Vanoggend het ek sommer net lus om bietjie te skryf, want dit is koud hier in Gauteng en dit lyk renerig, daardie soort weer wat ñ mens lus maak om sommer die kaggel aan te steek en ñ ou rooietjie te neem, dit maak my ook lus om te skryf.

Noise or grain; ñ mooi Afrikaanse term is GREIN, en ek dink daar word te min aandag aan die aspek gegee in algemene fotografie. Dit gaan hoofsaaklik oor daardie verstelling nl. ISO. Ek verlaat my weereen op my persoonlike keuse van Pofessionele fotograwe nl. Heinrich van den Berg.

Hy omskryf die onderwerp in sy boek Photo Tips...Principles of Nature Photography: Ek haal hom aan: ISO AND THE UNBEARABLE NOISE OF PIXELS: ISO refers to the sensitivity settings of the camera sensor. The term originated in the days of emulsion film,where the ISO was an indication of its sensitivity to light and the coarseness of the film grain ( ISO was also referred to as ASA ) The higher the ISO, the more sensitive the sensor is to light and the higher the shutter speed will be. But as with all things, there is a price. The higher the ISO, the more image noise the sensor creates.

SHOUTING SHADOWS: Noise in an image refers to the " visual noise " created and can either be luminescence noise (i.e. grainy texture ) or color noise ( i.e. pixels of various colors ).  Noise is most visible in the shadows of an image  when it is brightened during post processing.

Beginner tip: The only time you should increase your ISO is when your shutter speed is too slow to freeze your subject.Keep ISO as close to 100 ISO as possible, as noise can be distracting.

Pro tip: To prevent noise in shadow areas, make sure your exposure is correct - rather overexpose an image than underexpose it because as soon as you lighten an image during post processing, the shadows will start shouting.

Nou dit klink vreeslik, maar is heel eenvoudig: hou die ISO laag. Uit fokus agtergronde sowel as  mistige toestande mag moontlik soms soos grein voorkom, maar dit is nie noodwendig die geval nie, dit hang af van die betrokke lig omstandighede. 

So skolers moet nie skrik vir ñ bietjie grein nie, raak net bang as dit te veel raak!! Alle sagteware bevat deesdae ook ñ keuse wat jy kan uitoefen sou jy graag grein in jou foto's wil skep wat nie deur die ligtoestand of ñ te hoë ISO veroorsaak is nie. Daar is ook vandag digitale kameras waarvan die ISO tot 8000 of selfs hoër kan gaan, wil jy graag soontoe gaan?

Tot later Ou Grote !!! Groete Willie.

Views: 111

Reply to This

Replies to This Discussion

Jy slaan die spyker heeltemal met 'n kopseer. Ek het al pragtige fotos gesien waar grein aangewend is om iets anders aan 'n toneel te gee en dit werk. Ek self het al daarmee gespeel maar het agtergekom dat die skolers nie baie daarvan hou nie. Die Canon 7D se maksimum is 12800 en die 7D mk ii is 51200. Dalk moet ons vir Anita vra om dit 'n tema te maak en dan vir al die onderwysers te vra om ons daarmee te help

Altyd 'n interessante onderwerp, en nie altyd so eenvoudig nie (elektroniese ingenieurs sal liries raak oor die verskillende tipes digitale noise en wat dit veroorsaak!). Kameras is verskil in vermoe om noise te hanteer - volraam doen oor die alg beter, agv groter "photosites" en (meestal) laer pikseldigtheid. En nuwe generasie sensors doen heelwat beter as sensors van so onlangs as 5 jaar terug.

Lae ISO is 'n goeie beginsel, maar nie altyd moontlik nie (veral vinnige aksie-fotografie in lae lig, of in my geval, stap en klim waar 'n driepoot nie altyd moontlik of gewens is nie). Lae ISO is ook nie 'n altyd waarborg dat jou foto "noise-free" is nie. Selfs by lae ISO, gaan post-prosessering lig van skadus of "underexposed" areas jou verras met noise. Die mate waarin jy detail kan herwin van skadus of highlights (maw hoeveel stops dit sinvol gelig kan word in photoshop of wat ookal), is natuurlik direk verwant aan die kamera se sg. "dynamic range". 'n Kamera soos die Nikon D850 het 'n uitstekende DR by lae ISO, maar sak effe terug by hoe ISO een kompeterende modelle. (DR is ook nie 100% sinoniem met sg. lae-lig vermoens nie.).

Lang sluiterspoed kan ook noise veroorsaak, agv statiese elektrisiteit (my onlangse plasing van die melkweg is ongelukkig 'n voorbeeld - daar is wel maniere om dit reeds in-camera teen te werk)

Soms kan noise inderdaad 'n foto interessant maak - die gevoel is egter dat dit beter is om noise na die tyd in te voeg - dit lyk beter as die noise wat de novo deur die sensor gegenereer word. Ek het self doelbewus dit met 'n S&W foto gedoen, en dit het heel skaflik gevaar op klubvlak - esteties lyk dit beter as dit filmgrein naboots, eerder as opvallende digitale noise.

