Ek glo julle het al almal gewonder wat van Engela geword het.......wel, sy het weereens haar kamera en skootrekenaar aan 'n dief moes afstaan. Ek het nie die hele storie van die insident nie maar dit was iemand was jy redelik baie vertrou het wat die skade berokken het.

Ek het via Whatsapp vanoggend haar toestemming gekry om vir julle te vertel hoe dit met haar gaan. Sy is tans in De Wildt en sukkel om te herstel van 2 lelike spinnekopbyte, sy het nie gesê wat se spinnekop nie maar die foto wat sy gestuur het lyk nogal lelik.

Uncle bly nie meer by haar nie maar hy sukkel sonder haar en wyer nog steeds om na 'n ouetehuis te gaan. Hy bly nou so +/- 20 km van haar af. Sy het nie gesê by wie nie. Die laas te hofsaak waarvan sy ons vertel het, het sy gewen maar die beloofde geld is nog nie aan haar betaal nie. As ek reg onthou was die hofsaak iewers tusen Aug en Nov2016.

Riaan, vir jou is haar boodskap soos volg en ek haal haar aan:" ek sal spoedig vir jou my GPS besonderhede stuur. Die adres is moeilik om te verduidelik. Dis in die Magaliesberge nie ver van Magaret Roberts se kruieplaas af nie."

Sy stuur vir julle almal groete en sy mis ons, die inspirasies en krits wat vir haar uniek is.

Plaas maar julle boodskappe vir haar dan sal ek die weer met Whatsapp aan haar oordra

Views: 79

Reply to This

Replies to This Discussion

baie dankie dat jy laat weet het , ek het nou die dag gewonder hoe dit met haar gaan

Elna ek het al gewonder wat van Engela geword het, sy kom ook nie uit die moeilikheid uit nie. Sê gerus ons mis haar teenwoordigheid en haar mooi verwerkings en vertrou sy sal gou weer aktief wees.

snaaks ek't net in hierdie week aan haar gedink..se haar asb ons mis haar uniekheid!! En spoedige herdstel..

Baie dankie Elna,

stuur vir haar groete en ek hoop alles werk mooi uit vir haar.

Sy word baie gemis by fotoskool.

Se vir Engela ons mis haar eiesinnigeenunieke kommentare.... Sy word vreeslik baie gemis.... Sterkte aanhaar ek weet hoe dit is as jy jou goeters ontneem word. 

Dankie vir die laat weet en sterkte vir haar

baie sterkte en liefde ook van my kant af vir engela ... dankie elna!

Baie dankie Elna vir die inligting.  My groete ook aan haar asseblief met die hoop dat sy spoedig terug in ons klas sal wees, waar haar skoolbankie leeg is. Ek mis ook haar  daaglikse spreuke en besondere foto-verwerkings

Dankie Elna, ek en sy wapp ook met so bietjie nuus.

Ek hoop ook alles werk uit!

Reply to Discussion

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html