intree kamera met besonder baie eienskappe en goeie beeldkwaliteit. Wat lense betref sou ek voorstel verkoop die twee wat jy het en koop 'n Nikon 18-200mmVR lens (met die 50% vergroting wat die kamera gee, het jy effektief 'n 28-300mm lens). Dis een lens en jy ruil minder om, wat die kans vir stof op die sensor kleiner maak. Verder is dit 'n uitstekende lens, beter as die twee wat jy nou het. Later kan jy vir jou 'n 105mm makro-lens koop.

Reply to Discussion

RSS

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html