Ns - mens kan lekker speel met noise in sekere genres - in landskapsfotografie gaan 'n foto egter baie selde op die manier verbeter of "interessant" gemaak word.

Dankie vir die inset willie. ISO is n baie interesante onderwerp. Dit is n taamlike uitdaging om fotos te neem sonder om ISO te verstaan. Die studie van die “Image sensor” wat dan die beeld vasle gaan baie verder as die uitleg van jou aanhalings, maar is goed vir n begin.   Hoe goed onthou ek die ou 400 ASA films waarmee jy n foto in die skemer kon neem maar teen jou eie ondergang want daar was soveel grein dat mense in die beeld amper onherkenbaar was! Ek gebruik slegs twee reels rondom ISO.

(1)Ek gebruik meestal n Nikon Kamera en die Nikon se basis ISO is 200. As die lig goed is bly ek by 200 ISO (Canon se basis ISO is 100) Basis Iso is waar die maksimum beeld kwaliteit onder goeie omstadihede verkry word' My vuurwerk foto reeks is n voorbeeld van die kwaliteit wat met n lae ISO verkry kan word om grein in die donker uit te skakel.

(2) Onder seker omstandihede vir sekere fotos is grein heeltemal aanvaarbaar. Grein is nie altyd sleg nie.

ISO is een van die beginsel pilare in fotografie die ander twee natuurllik is Fstop en sluiterspoed.

Wat elke fotograaf wat wil vorder onder die knie moet kry is die verhouding tussen die ISO nommers en lig.  Elke nommer wat jy opgeskuif van  byvoorbeeld 200 tot 400   verdubbel die  lig "sensitivity"  van jou sensor. Maar dit is n lang storie wat elkeen wat belangstel self sal moet bestudeer

Dine soos altyd is jou siening in die kol. Ek bly egter uit die ou skool en glo dat die foto so na as moontlik korrek geneem moet word dankie vir almal wat so gereeld kritiek lewer. Hou fotografie eenvoouding sonder al die jargon     Gabriel

Baie dankie vir die aanraak van hierdie onderwerp, Willie. Ek loer ook so na die opmerkings - en ja, ek het ook al my vingers lekker verbrand met die greingeraas!

Goeie een Willie en die ander bydraes net so goed. Stof tot nadenke 

Dankie vir jou geskriffie Willie. Twee goedjies. Volgens jou bron (as ek julle reg verstaan) is die term ISO op 'n stadium verkies in plaas van ASA. Dit sou dan beteken dat die ASA waardes net so oorgeplaas is op die ISO term, wat ek glo waarskynlik nie waar is nie. Ek ken die storie as volg: Vroeër was daar verskillende benamings om die spoed van 'n film aan te dui. Ek het nog 'n ou ligmeter waar jy die filmspoed in ASA of DIN kon aandui. Dit het verwarring geskep en die International Standards Organisation het toe die nuwe term ISO (hul afkorting) geskep. Tweede dingetjie: Jy weet ek propageer nogal die gebruik van Afrikaanse terme waar moontlik. Die elektroniese ingenieurs gebruik die term 'ruis' as die Afrikaans vir 'noise'. Ek dink nogal dit is baie beskrywend.

Hallo Josef en dankie dat jy gereageer het met jou inset. Sover ek dit verstaan was ASA gebruik in die dae van film en nou met die klemverskuiwing na digitaal is die Internasionale term ISO en word daar nie meer van ASA melding gemaak nie. Weet nie hoeveel mense neem nog met film nie, indien wel, seker baie min. Die woord ruis klink vir my heel aanvaarbaar, hoewel ek dit nog nie in fotografiese artikels opgetel het nie. Die manne wat die woordeboeke skryf sal seker weet. Groetnis tot later!

Dankie vir jou respons Willie. Ek het self met ASA begin. KODAK het ASA gebruik om filmspoed mee aan te dui terwyl ander filmvervaardigers DIN gebruik het. Die punt wat ek wou maak is dat filmspoedwaarde van bv. 200 ASA nie dieselfde is as die sensorsensitiwiteit van ISO 200 nie. Dit is egter geskiedenis en my opmerking is slegs van akademiese waarde. Tweedens: Ruis: Dit is nie maklik om 'n woord as 'n aanvaarbare Afrikaanse woord erken te kry nie. Ek het, vir ander terme, by die WAT navraag gedoen en wat hulle doen is om na te slaan hoeveel keer die woord wat jy voorstel die afgelope paar jaar in die Afrikaanse koerante en tydskrifte gebruik is. Slegs as dit gereeld gebruik word sal hulle dit as 'n woord aanvaar om in die woordeboeke op te neem.  

Reply to Discussion

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html